Sun International sluit sy SA-oorde

Sun International het besluit om al sy hotelle en oorde in Suid-Afrika tydelik te sluit en sê hy het geen ander keuse nadat die land gister weer na vlak vier van die inperking beweeg het nie. Die regering het aangekondig vir minstens die volgende twee weke moet alle casino’s sluit, restaurante mag net wegneemetes bedien […]

Read More

SA-jagters moet insette in wapenwet lewer

Die sperdatum vir kommentaar oor die voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenwet in Suid-Afrika is 4 Julie en organisasies soos SA Jagters moedig hulle lede aan om standpunt in te neem en kommentaar te lewer. Die uitvoerende hoof van SA Jagters, Fred Camphor, sê hulle het ‘n reuse veldtog van stapel gestuur om hulle meer as […]

Read More

Sistemiese rassisme kort sistemiese reaksie

Die wêreldwye mobilisering van voorstanders van rasse-geregtigheid het die debat verskuif na instellings wat rassisme steeds toelaat. Dit is volgens ‘n verslag deur die Verenigde Nasies se Menseregtekomitee. Die verslag het opvallende ooreenkomste gevind in sy studie van sterftes weens polisie-optrede in verskillende lande, onder meer ten opsigte van struikelblokke vir families om toegang tot […]

Read More

Laat almal entstof aankoop en hulle werkers ent, sê Numsa

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa doen ‘n beroep op die ANC-regering om werkgewers in alle sektore van die ekonomie toe te laat om Covid-19-entstof te koop en werkers in die werkplek in te ent. Die vakbond se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die ANC misluk klaaglik in sy reaksie op die ernstige Covid-19-krisis. Sy sê die krisis […]

Read More

Chinese entstof se doeltreffendheid teen Delta bevraagteken

Reuters berig dat die tekort aan kliniese data van grootskaalse proewe, sowel as geen inligting van laboratoriumtoetse nie, beteken die doeltreffendheid van die Chinese entstowwe teen die Delta variant nie deur wetenskaplikes getoets of hersien kan word nie. ‘n Chinese epidemioloog Zhong Nanshan het aan Reuters gesê dit wil voorkom asof die entstowwe wel ‘n […]

Read More

Ons staam almal by, nie net blankes nie – Naude

Die omstrede Sean Naude van die Namibian Marshall Rangers het skerp gereageer op ‘n advertensie wat op sosiale media geplaas is. Luidens die advertensie kan blanke Namibiërs hom direk kontak vir gratis ivermektien en suurstof. Naude, wat dit reeds bekend gemaak het dat hy gekant is teen die entstof, sê hy distansieer hom van die […]

Read More

Inenting duur voort

Die Namibiese gesondheidheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het bespiegelinge verwerp dat sy ministerie sy inentingsveldtog opgeskort het. Hy het gesê dit is ‘n wan-persepsie en die ministerie sal voortgaan om in te ent terwyl hy wag op die dosisse wat bestel is en in Julie moet aankom.

Read More

DA sê Stellenbosch is sy sukses-storie

Die DA sê hy is trots om aan te kondig die Stellenbosch-munisipaliteit in die Wes-Kaap onder leiding van burgemeester Gesie van Deventer het ‘n skoon oudit vir die 2019/20-boekjaar gekry. Die party sê dit bevestig die DA-beheerde owerheid bestuur belastinggeld eerlik en deursigtig. Woordvoerder Leon Schreiber sê toe die Covid-19-pandemie vroeg verlede jaar toegeslaan het, […]

Read More

Covid vertraag Lichtenstrasser moordverhoor

Die hofsaak van die moord-beskuldigde Ernst Lichtenstrasser, 60, was Maandag weer uitgestel omdat hy nie verrigtinge kan bywoon nie. Die deel van die gevangenes waar hy aangehou word is in isolasie tot 9 Julie en dus kan geen verhoorafwagtende gevangenisse of hulle verhore bywoon of selfs met hulle regsverteenwoordigers konsulteer nie. Regter Christie Liebenberg het […]

Read More

Meatco verloor meer as helfte van sy inkomste, N$911m

Die impak van die heersende droogte en tekorte aan slagdiere het Meatco se inkomste in die 2020-2021 finansiële jaar met 911 miljoen Namibiese dollar laat daal na 873 miljoen dollar teenoor inkomste van net minder as 1,8 miljard dollar in die vorige boekjaar. Die ouditverslag is deur PriceWaterhouse Coopers bekend gemaak. Die firma het reeds […]

Read More