Beslag gelê op 31 000t erotiese heuning
Franse doeanebeamptes sê daar is verlede jaar beslag gelê op ‘n rekord 31 000 ton onwettig ingevoerde heuning wat as ‘n natuurlike seksuele aanvulling beskou word. Die pakkies heuning of jellie word dikwels in die geheim verkoop in nagklubs en ander gewilde naglewe-plekke. Die gebruik van die “eroties-stimulerende heuning” het toegeneem in die afgelope jaar. […]
Woermann Brock brand op Gobabis
Die Woermann Brock-winkel op Gobabis brand op die oomblik. Volgens berigte het die brand omstreeks half-ses begin en daar was vertragings vir die brandweer om op die toneel te kom. Die vuur is volgens getuies op die toneel baie groot en die struktuur is besig om te verswak. Die dorp se brandweerdiens se bestryders is tans […]
Weermag se kortlys-kandidate vandag bekend
Die Namibiese weermag het in vandag se New Era ‘n lys van die kandidate wat goedgekeur is vir voortoegang- en fiskheidstoetse publiseer. ‘n Totaal van 3 210 kandidate in al 14 streke, sowel as 360 kandidate vir nasionale jeugdiens, moet teen 5 Februarie by die weermag se streekskantore aanmeld. Geskrewe Engelse toetse, algemene kennis en […]
DA sê Ntshaveni moet bedank
Die DA eis die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, moet onmiddellik verwyder word na onthullings oor ʼn ondersoek deur die Valke na tenderkorrupsie van 2,5-miljoen Suid-Afrikaanse rand tydens haar ampstermyn by Ba-Phalaborwa-munisipaliteit. DA-woordvoerder, Dianne Kohler Barnard, hou vol sy kan weens hierdie ernstige bewerings nie in die kabinet aanbly nie en versoek president Cyril […]
Nuwe goue era begin in VSA – Trump
Die Amerikaanse president Donald Trump sê die goue era van Amerika het begin. Hy sê hy keer terug na die presidentskap vol vertroue en optimisties dat die land aan die begin van ‘n opwindende nuwe era van nasionale sukses is. Trump is Maandag in Washington as die 47ste Amerikaanse president ingesweer. Hy het in sy […]
Amerikaanse dollar sal versterk
Daar is verwagtinge vir minder rentekoersverlagings in Amerika in 2025 as wat aanvanklik voorspel is, aangesien verbruikersinflasie in Desember vir ‘n derde agtereenvolgende maand gestyg het terwyl energiepryse ook styg. ‘n Hoër rentekoers daar beteken ‘n sterker Amerikaanse dollar, wat die wisselkoers na die Suid-Afrikaanse rand en dus die Namibiese dollar sal beïnvloed. Kosmos 94.1 […]
Vloei by Ruacana vertoon goed
Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die Kunene-rivier vloei tans teen 465 kubieke meter per sekonde by Ruacana wat uiters goed vertoon teenoor verlede jaar se 262 wat aangeteken is. Dit behoort effe verligting te bied vir NamPower se kragopwekking. Die Zambezi-rivier by Katima Mulilo vertoon swak op 0,58 meter teenoor 2024 se 1,38. Die Okavango-rivier […]
Huwelikswet tragies vir Mbumba se nalatenskap – Hopwood
Die Huwelikswet van 2024, of die sogenaamde Jerry-wet, is in Staatskoerant gepubliseer en verbied die erkenning van selfdegeslag huwelike, insluitend dié wat wettiglik in ander lande uitgevoer is. Dit definieer ook die huwelik as ‘n verbintenis slegs tussen ‘n man en ‘n vrou. Dit plaas die wetgewer in jukstaposisie met die regbank. Kosmos 94.1 Nuus […]
Namdia: Oud-polisiehoof sê daar was binnekennis
Na die gewapende roof by Namdia, het die voormalige polisiehoof Sebastian Ndeitunga gesê kriminele word toenemend gesofistikeerd. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik dat misdadigers dikwels hul aktiwiteite met groot presisie en strategies beplan deur binnekennis te bekom om hul aanvalle uit te voer. Ndeitunga se kommentaar kom te midde van berigte dat Namdia […]
Biden dwarsboom Trump-beloftes, Trump onttrek uit Parys, WGO
Die uittredende Amerikaanse president, Joe Biden, het vooraf-kwytskelding aan die voormalige Covid-19-raadgewer Anthony Fauci en oudgeneraal Mark Milley gegee om hulle te beskerm teen polities-gemotiveerde vervolgings tydens die Trump-administrasie. Hy het ook voorkomende kwytskelding uitgereik aan sy broers, James en Francis, sy suster Valerie, en hul gades. Hy het nie kwytskelding aan Julian Assange gegee […]