LPM se saak teen Speaker op 21 Julie aangehoor
Die appèlsaak van die Landless People’s Movement wat deur die Windhoekse hoërhof toegestaan is, word op 21 Julie aangehoor. Dit volg ná die party se leiers, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb, ‘n beslissing in die hoërhof betwis wat in die guns van die Speaker van die Nasionale Vergadering, Peter Katjavivi, beslis is nadat hy hulle […]
Armer lande kan nou ook leer oor entstowwe
Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê tegnologie-oordragsentrums is opleidingsfasiliteite waar vervaardigers uit lae- en lae-middel-inkomste lande opleiding kan kry hoe om sekere entstowwe te vervaardig en die toepaslike lisensies daarvoor bekom. Hy het gepraat by die aankondiging van die eerste boodskapper-RNA-tegnologie-oordragsentrum vir Covid-19-entstowwe wat in Suid-Afrika gesetel sal wees.
Geingob-inenting – natuurlik moet ons weet!
Plaaslike media berig dat die Presidensie se woordvoerder Alfredo Hengari van mening is dat die inentingstatus van President Hage Geingob onbelangrik is. Hy het gereageer op navrae nadat daar aangekondig is dat die Geingob-egpaar op 29 Junie ingeënt sal word. Die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het einde Mei gesê dat nie een van die beskikbare […]
Nog 3 by Rooies se saak bygevoeg
Die Namibiese regbank het bevestig dat drie verdere beskuldigdes by die saak teen die voormalige Gobabis landdros Walter Rooies Mostert, gevoeg is. Daar is 29 klagte, wat ook teen Mostert gelê is, teen Joyline Kambutuku, Eveline Meroro en Salomo Joram gelê. Die Staat beweer dat Mostert in 2012 ‘n Suid-Afrikaanse familie onwettige burgerskap laat bekom […]
Pandemie: dis nie net die getalle wat belangrik is nie
Onder die moeilike omstandighede waarin die wêreld hom bevind met die Covid-pandemie, blyk dit dat dit ook baie verwarring veroorsaak. Wanneer gesondheidsamptenare opdaterings oor Covid-statistieke gee, blyk dit dat daar terme is wat gebruik word wat redelik verwarrend is. Een so ‘n term is, die Covid-positiewe verhouding. Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, verduidelik.
Stop entstof nasionalisme – Ramaphosa
President Cyril Ramaphosa het weereens ‘n beroep gedoen dat ‘n einde gemaak word aan entstof-nasionalisme. Hy was die hoofspreker by die totstandkoming van die eerste boodskapper-RNA-tegnologie oordragsentrum vir Covid-19-entstowwe, wat in Suid-Afrika opgerig gaan word. Dit word in vennootskap met die Wêreld-gesondheidsorganisasie en Frankryk gedoen. Ramaphosa sê dit is nie billik en reg dat die […]
Kaunda word op 7 Julie begrawe
Zambië se oudpresident Kenneth Kaunda sal op 7 Julie ter ruste gelê word. Die 97-jarige Kaunda is verlede week in die hoofstad Lusaka in ‘n hospitaal dood. Hy het die land regeer sedert die onafhanklikheid van Engeland in 1964 tot sy aftrede in 1991. Die Zambiese regering het aangekondig dat ‘n staatsgedenkdiens op 2 Julie […]
Covid: so lyk gevalle vandag
Die Namibiese gesondheidsministerie het 1 084 nuwe Covid-gevalle uit 2 597 toetse bevestig, dit wil sê, 42 persent van alle toetse wat uitgevoer was is positief. Otjozondjupa het die meeste gevalle met 265. Daar is 114 in Okahandja. Hardap is tweede met 261 waarvan 168 in Rehoboth is. Windhoek het 216. In Erongo is daar […]
Wat is die presiese stand van sake met suurstof?
Die leier van die PDM-party McHenry Venaani het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die stand van sake in verband met suurstofverskaffing is kommerwekkend. Hy het vroeër bevestig dat hy antwoorde van President Hage Geingob en die eerste minister dr. Saara Kuugongelwa Amadhila eis. Hy sê daar is geen inligting oor presies wat die tekorte […]
Aansoek vir nuwe permitte moet aanlyn gedoen word
Verskaffers van noodsaaklike dienste moet weer aansoek doen vir permitte om te reis uit ingeperkte gebiede of binne die aandklokreël-ure. Die Namibiese ministerie van Industrialisasie en Handel het ‘n beroep gedoen op die verskaffers om permitte aanlyn te hernu. Elijah Mukubonda, skakebeampte by die ministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.