Prokureur-generaal hersien kontrakte vir verkoop van olifante
Die Namibiese ministerie van die omgewing sê die ooreenkomste in verband met die verkoop van die 170 olifante is tans by die prokureur-generaal. Op die oomblik word die kontrakte noukeurig deurgegaan sal volgens berigte binnekort voltooi wees. Daar is vroeër berig dat vyf aanbiedinge ontvang is en dat belangstelling wyer is as net die SAOG-streek. […]
Avo-oes stel teleur
Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Avokadokwekers, Clive Garrett, sê die land se avokado-seisoen was teleurstellend. Hy sê volumes is laer as verwag en die huidige oes word nou op 16 miljoen uitvoer-houers van 4 kilogram elk geraam. Hy het die kleiner oes toegeskryf aan die koue weer in September verlede jaar en die […]
Oshana-streeksrede vandag
Die goewerneur van die Oshana-streek, Elia Irimari, sal na verwagting vandag sy streeksrede lewer. Irimari het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat sy toespraak sommige van die sleutelkwessies, soos die begroting vir 2021, asook die prestasies van die streek die afgelope jaar, sal insluit.
Oestyd: Zambezi het nie te sleg gevaar nie
Dit is ‘n oestyd in sommige streke van Namibië. Die meeste dele van die land het vanjaar goeie reën gekry, maar met die sprinkaanplaag is talle oeste vernietig. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die Zambezi-streek, Lawrence Sampofu, gepraat en hy meen die streek het oor die algemeen nie te sleg gevaar nie.
Oor-50’s kan in SA registreer vir inenting
Die inentingsveldtog in die buurland gaan gebuk onder kritiek maar tog bly dit vorder. Die buurland se waarnemende gesondheidsminister Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het bevestig inenting-registrasie vir mense bo die ouerdom van 50 volgende week Donderdag sal open. Inenting teen Covid-19 vir hierdie groep sal dan teen 15 Julie begin. Kubayi-Ngubane sê meer as 2,5 miljoen mense […]
NLU ondersoek nuwe skaapmark
Die Namibiese Landbou-unie sê ’n ondersoek is tans aan die gang na die lewensvatbaarheid van alternatiewe internasionale uitvoermarkte vir lam- en skaapvleis, beide been-in sowel as ontbeen. Die Lewendehawe Produsente Organisasie het saam met Hartlief ’n studie geloods om te bepaal of internasionale waardekettings vir lam- en skaapvleis die potensiaal het om volhoubare voordele vir […]
Ugandese afrigter in Japan het Delta-variant gehad
Internasionale nuusagentskappe berig dat die lid van die Ugandese Olimpiese span wat positief vir Covid in Tokio getoets het, met die Delta-variant besmet was. Die afrigter het Saterdag in die land aangekom en een van die spanlede het Woensdag ook positief vir die virus getoets. Japanese owerhede sê analises word nog op die tweede toets […]
Whk-raad moet vinniger optree – Amupanda
Stad Windhoek se burgemeester, dr. Job Amupanda, het gisteraand tydens die raadsvergadering sy frustrasie geuiter oor die vertraging van sleutelbesluite van die stad. Amupanda sê die raad moet vinniger optree.
Verligting oor Karpowership weiering
Die Suid-Afrikaanse Organisasie teen Belastingmisbruik, oftewel Outa het die besluit van die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing verwelkom om omgewingstoestemmings aan die Karpowership gas-tot-elektrisiteit-projek te weier. Volgens die drie aansoeke sou drie van hierdie projekte by die hawens in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en in die Wes-Kaap elektrisiteit uit natuurlike gas opwek en deur […]
Protasevich ook onder huisarres
Owerhede in Belarus het die opposisie-joernalis Roman Protasevich, wat op 23 Mei in hegtenis geneem is na ‘n kommersiële Ryanair vlug herlei is om in Minsk, die hoofstad te land, na huisarres toe verskuif. Internasionale media berig dat nes sy vriendin, Sofia Sapega, word hy tans aangehou in ‘n gehuurde woonstel maar, owerhede geen inligting […]