MTC staan Tsumkwe skool by
MTC het begin met die konstruksie van 6 nuwe klaskamers en 2 stoorkamers vir die Omatako Laerskool in die Tsumkwe Kiesafdeling. Dit vorm deel van die maatskappy se Landelike Skole Projek waar geteikende skole in landelike gebiede klaskamers en infrastruktuur ontvang. Volgens die maatskappy se Bestuurder vir Korporatiewe Aangeleenthede John Ekongo, is meer as 1,2 miljoen Namibiese doller reeds aan […]
NHE in sop sê bestuur
Die Namibiese Behuisingsonderneming se bestuur sê sou stelsels nie dringend aangepas word nie, sal die onderneming groot uitdagings beleef en kan moontlik geen toekoms hê nie. Die staatsbeheerde maatskappy is verantwoordelik vir die verskaffing van bekostigbare behuising maar bestuur by die NHE soos hy bekendstaan, sê oudits word nie uitgevoer nie, daar is geen toegang […]
Daar word verwag dat gevalle sal toeneem…
Dit was ‘n baie besige Paasnaweek en owerhede het kommer oor ‘n toename in Covid-gevalle oor ongeveer 2 weke. Dit was die geval net na die plaaslike owerheid verkiesings in November verlede jaar en weer na die Desember vakansie. Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het dit so verwoord.
Meatco het nog nie Botswana bees ontvang nie
Die Namibiese Vleisraad sê meer as 1 300 bees uit Botswana het reeds in die land aangekom by plaaslike abattoirs. Die Ministerie van Landbou het die skema bekend gestel om tekorte aan slagdiere aan te vul en te verseker dat daar voldoen kan word aan uitvoer kwotas. Ros Hamukuaja Thobias, Woordvoerder van Meatco het aan […]
2017 Swapo kongres was ‘n skande – Nahas
Reaksie word ontvang op berigte dat die Namibiese Minister van Justisie Sacky Shanghala 4,5 miljoen doller van die sogenaamde Fishrot-fondse gebruik het om Swapo lede tydens die 2017 kongres om te koop om te verseker dat President Hage Geingob in sy amp bly. Daardie kongres het die nuus gehaal omdat die twee Swapo faksies, Span […]
Passasier-syfers is belowend
Die Namibiese Lughawens Maatskappy sê die syfers van reisigers is belowend en dat die Paasnaweek ook goed vertoon het. Volgens die maatskappy se Woordvoerder Dan Kamati, is hulle positief oor ‘n toenemende hoeveelheid passasiers.
DA kla by Menseregtekommissie oor inentings
Die DA het die Menseregtekommissie in die buurland genader oor die stadige pas waarmee Covid-entstof ontplooi word. Die party vra ‘n dringende ondersoek in verband met die vertragings met die inenting van gesondheidswerkers. Tot op hede het net meer as 269-duisend gesondheidswerkers die inspuiting ontvang, wat volgens die DA slegs ‘n klein gedeelte van die […]
Rehoboth-leerders in die meederheid
Die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe het die jongste Covid-syfers bekend gemaak. Daar is 122 nuwe gevalle uit 1 406 toetse wat beteken 9 persent is positief. Daar is 93 gevalle in Hardap aangemeld met 12 in Zambezi en 6 in Khomas. Kavango Oos, Omusati en Oshana het 3 elk […]
Hoë getalle geslagsgeweld die naweek
Owerhede verbonde aan die geslagsgeweld eenheid in die hoofstad het oor die langnaweek hulle hande vol gehad. Daar was volgens van die vrywilligers sowel as maatskaplike werkers talle gevalle van huishoudelike geweld, konflik en kwessies verbonde aan die verwaarlosing van kinders. Verskeie pogings om selfmoord te pleeg is ook aangemeld. Die groep kan ingevolge maatreëls […]
ANC sal nie doodstraf ondersteun nie
Die Tesourier-Generaal van die ANC, Paul Mashatile, sê die doodstraf was ‘n wrede stelsel wat vele gesinne verpletter het. Mashatile het gepraat tydens die kranslegging op die 42ste herdenking van die strydikoon Solomon Mahlangu se teregstelling deur die apartheidsregering. Mashatile sê mense wat gevra het dat die doodstraf heringestel word, het nie die trauma ervaar […]