Covid-19 vandag in Suid-Afrika onder die loep

Die Nasionale Koronavirus Bevelsraad van Suid-Afrika vergader vandag om die ontwikkelinge wat verband hou met die COVID-19-pandemie en die buurland se reaksie daarop te bespreek. Die byeenkoms kom aan die einde van ‘n twee week periode waartydens Vlak-4 van die Nasionale Inperking geïmplementeer is. Dit sal gevolg word deur vergaderings van die President se Koördinerende […]

Read More

Bloedige hitte in dele van die VSA

Bloedige hitte vererger volgens berigte in die Verenigde State,met voorspellings vir rekordtemperature in die deelstate Kalifornië en Nevada. Nuusagentskappe berig dit kom enkele weke nadat nog ‘n gevaarlike hittegolf Noord-Amerika getref het,en die streek het die warmste Junie op rekord beleef. Die sogenaamde ‘doodsvallei’ van Kalifornië het Vrydag ‘n hoogtepunt van 54.4C aangeteken, met soortgelyke […]

Read More

DA eis optrede oor onrus in Suid-Afrika

Die DA eis dat die Gautengse polisie daadwerklik moet optree teen enigiemand wat probeer om dele van die provinsie tot stilstand te dwing en sakeondernemings met geweld te dwing om hulle bedrywighede te staak. Verskeie dreigemente van diegene wat as ondersteuners van oudpresident Zuma geïdentifiseer is, word op sosiale media versprei. Beroepe word gedoen dat […]

Read More

Daar is ‘n Covid-19-positiwiteitskoers van 41% in die land

Daar is volgens die Namibiese gesondheidsministerie op die oomblik ‘n Covid-19-positiwiteitskoers van 41% in die land. Volgens die jongste statistiek is daar 1 726 nuwe gevalle aangeteken met,Erongo en Otjozondjupa wat elk 13% van die gevalle bevestig het. Uit al die gevalle was daar slegs nege wat een dosis entstof ontvang het, nie een van […]

Read More

EU oor Winter Olimpiese Spele in Beijing

Die Europese Parlement het ten gunste daarvan gestem dat diplomate die Beijing Winter Olimpiese Spele boikot weens voortgesette bewerings van menseregtevergrype. Hulle wil ook hê hulle regerings moet nog sanksies instel weens China se behandeling van Uighur-Moslems en voortgesette steun bied aan voorstanders van demokrasie in Hongkong. Dit volg na die bevriesing van ‘n beleggingsooreenkoms […]

Read More

Taliban weer in die nuus

‘n Afvaardiging van die Taliban in Rusland het amptenare meegedeel hy beheer meer as 85-persent van Afghanistan se grondgebied. Hy het Rusland verseker hy sal nie toelaat die land as ‘n platform gebruik word om andere aan te val nie. Buitelandse magte, insluitend Amerika, is besig om na ‘n oorlog van bykans 20 jaar uit […]

Read More

WGO oor Covid-pandemie in Afrika

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê die vasteland het die afgelope week die meeste Covid-19-gevalle ooit aangeteken. Die syfers vir die afgelope sewe dae het die hoogtepunt tydens die tweede vlaag verbygesteek. Altesaam 5,7-miljoen bevestigde Covid-19-gevalle is tot dusver in Afrika aangemeld, terwyl 147-duisend mense dood is. Matshidiso Moeti van die WGO sê die syfers styg […]

Read More

Geweld in Suid-Afrika gemonitor

Die Suid-Afrikaanse polisie monitor die situasie terwyl wydverspreide geweld in ander provinsies van die buurland dreig. Dit volg nadat openbare geweld in dele van KwaZulu-Natal uitgebreek het oor oudpresident Jacob Zuma se tronkstraf.Minstens 27 verdagtes is op aanklagte van openbare geweld, inbrake by sakeondernemings, kwaadwillige skade aan eiendom en die oortreding van die Covid-19-inperkingsregulasies in […]

Read More

Lekker tennis vandag

Tennis: Matteo Berrettini word vandag die eerste Italiaanse man in die eindstryd van Wimbledon wanneer hy teen Novak Djokovic van Serwië te staan kom op die hoofbaan. Die wêreld se voorste vroue speler, Ashleigh Barty van Australië het die Tsjeg Karolina Pliskova in die vroue eindstryd met 6-3,7-6 en 6-3 geklop en so die eerste […]

Read More

Salarisverhogings vir staatsamptenare weer in die nuus

Die president van die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid, Jacques Moolman, sê die verskil tussen die staatsdiens en privaat-indiensneming is dat die privaatsektor se salarisverhogings afhang van die sukses van die maatskappy. Hy sê staatsdiensamptenare is geneig om te dink ‘n jaarlikse verhoging bo inflasie is bloot ‘n geval van die skud van die […]

Read More