/Ai-/Ais in Mei weer oop
Die /Ai-/Ais-oord van Namibia Wildlife Resorts sal op 1 Mei vanjaar heropen na dit in Januarie gesluit is as gevolg van erge vloedskade. Die werksaamhede is effe vertraag omdat die oord reeds in April sou oopgemaak het. Mufaro Nesongano, Woordvoerder van die NWR…
Gesondheidsdag herdenk
Dit is Wêreldgesondheidsdag. Hierdie wêreldwye gesondheid-bewustheidsdag word elke jaar op 7 April gevier om die Wêreldgesondheidsorganisasie se stigting te herdenk en mense bewus te maak van gesondheidsprobleme wat van internasionale belang is. Verslaggewer Maxine Greeff vertel meer:
Waarskuwing aan misdadigers
Misdaad, veral gewapende roof neem toe regoor die land en dwelmhandel raak ook algemeen. Owerhede meen dat ekonomiese druk wel daarnatoe bydra maar, hulle waarsku dat dit ‘n doodloopstraat is. Die Woordvoerder van die Namibiese Polisie Adjunk Kommissaris Kauna Shikwambi.
Britse variant in Angola
Nuusagentskappe in Angola het bevestig dat daar ten minste 64 gevalle van die Britse variant van Covid-19 in die land geïdentifiseer is. Die Angolese Minister van Gesondhied Silvia Lutucuta het aan media bevestig dat die groot meerderheid van die pasiënte nie enige reis geskiedenis het nie en dat daar dringende ingryping in die verband nodig […]
Anker se kinders moet terug Fransfontein toe
Die Namibiese Ministerie van Onderwys sê hy beplan om personeel en leerders van die Edward Garoëb Primêre Skool by Anker na Fransfontein te skuif as gevolg van die hoeveelheid skuddings wat die gebied ervaar. Meeste van die leerders is drie jaar verskuif maar is aan die begin van die jaar herroep. Na Sondag se aardbewing […]
Klagte van moord teen moeder eers laat vaar
Kristofina Amutenya, die Namibiese vrou wat aangekla word van die moord van haar twee kinders in Etiopië verlede jaar, sowel as een klag van poging tot moord, is vrygelaat nadat die klagte teen haar voorlopig laat vaar is. Volgens haar regsverteenwoordiger Kadhila Amoomo was daar geen dokumentasie vir haar arrestasie nie en dus, kan ‘n […]
NamPower wil nie hoor nie – Rhb Burgemeester
Die Rehoboth Dorpsraad is ook gelys onder die uitstaande debiteure van NamPower. Die kragvoorsiener sal vanaf Maandag beurtkrag in fases instel as uitstaande skuld nie vereffen word nie. Betaling moes al teen 31 Maart gemaak gewees het. Die Burgermeester van Rehoboth Rudi van Wyk sê hulle het probeer om samesprekings met NamPower te voer maar […]
Owerhede waarsku misdadigers
Misdaad, veral gewapende roof neem toe regoor die land en dwelmhandel raak ook algemeen. Owerhede meen dat ekonomiese druk wel daarnatoe bydra maar, hulle waarsku dat dit ‘n doodloopstraat is. Die Woordvoerder van die Namibiese Polisie Adjunk Kommissaris Kauna Shikwambi…
Cyril woon ook Troika by
President Cyril Ramaphosa sal môre ‘n buitengewone dubbele Troika-beraad van staats- en regeringshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Maputo in Mosambiek bywoon. Botswana se President, Mokgweetsi Masisi, het die beraad belê waar maatreëls in verband met terrorisme in Mosambiek bespreek sal word. Dit volg na ‘n aanval deur soldate wat bande met die Islamitiese Staat […]
Angolese migrante lei honger
Owerhede in Ohangwena het daagliks 200 Angolese burgers teruggeneem na hulle land toe. Die aankondiging is deur die streek se Goewerneur Walde Ndevashiya gemaak op besoek na ‘n groep van die migrante wat hulle tans in die noorde van die land bevind. Toestande in Angola is volgens berigte haglik en die mense het nie kos […]