Derde vlaag druk olieprys af

Ru-oliepryse het vir ‘n tweede dag teruggesak gedryf deur vrese oor afname in aanvraag as gevolg van die hoogsaansteeklike Delta-variant van Covid. Die Brent ru-oliepyrs het met amper 1 persent gedaal nadat dit Maandag met twee persent teruggesak het. Analiste meen die uitrol van inentingsveldtogte beteken dat die pandemie wel oorwin word en dit is […]

Read More

Spele: groot opgewondenheid in Nam-span

Die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee het gesê die Namibiese atlete wat vir die Olimpiese Spele in Tokio, Japan, gekwalifiseer het, is goed voorberei en gereed om mee te ding. Joan Smit, sekretaris-generaal van die komitee, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die opwinding is groter as ooit tevore.

Read More

Ongwediva handelskou weer af

Die jaarlikse Ongwediva handelskou is gekanselleer. Dit is die tweede keer wat die skou, wat einde Augustus sou plaasvind, afgeskaf is. Verlede jaar se geleentheid is ook afgeskaf as gevolg van Covid. Die skou word as uiters belangrik vir die noorde se ekonomie ge-ag. Jackson Muma, skakelbeampte van die Ongwediva dorpsraad.

Read More

Wes-Kaap: 25 Covid-sterftes daagliks

Die Wes-Kaap het sedert Vrydag 99 bykomende Covid-19 sterftes aangeteken, wat die totale aantal Covid-19-sterftes in die provinsie op 12 295 te staan bring. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die huidige sewe dag gemiddeld is 25 sterftes per dag. Winde sê weens nuwe voorraad is die entstofprogram weer op dreef na vorige beperkings op […]

Read More

Volhoubaarheid van voedselstelsels onder die loep

Die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat wil ondersoek instel na verskeie maniere om toegang tot veilige en voedsame voedsel vir almal te verseker. Die departement was gasheer vir die Nasionale-voedselstelsel tydens gesprekke om oplossings vir veerkragtigheid en volhoubaarheid van voedselstelsels te vind. Professor Sue Walker sê indien voedselstelsels misluk sal dit […]

Read More

Bewys van inenting voor jy doppie geniet, of ietsie eet?

Ierland se regering sal vandag besluit of hy inenting sal eis van enige persoon wat ‘n kroeg of restaurant in die land wil binnegaan. Die land se vervoerminister Eamon Ryan sê dat die persone ten volle ingeënt moet wees. Die land se kroeë en restaurante is reeds vir amper 16 maande gesluit met net etes […]

Read More

Zuma moet oor 5 dae homself aan SAPS oorhandig

Regter Sisi Khampepe het oudpresident Jacob Zuma vyf kalender dae gegee om homself te oorhandig aan die Suid-Afrikaanse polisie om sy 15-maande tronkstraf uit te dien… Intussen het die Suid-Afrikaanse politieke ontleder professor Andre Duvenhage sy reaksie op Zuma se skuldigbevinding en vonnis so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.

Read More

Zuma skuldig, kry 15 maande tronkstraf

Oudpresident Jacob Zuma van Suid-Afrika is vanoggend in die konstitusionele hof skuldig bevind aan minagting van die hof. Die staatskapingskommissie het die klag teen hom aanhangig gemaak omdat hy, ten spyte van ‘n hofbevel, vroeër vanjaar geweier het om voor die kommissie te verskyn. Die kommissie het twee jaar se tronkstraf voorgestel. Die waarnemende regter, […]

Read More

Pride Month sluit môre af

Wêreldwyd word Junie as Pride Month bestempel. Die beweging poog om bewustheid te skep oor die LGBTQ-gemeenskappe en dit is ook in Namibië herdenk. Ndilokelwa Nthengwe, mede-stigter van die Voices for Choices and Rights Coalition het met Kosmos 94.1 Nuus oor die maand gepraat.

Read More

Terapie-honde staan familie in Florida by

Terwyl daar steeds 11 persone dood is en meer as 150 vermis word in die ineenstorting van die Champlain Towers in Surfside, Florida, fokus reddingswerkers op die puin waar slaapkamers was in ‘n poging om nog oorlewendes te red. Intussen is lede van die publiek wat terapie honde besit, gevra om hulle diere te bring […]

Read More