SAPS moet hervorm word – ISS

Die Instituut vir Sekerheidstudies in Suid-Afrika sê openbare druk en dié van die politieke opposisie is aan die opbou, maar polisie-hervorming gaan nie in die nabye toekoms gebeur nie. Johan Burger van instituut sê bekommernis oor prestasiebeoordeeling, aanspreeklikheid en die impak wat dit op loopbaanvooruitsigte het, plaas ook ‘n demper hierop. Burger sê president Cyril […]

Read More

Mswati vlug na SA, protesaksie brei uit

Die koning van eSwatini, Mswati III, het die land gevlug en is tans in Suid-Afrika. Daar is op die oomblik baie groot, en gewelddadige pro-demokrasie protesaksie in die land. Die bekende politieke ontleder in Suid-Afrika, professor Andre Duvenhage het so op die nuus gereageer.

Read More

Junior Bokke gereed vir die naweek

Die afrigter van die Junior Springbokke, Bafana Nhleko, sê die Onder-20 Internasionale-reeks is die ideale geleentheid om diepte aan die span te verskaf en ook om die spelers aan die uitdagings van internasionale rugby bloot te stel. Die Bokke het bo-aan die punteleer van die toernooi geëindig waaraan vier spanne deelgeneem het. Dit volg na […]

Read More

Belê so in landbou

Die president van die Afrika-ontwikkelingsbank, Akinwumi Adesina, het ‘n beroep gedoen vir ernstige beleggings en ondersteunings-beleidsmeganismes in die vasteland se landbousektor. Adesina voer aan dat landbou binnekort meer miljoenêrs en miljardêrs as enige ander sektor gaan oplewer. Dit word beraam dat teen 2050 slegs sowat die helfte van die wêreld se bevolking deur die huidige […]

Read More

Methealth sal Namib Laboraties toetse betaal

Methealth mediesefonds-administrateurs het te kenne gegee dat as gevolg van die groot hoeveelheid Covid-toetse wat by Namib Laboratories by die Wanderers sportklub in die hoofstad gedoen word, het hy besluit dat hy wel die koste van die toetse sal terugbetaal. Methealth sê die laboratorium is nie by die vereniging vir mediese fondse geregistreer nie maar, […]

Read More

SA-bierbedryf kry regsadvies oor drankverbod

Die Suid-Afrikaanse Biervereniging sê hy kry regsadvies oor wat hy beskryf as die onverstaanbare vierde verbod op alkohol. Die verbod is vir 14 dae ingestel as deel van die vlak-vier-inperkings wat tans van krag is. Die vereniging sê baie meer ondernemings is nou op die rand van sluiting weens die jongste verbod en die regering […]

Read More

Arm Suid-Afrikaners sal swaar kry met kragverhoging

Suid-Afrikaners gaan die groot verhoging in elektrisiteitstariewe hierdie week voel wanneer Eskom se jongste prysaanpassing Donderdag in werking tree. Die Omgewingsinstituut van die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe het aangesluit by ander organisasies vir sosiale regte wat teen die verhogings beswaar maak. Die uitvoerende direkteur, Francesca de Gasparis, sê inwoners van Kaapstad gaan na verwagting meer as 13 […]

Read More

Delta maak derde vlaag dodeliker

Die bekende Suid-Afrikaanse epidemioloog, professor Salim Abdool Karim, sê die derde vlaag van Covid-19 in Suid-Afrika gaan weens die Delta-variant baie erger as die tweede vlaag wees. Die variant wat die eerste keer in Indië geïdentifiseer is, is in meer as 80 lande teenwoordig. Karim sê die Delta variant is tussen 40 en 60 persent […]

Read More

NCCI – kragonderbreking nie ons skenking nie

Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid sê die kragonderbreking by die Sentraalhospitaal in die hoofstad was nie as gevolg van sy suurstofskenking aan die regering nie. Charity Mwiya, die kamer se hoof uitvoerende beampte sê hulle skenking is aan die Katutura-hospitaal in die hoofstad gemaak. Mwiya het gereageer op die burgemeester van Windhoek Job […]

Read More

Verpleërs moet meer as 40 ure te kan eis

Die Namibiese Verpleërsvakbond het ‘n beroep op die gesondheidsministerie gedoen om verpleërs toe te laat om meer as die maksimum 40 ure oortyd maandeliks te kan eis. Die sekretaris-generaal van die vakbond, Junias Shilunga sê verpleegpersoneel werk lang ure as gevolg van die derde vlaag van infeksies en daadwerklike tekorte aan personeel. Shilunga het die […]

Read More