Wêreldmusiekdag tans by Franco-Namibiese Kultuursentrum gevier - November 19, 2021

En Namibië vier sy 24ste Wêreldmusiekdag vandag met die Franco-Namibiese Kultuursentrum wat musiekoptredes in die hoofstad aanbied met bekende sangers Riaan Smit en Lin-Marie, asook die rumba-orkes Viva Kalahari. Dit begin vanaand om ses-uur en duur tot tien-uur. Fabienne Conradie, kulturele kommunikasiebeampte van die sentrum, sê toegang is gratis.

Read More

SA misdaadstatistiek skets donker prentjie vir slagoffers van geslagsgeweld - November 19, 2021

Die misdaadstatistiek in Suid-Afrika vir Julie tot September wat die minister van polisie, Bheki Cele, vandag bekend gemaak het, teken ‘n donker prentjie vir slagoffers van geslagsgeweld en vrouemoord in Suid-Afrika. Dit is die mening van ‘n woordvoerder van Action Society, Ian Cameron. Hy sê dis duidelik dat die polisie besig is om die stryd […]

Read More

Invoer van eiers knel Namibiese produsente - November 19, 2021

Die afgelope tyd is Namibiese eierprodusente bedreig deur ’n toestroming van ingevoerde eiers wat ’n opskudding in die plaaslike mark veroorsaak, sê die Namibiese Landbou-unie. Daarbenewens het faktore soos voer- en brandstofpryse ’n uitdaging gebring, en die eiersektor is geen uitsondering nie. Voerkoste maak 60 tot 70 persent van totale koste uit, en vir klein-medium […]

Read More

Toerismesektor ook opgewonde oor Namibië Krieketwêreldbeker-toernooi aanbied - November 19, 2021

Die Namibiese toerismesektor is soos alle Namibiërs ook opgewonde oor die Internasionale Krieketraad wat Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe aangewys het as mede-gasheerlande van 2027 se eendag-Wêreldbekertoernooi. Dit is ook goeie nuus vir die toerismesektor, soos die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsektor, Gitta Paetzold, aan Kosmos 94.1 Nuus sê dit is goed dat sport Namibië op […]

Read More

Kommer oor gesondheidsrisiko’s weens uraan-ontginning - November 19, 2021

Rakende die uraan-ontginning in die Leonardville-omgewing, het die Kankervereniging van Namibië sy kommer uitgespreek oor potensiële gesondheidsrisiko’s as gevolg van voortdurende blootstelling aan radioaktiewe materiaal en gepaardgaande swaarmetale-inname. Die vereniging waarsku teen verhoogde risiko’s van limfoom, leukemie, skade aan stamselle binne-in beenmurg, beenkanker, weefsel- en orgaanskade. Rolf Hansen van die Kankervereniging sê die impak van […]

Read More

Toerisme-statistieke vir Oktober lyk belowend - November 19, 2021

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het die toerisme-akkommodasie-statistieke vir Oktober 2021 bekend gestel met ‘n gemiddelde kamerbesetting van 34 persent regoor die land. Sedert die begin van die piektoerismeseisoen in Julie, het besetting met 12 persent in Julie tot net onder 20 persent in Augustus toegeneem, en 27 persent in September tot 34 persent in Oktober. […]

Read More

Prasa skors sy groepshoof - November 19, 2021

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika het bevestig sy groepshoof, Zolani Matthews, is geskors. Prasa sê dit hou verband met ‘n beweerde sekerheidsbreuk en ander kontraktuele verpligtinge wat met sy indiensnemingskontrak verband hou. Die raad sê die organisasie se bedrywighede sal nie benadeel word nie en ‘n waarnemende uitvoerende hoof sal binnekort aangewys word. 

Read More

Meer Europese toeriste besoek Namibië in Oktober - November 19, 2021

Volgens die kamerbesettingsyfers vir Oktober van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, kom meer Europese toeriste weer in Namibië kuier met 47 persent wat van verskeie Europese lande kom, terwyl slegs 12 persent verlede jaar Oktober Namibië besoek het. Toe het Namibiërs 67 persent van alle toeriste uitgemaak en in Oktober vanjaar is 38 persent besoekers aan akkommodasiegeriewe Namibiërs.   

Read More

Eerste Bank Windhoek Doek Literêre toekennings ‘n sukses - November 19, 2021

Die Bank Windhoek Doek Literêre toekennings het gisteraand in die hoofstad plaasgevind. Doek is in April vanjaar bekend gestel om Namibiese skrywers, digters en visuele kunstenaars vir hul fiksie, nie-fiksie, poësie en visuele kunswerke te beloon. Die Doek-toekennings is deur Bank Windhoek geborg. Die hoof van bemarking en korporatiewe sake, Jacquilin Pack, verduidelik waarom Bank […]

Read More

Wydverspreide grootkatboerdery in SA onthul - November 19, 2021

Die internasionale dierewelsynsorganisasie Four Paws het skokkende beeldmateriaal verkry waarin onthul word wydverspreide grootkatboerdery vind regoor Suid-Afrika plaas. Die beeldmateriaal dien ook as ‘n bewys Suid-Afrika teel ook nou tiere vir kommersiële doeleindes. Dit dokumenteer beramings van tot 12 000 leeus en ‘n onbekende aantal tiere wat in aanhouding geteel word. Die direkteur, Fiona Miles, […]

Read More