AstraZeneca toets nuwe weergawe teen Beta-variant

AstraZeneca, in samewerking met Oxford-universiteit, het begin om ‘n aangepaste weergawe van sy entstof op mense te toets, berig internasionale media. Dié nuwe weergawe is spesifiek gemik om mense teen die sogenaamde Beta- of Suid-Afrikaanse variant van Covid-19 te beskerm.

Read More

Namibiese damme saam 83,2% vol

Volgens die Namibiese dambulletin is Namibië se damme tans gesamentlik 83.2 persent vol. Die Von Bachdam se inhoud het een persent in ‘n week gedaal en is nou 67,1 persent vol. Die sentrale gebied se damme is gesamentlik tans 82,6 persent vol, terwyl Gobabis slegs 36,7 persent vol is. Die Suide se damme is gesamentlik […]

Read More

SA hoop Delta-variant se verspreiding word gestuit

Met Suid-Afrika wat na ‘n aangepaste vlak 4 van inperking migreer het, word dit gehoop dat die verspeiding van die Delta-variant van die virus nou ietwat gestuit sal word. Van die grootste veranderinge aan die inperkings sluit in die verbod op die verkoop van drank en ook dat geen groot byeenkomste meer gehou mag word […]

Read More

Tshwane het nou meer as 24 000 aktiewe Covid-gevalle

Die stad Tshwane teken steeds weekliks beduidende toenames in die aantal Covid-19 gevalle aan. Die jongste Covid-19-verslag dui daarop dat die aktiewe gevalle nou ‘n rekordhoogtepunt van 24 669 bereik het. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê hierdie is nog ‘n eksponensiële weeklikse toename wat dui op die erns van die besmettings tydens die […]

Read More

Stellenbosch spog met skoon oudit

Die DA sê hy is trots om aan te kondig die Stellenbosch-munisipaliteit in die Wes-Kaap onder leiding van burgemeester Gesie van Deventer het ‘n skoon oudit vir die 2019-2020-boekjaar gekry. Die party sê dit bevestig die DA-beheerde owerheid bestuur belastinggeld eerlik en deursigtig. Woordvoerder Leon Schreiber sê toe die Covid-19-pandemie vroeg verlede jaar toegeslaan het, […]

Read More

VSA loods lugaanvalle op grens van Irak, Sirië

Vyf vegters in Iran-gesteunde burgermaggroepe is dood en talle beseer tydens die VSA se lugaanvalle teen operasionele en wapen-bergingsgeriewe op die grens tussen Irak en Sirië. Volgens berigte van die Siriese staatsnuusagentskap het ‘n kind gesterf en minstens drie ander is gewond. Die Pentagon het ‘n verklaring uitgereik dat die aanvalle in reaksie op hommeltuig-aanvalle […]

Read More

SA staatskapingskommissie met drie maande verleng

Die staatskapingskommissie in Suid-Afrika het nog drie maande gekry om sy werk af te handel. Die hooggeregshof in Pretoria het die uitstel goedgekeur en gesê die Zondo-kommissie se werk is in die openbare belang. Die ondersoek moes sy werk teen Woensdag voltooi het, maar voorsitter Raymond Zondo het uitstel gevra en gesê die kommissie kan […]

Read More

Verhongerde woestynleeus in Hoanibrivier gemonitor

‘n Groep woestynaangepaste leeus in die Hoanibrivier kry tans baie swaar, sê Izak Smit van die Desert Lions Human Relations Aid. Hy sê beamptes van die omgewingsministerie is tans besig om ondersoek in te stel. Die leeus vrek weens hongersnood, want prooi is skaars op die oomblik. Smit sê die leeus kan waarskynlik tydelik verskuif […]

Read More

Toerismesektor verwag nie groot veranderinge ná 30 Junie

Met die Covid-19-regulasies wat op 30 Junie tot ‘n einde kom, verwag die land ‘n toespraak van President Hage Geingob of die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, oor die pad vorentoe wat Covid-regulasies betref. Kosmos 94.1 Nuus het met Nrupesh Soni, stigter van die Namibiese Toerismeforum, gesels oor wat hulle verwag. En..Soni oor hoe die bedryf […]

Read More

Katutura-staatshospitaal se buitepasiënte-departement toe

En die Namibiese gesondheidsministerie het pas aangekondig dat geen buite pasiënte meer by die Katutura-staatshospitaal behandel sal word nie. Die buitepasiënt-departement sal nou vir pasiënte gebruik word wat vir bedbeskikbaarheid weens die Covid-pandemie wag.

Read More