Staatsmedia word wel voorgetrek

Privaat mediahuise is keelvol vir wat hulle beskryf as ‘media apartheid’. Die heersende Covid-pandemie het die belangrikheid van toegang tot inligting, veral die korrekte inligting, herhaaldelik beklemtoon, en tog, kom dit voor asof die owerhede voorkeur gee aan sy eie mediahuise. Inligting word gereeld eers aan die instansies verskaf voor privaatmedia dit ontvang. Graham Hopwood, […]

Read More

Naude sê hy praat met regslui

Na die advertensie dat Sean Naude se Namibian Marshall Rangers gratis suurstof en ivermektien aan wit Namibiërs sal verskaf vir ‘n skenking van 100 dollar aan sy organisasie, het die plaaslike uitsaaier, die NBC die storie gedra. Naude het skerp gereageer en het vandag aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hy regsadvies ingewin het in […]

Read More

Laaste dag vir belastingopgawes

Die Namibiese Inkomste-agentskap NamRa het belasting betalers in die land daaraan herinner dat vandag die laaste dag is om belastingopgawes in te dien. Die agentskap doen ‘n beroep op belastingbetalers om eerder hulle opgawes digitaal deur die ITAS-stelsel in te dien, veral in verband met Covid-19. Individue en maatskappye wat uitdagings ondervind moet ‘n skrywe […]

Read More

Leeu-bewaring onder die loep in SA

Die Suid-Afrikaanse diereregte-organisasie, Blood Lions, sê die buurland se departement van bosbou, visserye en die omgewing het ‘n konsepbeleidstandpunt in ‘n staatskoerant bekendgemaak vir die bewaring van olifante, leeus, luiperds en renosters. Hierdie dokument is gebaseer op die verslag oor die onderwerp wat onlangs gepubliseer is en die publiek kan tot 27 Julie kommentaar lewer. […]

Read More

Geen fosfaatontginning nie – kry eers sertifikaat

Regter Harold Geier het pas beslis dat Namibia Marine Phosphate het nie die korrekte prosedure gevolg om ‘n omgewing klaringsertifikaat te bekom nie en dus, kan nie sy gelyste aktiwiteite toepas tot hy ‘n geldige klaringsertifikaat bekom het. Die saak is reeds in 2016 deur die Konfederasie van Namibiese Visvang Verenigings en ander teen die […]

Read More

Covid-aankondiging weer uitgestel

Terwyl Namibië ‘n ongekende derde vlaag Covid-infeksies en –sterftes beleef met uitdagings wat die land se gesondheidstelsel op sy knieë gedwing het, blyk daar om chaos te wees oor die aankondiging van die jongste maatreëls omdat die huidige maatreëls om middernag verval. Kosmos 94.1 Nuus kon gister geen duidelikheid kry oor wanneer die persvergadering gehou […]

Read More

Aandklokreël in eSwatini

Die waarnemende eerste minister van eSwatini Themba Masuku het ‘n aandklokreël in die land ingestel wat geldig is van skemer tot dagbreek. Hy het aangevoer dat Covid die inperking veroorsaak het maar, daar is onrus in die land met pro-demokrasie betogers wat gewelddadig geraak het. Koning Mswati III het ook reeds die land na Suid-Afrika […]

Read More

Covid vertraag Rietfontein-bedrywighede

Die projekte wat groot suksesse behaal het by die nasionale jeugdiens se Rietfontein aanleg sukkel effe die jaar as gevolg van Covid. Die minister, Agnes Tjongarero, sê hulle kan nie tradisionele lesings aanbied nie en sukkel ook met nuwe innames. Sy verduidelik.

Read More

Khomas-streeksrede: behuising is aangespreek

Die goewerneur van die Khomas-streek Laura McLeod Katjirua is tans besig met haar streeksrede. Behuising is, nes in al die ander streke in die land, ‘n uitdaging in Khomas maar sy sê goeie vordering is in die afgelope jaar gemaak.

Read More

N$213m sonder bewyse bestee by 4 plaaslike owerhede – Kandjeke

Die Namibiese ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê vier plaaslike owerhede kan nie verduidelik hoe meer as 213 miljoen Namibiese dollar bestee is nie. Dit is nie eintlik nuus nie omdat plaaslike owerhede regoor die land gereeld gekwalifiseerde ouditverslae, jaar na jaar, ontvang. Tses, Ondangwa, Okahao en Leonardville is deur Kandjeke genoem. Okahao is eerste geplaas met […]

Read More