
N$245m uitbetaal tot dusver vanjaar uitbetaal vir ongelukke - November 26, 2021
Ongelukstatistieke is vroeër bekend gemaak en daar is groot kommer oor toenemende sterftes, wat 12 persent hoër is vergeleke met verlede jaar. Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het tot dusver vanjaar meer as 2 400 eise ontvang en het betalings van 285,4 miljoen Namibiese dollar gemaak. Die hoof van die fonds, Rosalia Martins-Hausiku sê daar is veral […]
Cummins opgewonde oor nuwe kapteinskap - November 26, 2021
Pat Cummins sê hy is geëerd om Australië se nuwe toetskaptein te wees. Hy neem oor by Tim Paine, wat verlede week bedank het nadat teksboodskappe van ‘n seksuele aard weer na vore gekom het. Steve Smith keer terug na ‘n leierskapsrol as onderkaptein. Cummins sê hy hoop om dieselfde leiding te gee as wat […]
SA-steenvrugte verbreed markte - November 26, 2021
Suid-Afrikaanse steenvrugte is nou in die Verenigde Koninkryk beskikbaar en kleinhandel-promosies sal toegespits wees op pruime, perskes en nektariens. Hortgro, wat Suid-Afrikaanse sagtevrugteprodusente verteenwoordiger, verwag goeie uitvoersyfers vir veral pruime en nektariens. Hortgro se hoofbestuurder van Handel en Markte, Jacques du Preez, sê uitvoersyfers wat in die afgelope seisoen aangeteken is, het ‘n belowende 10 […]
Namibiese verbruikers en die brandstofprys - November 26, 2021
Namibiese verbruikers wag in spanning vir die aankondiging van die ministerie van myne en energie oor die brandstofprys vir Desember. Onbevestigde berigte lui dat die prys van beide petrol en diesel met 70 sent sal styg. Verbruikers is reeds onder druk met baie hoë voedselpryse en Kosmos 94.1 se luisteraars het so reageer…
Roodt oor die swak vertoning van die rand - November 26, 2021
Die Suid-Afrikaanse rand verhandel op die oomblik rondom 16 rand 30 sent teenoor die Amerikaanse dollar, die laagste vlak die jaar. Daar is kenners wat meen dat die nuwe Covid-variant die vraag na veilige hawens in markte laat toeneem maar, daar is verskeie ander faktore wat ook ‘n rol speel. Die buurland se ekonoom, Dawie […]
Geen beserings in treinongeluk vanoggend nie - November 26, 2021
TransNamib het meer besonderhede oor vanoggend se treinongeluk naby die Buitekluboord bekend gemaak. Volgens Abigail Raubenheimer, skakelbeampte van TransNamib sê daar was geen beserings aangemeld nie, maar, voeg by dat dit een van verskeie gevalle die jaar is. Sy het die publiek daaraan herinner om versigtig te wees by spoorlyne.
29 onbetaalde huislenings draai in mosiehof - November 26, 2021
Daar was 85 aansoeke om verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend waarvan 31 reël 108 aansoeke was. Kommersiële banke het 42 van die aansoeke gebring, waarvan 21 reël 108 aansoeke was. Twee voertuie is opgeëis en 29 eiendomme, met uitstaande skuld van 41 miljoen Namibiese dollar moet teruggegee word. ‘n Totaal van 13 lenings ter waarde […]
Kabinet besluit oor Psemas-heraansoeke - November 26, 2021
Die Namibiese kabinet het aanpassings vir die herregistrasie van geskorste Psemas-lede goedgekeur. Volgens die ministerie van inligting, mag afgetredenes wat nie heraansoek vir lidmaatskap gedoen het nie, dit nou doen. Lede wat permanente verbly buite die land se grense het se lidmaatskap word opgehef behalwe as hulle behandeling in Namibië ontvang. Betalingsopsies moet ontwikkel word […]
Nog ‘n ontvoering in SA - November 26, 2021
Daar was nog ‘n ontvoering in die buurland. Die polisie in KwaZulu-Natal ondersoek ‘n saak ná ‘n ses-dae-oue baba in Durban uit haar ma se arms gegryp is. ‘n Woordvoerder van die polisie, Nqobile Gwala, sê die ma beweer sy het die King Edward-hospitaal verlaat met haar baba in haar arms, maar toe sy vir […]
Chobe-skietery: daar sal nie geregtigheid kom nie - November 26, 2021
Die stigter van die Namibian Lives Matter-beweging, Sinvula Mudabeti, sê daar sal nie geregtigheid geskied na die skietdood van drie Namibiërs en hulle Zamibese neef by die Chobe-rivier in November verlede jaar nie. Mudabeti sê die polisie sien nie in hoekom die saak ondersoek moet word nie omdat hulle niks fout sien met die gedrag […]