Starmer sê oor Arbeiders se doelwitte in Baku
Die Britse premier, sir Keir Starmer is in Baku, Azerbeidjan vir COP29. Daar heers kommer oor die beraad se sukses, veral om nie president Joe Biden nog Xi Jinping, die leiers van die twee grootste besoedelaars ter wêreld, afvaardigings gestuur het. Starmer het met die media gepraat oor sy doelwitte. Kosmos 94.1 Nuus poog sedert […]
Feyi-Waboso loop Bok-kragmeting mis
Die Engelse vleuel Immanuel Feyi-Waboso gaan Saterdag se kragmeting met Suid-Afrika op Twickenham misloop weens ‘n kopbesering. Hy het die besering opgedoen in Engeland se nederlaag van 42-37 teen Australië. Tom Curry kan ook nie speel nie en Ted Hill is opgeroep om in sy afwesigheid in die lostrio te speel, terwyl Tom Roebuck ingesluit […]
Reaksie op ‘uitbuiting’ van San-gemeenskappe
Plaaslike media berig vanoggend oor die uitdagings van die San-gemeenskap, veral die begunstigdes van maatskaplike toelae. Daar word berig dat besigheidseienaars die kaarte van die begunstigdes afvat as hulle skuld het, hetsy drank of kos, en dan self die toelae gaan haal om die skuld te delg. NEFF-lid Michael Amushelelo sê toegang tot grond en […]
Nuwe toerusting sal druk op Kaapse hawe verminder
Transnet sê hy werk daaraan om Kaapstad-hawe se in- en uitvoere tydens die vrugteseisoen te verbeter. Die hawe sukkel met lang toue vragmotors en vaartuie wat weke lank moet wag om hul vrag af te laai. Die hawe hanteer elke seisoen van Desember tot April 80-persent van die sagtevrugte-uitvoere, asook meer as die helfte van […]
Nes in Kanada is inboorlinge ook in Nieu-Seeland mishandel
Nieu-Seeland se eerste minister, Christopher Luxon, het ʼn verskoning aangebied aan duisende slagoffers wat fisiese, seksuele, verbale of sielkundige mishandeling beleef het in staat- en geloofsgebaseerde sorg. Dit volg nadat ʼn verslag bevind het 200 000 kinders en kwesbare volwassenes is tussen 1950 en 2019 mishandel terwyl hulle in staat- en geloofsgebaseerde sorg was. Dit […]
Coote geskors na aanmerkings oor Liverpool
Die Engelse Premierligaskeidsregter David Coote is onmiddellik geskors. Dit volg op ‘n video wat blykbaar wys hoe hy neerhalende opmerkings maak oor Liverpool en hulle voormalige bestuurder Jurgen Klopp. Die video verwys blykbaar na ‘n wedstryd wat Coote in Julie 2020 beheer het tussen Liverpool en Burnley, wat een-elk gelykop geëindig het. Klopp het Coote […]
UDF onbeïndruk met Garoëb se NNN-ondersteuning
Reaksie word ontvang op die koning van die Damara-gemeenskap, Justus Garoëb, ’n veteraanpolitikus en stigter van die United Democratic Front, wat geskaar het by vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah, die regerende Swapo-party se presidentskandidaat. Hy sê dat hy ‘n vroulike staatshoof in sy leeftyd wil sien, en dat dit tyd geword het dat dit gebeur. Reaksie is […]
Gauteng verloor 35% van sy gelewerde water
Die onderbreking van watervoorsiening in Gauteng is die gevolg van stygende vraag en mislukkings van verouderende infrastruktuur. Die Departement van Water en Sanitasie het saam met die provinsiale regering en Rand Water besonderhede verstrek oor uitdagings met watervoorsiening in die provinsie. Die verslag van die departement toon Johannesburg verloor 35-persent van sy gelewerde water weens […]
Kremlin ontken Putin en Trump het gesels
Die Kremlin ontken berigte dat Amerika se gekose president Donald Trump verlede week per telefoon met president Vladimir Putin gepraat en hom gewaarsku het om nie die oorlog in Oekraïne te vererger nie. Volgens die Washington Post het Trump tydens die oproep vir Putin herinner aan Washington se groot militêre teenwoordigheid in Europa. Die koerant […]
Jamie Oliver onttrek sy boek in Australië
Die bekende sjef, Jamie Oliver, het sy nuwe kinderboek van die rakke onttrek na besware dat dit inheemse Australiërs stereotipeer. Die fantasieroman, Billy and the Epic Escape, handel oor ʼn Australiese inboorling-meisie met geheime kragte wat in pleegsorg is, wat uit haar huis in sentraal-Australië ontvoer word. Volgens die uitgewer, Penguin Random House UK, het […]