Ierland ‘gaan hulle regruk’ vir Argentinië
Rugby: Die Ierse vleuel, Mack Hansen, sê hulle gaan hulle regruk na die nederlaag verlede naweek teen die All Blacks waarmee hulle ook hulle eerste plek op die wêreldranglys kwyt is. Dit beëindig ook hulle lopie van 19 onoorwonne wedstryde in die Aviva-stadion in Dublin. Die Iere speel Vrydagaand in dieselfde stadion teen Argentinië. Volgens […]
Regering moet ingryp teen misdaad, toerisme beskerm
Daar is kommer oor die toename in toeriste wat in Namibië beroof word. Die Namibiese Gasvryheidsverenging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold, sê berigte oor rooftogte en diefstal is negatief en sal toeriste ontmoedig om na Namibië te reis en dit sal weer die land se ekonomie skade berokken.
Cosatu kap drukkoste van matriekvraestelle
Cosatu is geskok oor die drukkoste van matriekvraestelle wat van 1-miljard tot 3,6-miljard Suid-Afrikaanse rand gestyg het na die aanstelling van Siviwe Gwarube as Basiese Onderwys-minister. Woordvoerder Zanele Sabela sê die besluit om provinsies toe te laat om hul drukkers te kies, het tot hierdie reuse-toename gelei. Net in Limpopo het die koste met meer […]
Asiese markte daal weens handelsoorlog-kommer
Asiese markte het gedaal weens kommer oor die impak van ʼn moontlike handelsoorlog tussen China en Amerika wanneer Donald Trump oorneem. Dit is vererger deur teleurstelling oor die gebrek aan bykomende maatreëls deur Beijing om sy sukkelende ekonomie ʼn hupstoot te gee. Wall Street het op ʼn nuwe rekord gesluit, aangevuur deur verwagtinge dat Trump […]
Cane, Tele’a uit All Blacksgroep vir toets teen Frankryk
Rugby: Oudkaptein Sam Cane en die vleuel Mark Tele’a sal nie Saterdag in Parys vir die All Blacks kan speel teen Frankryk nie. Die flank het ‘n diep sny aan sy kop opgedoen tydens verlede week se oorwinning oor Ierland en dit kan die einde van sy loopbaan beteken, want hy beplan om na die […]
‘Kamushady’ se SME Bank-saak in2025 aangehoor
Datums is vanoggend bepaal in die plundery van die SME Bank. Die likwidateurs dagvaar Enok Kamushinda, ‘n Zimbabwiese bankier vir 247 miljoen Namibiese dollar en sê hy was die meesterbrein van die ineenstorting van die bank. Die saak is neergelê van 26 Maart tot 4 April volgende jaar. Kamushinda, se rekord oor die algemeen is […]
COP29: Aktiviste, burgerlike samelewing moet druk op leiers hou
Die sekretaris-generaal van die VN, Antonio Guterres is op pad na Baku, Azebeidjan, om COP29 by te woon. Hy het ‘n beroep op aktiviste en die burgerlike samelewing gedoen om druk op wêreldleiers te plaas om werklike oplossings te vind.
Pakistan, Indië se rookmis kan op satellietbeelde gesien word
Rekordvlakke van dik, giftige rookmis wat sedert verlede maand oor die oostelike dele van Pakistan en Noord-Indië hang, kan op satellietbeelde gesien word. Die besoedeling het die owerhede in Pakistan gedwing om skole en openbare ruimtes te sluit, aangesien dit die gesondheid van miljoene mense bedreig. Pasiënte wat ly aan die gevolge van die besoedeling […]
Sewes: Snyman bou diepte in aanloop tot Wêreldreeks
Die afrigter van die Springbok Sewes, Philip Snyman, sê hy sien uit na die opbou van groepsdiepte in die aanloop tot die komende Wêreldreeks. Die Blitsbokke sal vir minstens die eerste twee toernooie in Dubai en Kaapstad sonder kaptein Selvyn Davids en Tiaan Pretorius wees, wat beseer is. Rosko Specman is nie meer deel van […]
Visserye het nie die kundigheid, hulbronne om mariene-omgewing te bestuur nie
Onvoldoende menslike hulpbronne, hoë personeelomset en ‘n groeiende aantal ervare personeel wat aftrede nader, ondermyn die visserye-ministerie se vermoë om mariene en binnelandse visserye te beskerm en volhoubaar te bestuur. Boonop is toerusting verouderd, voertuie staan ledig, navorsingsvaartuie kan nie see toe gaan nie, daar is slegs een operasionele vliegtuig en ‘n ondoeltreffende vaartuigmoniteringstelsel wat […]