SA-sitrusboere gesels met EU - November 19, 2021

Suid-Afrikaanse sitrusprodusente bespreek tans ‘n stel hersienings aan hul huidige fito-sanitêre stelsels met die Europese Kommissie se staande komitee oor plantegesondheid. Dit volg ná ‘n jaar van hoë swartvlek- en valskodlingmot-besmetting in Europa. Die Sitruskwekersvereniging se woordvoerder, Deon Joubert, sê die hersienings volg ná vergaderings tussen die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling en […]

Read More

Drie olifante op ‘n uitstappie in Limpopo sal terugkeer - November 19, 2021

Drie olifante wat uit die Krugerwildtuin in Limpopo ontsnap het, is terug in die Makuya-wildreservaat. ‘n Woordvoerder van die Departement Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewingsake en Toerisme, Zaid Kalla, sê hulle sal uiteindelik na die Krugerwildtuin terugkeer. Hy sê bewaarders monitor die diere se gedrag. Kalla sê olifante verlaat om verskeie redes hul gebied:

Read More

‘Mense is nie hoenders nie, gee hulle ‘n kans om iets te skep’ - November 19, 2021

Reaksie word ontvang op kommentaar deur Jacques Broodryk van AfriForum in Suid-Afrika oor die amper 30 miljoen mense in die buurland wat maatskaplike toelae ontvang teenoor 5 miljoen belastingbetalers. Daar is sommige wat meen dat toenemende toelaes, wat ook in Namibië voorkom, deel uit maak van die Afrika-realiteit as gevolg van armoede, maar, die Afrika-kenner […]

Read More

Rust-skietery: Baldwin was onverskillig - November 19, 2021

Alec Baldwin, die assistent vervaardiger van die rolprent Rust, en die wapenbeheerman word deur die toesighouer van die rolprent se draaiboek Mamie Mitchel gedagvaar vir aanranding en trauma. Volgens haar stukke voor die hof het die draaiboek nie aangedui dat Baldwin die wapen moet afvuur nie. Dit volg nadat die kinematograaf Halyna Hutchins op 21 […]

Read More

Tim Paine bedank oor seksboodskappe - November 19, 2021

Tim Paine het aan die vooraand van die Reeks om die As as die toetskaptein van die Australiese span bedank. Paine se besluit kom te midde van ‘n skandaal weg van die veld af, nadat hy glo in 2017 eksplisiete boodskappe aan ‘n vroulike medewerker by Cricket Tasmania gestuur het. ‘n Ondersoek deur Krieket Australië […]

Read More

LPM se volksmoordkonsultasies ‘n reuse-sukses - November 19, 2021

Die leier van die Landless People’s Movement Bernadus Swartbooi sê hul openbare konsultasies oor die volksmoord ooreenkoms tussen Duitsland en Namibië was ‘n reuse-sukses. Die party het sewe politieke streke, 32 dorpe en nedersettings besoek en met ten minste 5 800 Namibiërs van geraakte gemeenskappe vergader. Swartbooi sê gemiddeld 180 mense het elke vergadering besoek […]

Read More

Sabotasie by Eskom bewys - November 19, 2021

Die uitvoerende hoof van Eskom in Suid-Afrika, André de Ruyter, sê die ineenstorting van die kragmas by die Lethabo-kragstasie in Vereeniging in die Vrystaat, was doelbewuste sabotasie. Die kragvoorsiener het gevind die stutte van ‘n kragmas met kraglyne wat elektrisiteit na die kragstasie se oorland-steenkoolvervoerband herlei, is afgesny. Die kragmas het as gevolg daarop omgeval […]

Read More

IMF weier om Zim te help, skuldlas reeds te groot - November 19, 2021

Die Internasionale Monetêre Fonds sê hy kan geen ondersteuning aan Zimbabwe bied nie. Volgens die fonds het die land onvolhoubare skuldvlakke en is agterstallig in sy terugbetalings. Die land het volgens berigte skuld van meer as 10 miljard Amerikaanse dollar. John Robertson, ‘n ekonoom in Zimbabwe sê die aankondiging is geen verbasing nie.

Read More

Rand sal afwaarts neig, sê ekonome - November 19, 2021

Ekonome voorspel dat die Suid-Afrikaanse rand sal swakker sal presteer en sal teen ongeveer 17,62 teen die Amerikaanse dollar verhandel. Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt stem saam. Hy sê die rand is onder druk en die Amerikaanse dollar versterk.

Read More

Skuldigbevindings vir Malcom X moordenaars ter syde gestel - November 19, 2021

Die twee mans wat in 1966 skuldig bevind is aan die sluipmoord van van die menseregte aktivis Malcom X, se skuldigbevinding is ter syde gestel. Die distriksaanklaer se kantoor in Manhattan het die afgelope twee jaar ondersoek ingestel na ‘n dokumentêr wat op Netflix uitgesaai is, twyfel oor die feite blootgelê het. Muhammad Aziz en […]

Read More