Optog môre vir gelykheid in huwelike
Die LGBTQ-gemeenskap is verheug oor die tuiskoms van die Lühl-Delgado tweeling vanuit Suid-Afrika maar meen gelykheid is steeds ‘n stryd in Namibië. Die Namibia Equal Rights Movement sal môre ‘n protesoptog hou by die Hoërhof in die hoofstad wanneer ‘n saak van ‘n huwelik van ‘n paartjie van dieselfde geslag voorkom. Omar van Reenen, stigter […]
Woef vang 3 met wapens
Drie mense sal vandag in die Motherwell-landdroshof in Gqeberha verskyn ná uitstekende speurwerk deur ‘n lid van die honde-eenheid. Die verdagtes is in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n voertuig op die N2 voorgekeer het. Toe dit deursoek word, het beampte Bentley ‘n verdagte deurpaneel uitgesnuffel. Dit is oopgemaak en die polisie het beslag gelê […]
Vryhandelooreenkoms sal inklusief wees
Die Adjunkpresident Nangolo Mbumba sê die vasteland se vryhandelooreenkoms sal handel op die vasteland verdubbel van 18 persent tot 36 persent teen 2035. In sy mening is daar groot geleenthede vir goeie en verlengde marktoegang. Hy het tevredenheid uitgespreek dat die ooreenkoms die klem om klein en medium sakeondernemings plaas sowel as jeug en vroue […]
Kasane is oop vir besigheid!
Die Kasane grenspos met Botswana is oop vir reisigers. Die buurland het die grens oopgemaak en daar is hoop dat dit ‘n hupstoot aan toerisme sal bied. Margaret Kalo, Hoof Skakelbeampte by die Namibiese Ministerie van Binnelandse Sake het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en meer besonderhede gegee.
LPM sê verhoor is eintlik eers Vrydag
Die LPM-party sê die sitting van die Staande Komitee op Voordele by die Nasionale Vergadering meer ‘n voorverhoor was vir beplanning as ‘n eintlike verhoor. Die party se leier Bernadus Swartbooi en hoofsweep, Henny Seibeb het verskyn na die chaos in die parlement op 15 April na die Staatsrede. Eneas Emvula, die party se Adjunk […]
Geen verhoging vir staatsamptenare
Reaksie word ontvang op berigte dat daar geen verhoging vir staatsamptenare sal wees nie, ingevolge die bepalings van die 3,9 miljard Namibiese doller lening van die Internasionale Monetêre Fonds. Die fonds sê die Namibiese regering hiermee ooreengestem. Die Sekretaris-Generaal van Vakbond Kongres van Namibië, Mahongora Kavihuha het sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus so verwoord.
Demi Lovato identifiseer as nie-binêr
Die Amerikaanse popster Demi Lovato het aangekondig dat sy as nie-binêr identifiseer. Dit beteken dat Lovato haarself nie onderwerp aan ‘n twee-geslagstelsel, oftewel, binêre geslagstelsel nie, maar eerder as geen geslag. Lovato se identiteit is hiervolgens nie manlik of vroulik nie. In ‘n verklaring sê Lovato dat daar voortaan na hulle in plaas van haar […]
Geen brandstof om mens-dier-konflik te takel
Nuusagentskappe berig dat dit Namibiese Ministerie van die Omgewing in April nie brandstof gehad het om te reageer op insidente van konflik met wilde diere nie. Selma Angolo van die ministerie het die aanmerking in die Kavango Wes-streek gemaak tydens ‘n vergadering met lede van die publiek. Gemeenskappe sê hulle gaan gebuk onder uitdagings met […]
Covid skort alle skole kontaksport op in SA
Alle kontaksport by Suid-Afrikaanse skole is met onmiddellike effek opgeskort. Die besluit is vandag deur die Raad van Onderwysministers tydens ‘n aanlyn vergadering geneem. Die raad is van mening kontaksport-gebeurtenisse lei tot ‘n spoedige toename in Covid-19-gevalle. Die Woordvoerder van Basiese Onderwys, Elijah Mhlanga, sê kuns- en kultuur-bedrywighede mag sonder toeskouers voortgaan, onderhewig aan die […]
Media kry opleiding in aanlynveiligheid
Op 27 en 28 Mei kan die Namibiese media opleiding in digitale regte en aanlynveiligheid vir joernaliste ontvang. Dit word saam met Wêreld Persvryheidsdag herdenk. Die opleiding is deur rolspelers in mediavryheid soos Internet Society Namibia Chapter, die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie en die nuwe media vakbond Nampu gereël. Die opleiding is ontwerp […]