Rössing-marathon vanjaar virtueel

Die gewilde Rössing-marathon sal weens Covid-19 vanjaar virtueel op 21 Junie aangebied word. Die marathon word oor 42 km, 21 km en 10 km. Langasems het tot Vrydag, 21 Mei tyd om te registreer. Kaino Nghitongo, korporatiewe kommunikasie-adviseur van Rössing Uranium verduidelik.

Read More

Wes-Kaap wil vandag 4 000 mense inent

Met Suid Afrika wat vroeër vandag fase 2 van sy inentingsprogram afgeskop het, hoop die Wes-Kaap om teen die einde van vandag, ten minste vierduisend van sy inwoners teen die virus ingeënt te hê. Die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, het vroeër vandag die provinsiale gesondheidshoof, Dr. Keith Cloete en die LUR vir gesondheid, Dr. Nomafrench […]

Read More

Tigers-netbalklub bly bo

Die Tigers-netbalklub behou hul top-posisie in die 2021 MTC Netbal Premier-liga nadat hulle Saterdag met 48-38 teenoor die Namibiese vloot op Walvisbaai geseëvier het.

Read More

Gratis webinaar vir kuberveiligheid

Kuberveiligheid is ‘n uitdaging vir elke persoon of besigheid wat die internet gebruik. Die meeste maatskappye soek na ‘n praktiese manier om hul kuberveiligheid te verskerp. BDO bied ‘n gratis webinaar oor kuberveiligheid aan. Bemarking- en Komunikasiebestuurder van BDO, Nicole Dreyer, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die gevare van kuberkrakers.

Read More

Weet meer mense van balpeuterskandaal?

Krieket Australië se integriteitseenheid wil meer inligting oor die berugte Nuwelandse balpeuterskandaal bekom van die man in die middel van die petalje, Cameron Bancroft. Hy is op kamera betrap toe hy die bal met skuurpapier gevryf het tydens ‘n toets in 2018 teen Suid-Afrika in Kaapstad. Dit het gelei tot sy skorsing asook dié van […]

Read More

Werkswinkel om sport vir kinders te beveilig

GIZ se Sports 4 Development in Africa het ‘n werkswinkel in samewerking met die Namibiese Onderwyss- en Sportministeires aangebied om sport vir kinders te beveilig. Onderwysers en sportbeamptes uit die 14 streke in Namibië het die werkswinkel by Heja Lodge bygewoon. Die Integrated Physical Education and School Sports-projek sal by 2 000 primêre en sekondêre […]

Read More

Biden in gesprek met Israelse, Palestynse leiers

Amerikaanse President Joe Biden het gesprekke met Israel se Eerste Minister Benjamin Netanyahu en Palestynse President Mahmoud Abbas, gevoer, het die Withuis bevestig. Die konflik tussen Israel en die Palestyne is op ‘n mespunt met byna 200 sterfgevalle, tweeduisend beseerdes tydens verskeie lugaanvalle wat uitgevoer waarin paaie, kraglyne en huise beskadig is.

Read More

Vermiste meisie ongedeerd gevind

Die 16-jarige meisie van Rehoboth, Kim Heckert, wat die naweek op Walvisbaai vermis geraak het, is gevind, het die Erongo-polisie bevestig. Sy het laat Saterdagaand vanaf ‘n huis waar sy tydens die skoolvakansie kuier, vermis geraak. Volgens Speurinspekteur Michael Ambambi het sy weer by haar vriende se huis opgedaag. Hy sê die familie het haar […]

Read More

SA: Tweede fase van inentingsprogram vir bejaardes

Die Suid-Afrikaanse Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het die tweede fase van die regering se inentingsprogram by die Munsieville-sentrum vir bejaardes in die weste van Johannesburg afgeskop. Duisende senior burgers, 60 jaar en ouer, ontvang sedert vroeg vanoggend regoor die land hul inspuitings. Mkhize sê hoewel daar hier en daar ‘n paar klein haakplekke mag […]

Read More

Lang werksure veroorsaak beroertes, hartaanvalle

‘n Studie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Internasionale Arbeidsorganisasie het bevind dat 745 000 mense in 2016 dood is aan beroertes en hartaanvalle wat deur lang werksure veroorsaak is. Die WGO sê hierdie neiging het moontlik tydens die Covid-19-pandemie vererger. Volgens navorsing hou ‘n werksweek van 55 uur of meer verband met ‘n 35 persent […]

Read More