
Stygende instekoste in landbou wek kommer - November 19, 2021
Daar is groot kommer oor die stygende insetkoste vir landbouprodusente. Volgens die Namibiese Landbou-unie staan inflasie vir die bedryf op 8,8 persent en kapitale uitgawes en brandstof was die grootste bydraers tot die verhoging van inflasie in die tweede en derde kwartale van jaar. Kapitale uitgawes het met 21,9 persent gestyg en brandstof het met […]
Sentrale Namib se reptiele verdwyn, stropers word blameer - November 19, 2021
Reptiele verdwyn teen ‘n kommerwekkende tempo in die sentrale Namibwoestyn, volgens bewaringkundiges wat dit voor die deur van stropers lê. Toeroperateurs wat in die duine in die Dorob Nasionale Park tussen Swakopmund en Walvisbaai werk, sê hulle sien omtrent nooit meer verkleurmannetjies nie, en slange en akkedisse is ook skaars. Francois Theart, ‘n slang- en […]
Verhoging in repokoers sal SA-maatskappye onder meer druk plaas - November 19, 2021
Eerste Nasionale Bank in Suid-Afrika glo die verhoging in die terugkoopkoers sal Suid-Afrikaanse ondernemings onder nog druk plaas. Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee het gister bekend gemaak die koers gaan van vandag af met 25 basispunte tot 3,75 persent verhoog word. ENB sê die sakesektor gaan die swaarste getref word. Die bank se woordvoerder, Andiswa […]
Numsa betoog, weer - November 19, 2021
Die buurland metaalwerkersvakbond Numsa gaan vandag in Pretoria betoog teen Omnigo, ‘n groot sagteware maatskappy en ‘n filiaal van Reutech. Vakbondwoordvoerder Phakamile Hlubi-Majola sê die optog hou verband met verskeie voorvalle van beweerde rassisme by die maatskappy. Sy voeg by die Omnigo-bestuur het ook werkers geviktimiseer omdat hulle verlede maand aan die nasionale staking deur […]
Dis moreel verkeerd om verhogings te eis – Shiimi - November 19, 2021
Die Namibiese minister van finansies Ipumbu Shiimi sê vakbonde moet ophou om salarisverhogings te eis, veral omdat die ekonomie op die oomblik baie swak presteer. Hy het aan plaaslike media gesê dat openbare fondse op die oomblik op die swakste vlak sedert onafhanklikheid is. Meer as 14 500 mense het hulle werk as gevolg van […]
Wêreldtoiletdag: Nam het groot uitdagings met sanitasie - November 19, 2021
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê ‘n lewe sonder ‘n toilet is vuil, gevaarlik, en onwaardig. Vandag is Wêreldtoiletdag, met die tema Valuing Toilets. Die dag beklemtoon die belangrikheid van sanitasie en higiëne in die verbetering van openbare gesondheid, geslagsgelykheid, ekonomiese ontwikkeling, en omgewingsbewaring. Namibië het van die laagste vlakke van toegang […]
Biden oorweeg diplomatieke boikot van Spele in China - November 19, 2021
President Joe Biden sê Amerika oorweeg ‘n diplomatieke boikot van die Olimpiese Spele in Beijing volgende jaar. Dit is uit protes teen China se menseregterekord, insluitend dit wat Washington bestempel as ‘n volksmoord teen minderheids-Moslems. Volgens internasionale media sal ’n diplomatieke boikot beteken geen Amerikaanse amptenare word gestuur om die Spele by te woon nie. […]
Seibeb looi Katjavivi - November 19, 2021
Die LPM-party sê hy het twee keer skriftelik navraag by die Speaker van die Nasionale Vergadering professor Peter Katjavivi gedoen om die notules van die staande komitee op voordele se ondersoek na sy twee leiers, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb te bekom. Die ondersoek is gelas na die chaos tydens President Hage Geingob se staatsrede […]
Gelyke toegang tot entstof noodsaaklik - November 19, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het opnuut die behoefte beklemtoon om toe te sien dat almal gelyke toegang tot Covid-19-entstof het, om ‘n einde te bring aan die pandemie. Die organisasie het ‘n teiken gestel vir alle lande om teen einde September vanjaar tien persent van hul bevolking in te ent. Altesaam 56 lande kon nie die teiken […]
Onteiening: AgriSA sê hy hou proses fyn dop - November 19, 2021
Grondonteiening in Suid-Afrika is weer in nuus. AgriSA sê hy is ernstig bekommerd oor sommige van die wysigings aan die Wetsontwerp op Grondonteiening. Die Parlement se portefeuljekomitee oor openbare werke het vandeesweek oorweging geskenk aan die meer as 130 000 voorleggings wat ontvang is met voorstelle vir wysigings aan die wetsontwerp. Die komitee sê 99 […]