Rukoro eers in 2022 begrawe
‘n Oorgangskomitee is deur die Ovaherero tradisionele owerheid aangestel om sake te hanteer na die afsterwe van die opperhoof, advokaat Vekuii Rukoro wat verlede week oorlede is aan Covid-19. Professor Mutjinde Katjiua, die owerheid se sekretaris-generaal het aan media bevestig dat Rukoro eers volgende jaar begrawe sal word maar konsultasies met al die hoofde moet […]
Staatsamptenare wil meer weet oor SAL-ooreenkoms
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Staatdiensamptenare soek dringend duidelikheid oor die beweerde betrokkenheid van die Openbare Beleggingskorporasie by die befondsing van die omstrede verkryging van ‘n 51 persent belang in die Suid-Afrikaanse Lugdiens deur die Takatso-konsortium. Dié beroep deur die VSA volg ondanks die ontkenning deur die OBK dat hy by die finansiering van die ooreenkoms […]
Verkeer by grense loop vlot
Die oponthoud by die grense is opgelos. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof uitvoerende beampte van FP du Toit Vervoer Stefan Terblanche gepraat nadat die PDM-leier McHenry Venaani gesê het hy was in gesprek het President Hage Geingob oor die uitdagings. Venaani het gesê vragmotors, ook die met suurstof, is derugelaat. Terblanche sê die […]
Staatsamptenare wil meer weet oor SAL-ooreenkoms
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Staatdiensamptenare soek dringend duidelikheid oor die beweerde betrokkenheid van die Openbare Beleggingskorporasie by die befondsing van die omstrede verkryging van ‘n 51 persent belang in die Suid-Afrikaanse Lugdiens deur die Takatso-konsortium. Dié beroep deur die VSA volg ondanks die ontkenning deur die OBK dat hy by die finansiering van die ooreenkoms […]
Junior Bokke is gereed vir Argentinië môre
Die kaptein van die Junior-Springbokke, George Cronje, sê die ondervinding wat in die wedstryd teen Uruguay in die Onder-20 Internasionale reeks opgedoen is, sal sy span help in hulle benadering vir die wedstryd teen Argentinië. Cronje speel in die agtsteman-posisie en die onderkaptein, Jordan Hendrikse is die losskakel wanneer hulle môre in die tweede ronde […]
Leerlinglisensies – nuwe aansoeke tot 30 Julie opgeskort
Die Namibiese Paaie-owerheid het te kenne gegee dat alle nuwe aansoeke vir leerder bestuurderslisensies nou tot 30 Julie opgeskort is. Die owerheid het eers die aansoeke tot 30 Junie opgeskort maar, sê dit is verleng tot 30 Julie met onmiddellike effek. Hileni Fillemon, die owerheid se bestuurder van korporatiewe kommunikasie sê in ‘n verklaring dat […]
Moenie ons lede dwing om in te ent nie – Solidariteit
Solidariteit in Suid-Afrika sê dit is eenvoudig onwettig vir ‘n werkgewer om eensydig ‘n werknemer te dwing om teen Covid-19 ingeënt te word en daar kan selfs aangevoer word dit maak inbreuk op elke indiwidu se reg tot liggaamlike integriteit. Die vakbond is van mening daar is sekerheid in die opdrag deur die Departement van […]
Shanghala, Esau: VSA het bewys van korrupsie
Owerhede in die VSA het onlangs die twee voormalige ministers, Sacky Shanghala en Bernhardt Esau as persona non grata verklaar. Die twee, deel van die Fishrot-beskuldigdes is die enigstes in die groep wat deur die VSA geteiken is. Luidens die jongste berigte, het die Amerikaanse buitelandse minister Antony Blinken genoegsame bewyse dat Shanghala en Esau […]
Vatikaan moet seskuele uitbuiting van kinders stop
Die Verenigde Nasies se menseregte-kenners het ‘n beroep op die Vatikaan gedoen om stappe te doen ten einde die seksuele uitbuiting van kinders in Rooms-Katolieke instellings te voorkom. Die kenners sê hulle is ook bekommerd oor maatreëls wat die kerk ingestel het om vermeende oortreders te beskerm, hulle misdade te verdoesel, die aanspreeklikheid van oortreders […]
Recon skenk N$15m vir Covid
Die kantoor van die Namibiese eerste minister het 15 miljoen Namibiese dollar van Kanadese oliereus, ReconAfrica, ontvang. ReconAfrica se woordvoerder, Ndapewoshali Shapwanale, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die maatskappy besef dat dit nie net gaan oor hulp vir entstowwe nie, maar dat die program bewusmaking insluit.