Afghaanse voorbladmeisie kry vlugtelingstatus in Italië - November 26, 2021

Die Italiaanse regering het vlugteling-status toegestaan aan ‘n jong Afghaanse meisie wie se foto in die tagtigerjare wereldbekendheid verwerf het. Sharbat Gula was 12 jaar oud toe ‘n foto van haar met haar magnetiese groen oë op die voorblad van National Geographic gepubliseer is. Sy het toe in ‘n vlugtelingkamp op die grens met Pakistan […]

Read More

Vervoersektor sê brandstofprysstyging gaan impak op verbruikers hê - November 26, 2021

Die Namibiese logistieke sektor het gereageer op die ministerie van myne en energie se aankondiging van die brandstofprysstygings vir Desember. Beide petrol en diesel sal op Woensdag 1 Desember met 70 sent ‘n liter styg. Vervoerbedryfskenner, Stefan Terblanche, sê dit gaan beslis ‘n impak op die verbruiker se sak hê.

Read More

Lugdiensvereniging van Suider-Afrika beaam reisverbod was ‘n oorhaastige besluit - November 26, 2021

Die Lugdiensvereniging van Suider-Afrika, AASA, is bekommerd oor verskeie regerings se aankondiging dat hulle Namibië, Suid-Afrika, Botswana, Zimbabwe, Lesotho en Eswatini weer op hul “rooilys” van lande sal plaas waarheen hulle ernstige reisbeperkings en kwarantyn oplê. Voor die rooilys-aankondigings vandag, was daar voorspel dat langafstandverkeer na en van Suider-Afrika na 2019-vlakke teen 2025 sou terugkeer. […]

Read More

Ballito Rage gaan ondanks nuwe Covid-variant voort - November 26, 2021

Die Ballito Rage-organiseerders in KwaZulu-Natal het bevestig die jaarlikse byeenkoms gaan steeds voort ondanks die dreigende vierde vlaag en ‘n nuwe Covid-variant. Die fees vir matrieks vind van Dinsdag tot 5 Desember plaas. Die organiseerders sê enige veranderings aan regulasies wat die regering aankondig, sal in werking ingestel word.

Read More

WGO sê aflewering van kos en kruideniersware is veilig - November 26, 2021

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die aflewering van kos en kruideniersware is veilig tydens die pandemie en sal nie Covid-19 oordra indien die verskaffer goeie persoonlike en voedselhigiëne-praktyke volg nie. Die WGO sê mense moet hul hande was nadat hulle die pakkie ontvang het, maar dit is nie nodig om die kos of verpakking te ontsmet voordat […]

Read More

Namibiese Landbou-unie vier môre 75ste bestaansjaar - November 26, 2021

Die Namibiese Landbou-unie vier môre sy 75ste bestaansjaar. Op 27 November 1946 is die Suidwes-Afrikaanse Landbou-unie, Swalu, op Otjiwarongo gestig. By die eerste kongres was 86 afgevaardigdes van 25 boereverenigings en die eerste sake onder bespreking, was werkerskontrakte en vleisbesprekings, met onder meer vloerpryse van vleis. In die begin van die 1960’s het ’n bees […]

Read More

Namibiese toerismesektor geskok oor reisverbod - November 26, 2021

Die Namibiese toerismesektor is geskok omdat Namibië saam met Suid-Afrika en vier ander Suider-Afrikaanse lande vanaf vandag weer op verskeie lande se rooilys geplaas en alle vlugte opgehef is. Lande soos die Verenigde Koninkryk, Singapoer, Israel, Italië, Nederland, Oostenryk en die Tsjeggiese Republiek se regerings het die maatreël ingestel na Suid-Afrikaanse owerhede die nuwe Covid-Nu-variant […]

Read More

Brandstof styg met 70c/l op 1 Desember - November 26, 2021

Die Namibiese ministerie van myne en energie het die brandstofprysstygings vir Desember aangekondig. Beide petrol en diesel sal op Woensdag 1 Desember met 70 sent ‘n liter styg. Andreas Simon, woordvoerder van die ministerie, verduidelik waarom…

Read More

Vrou lê klag van seksuele teistering teen oud-krieketkaptein van Australië - November 26, 2021

Die vrou aan wie die voormalige Australiese kriekettoetskaptein, Tim Paine, in 2017 onsedelike teksboodskappe gestuur het, het ‘n klag van seksuele teistering teen Krieket Tasmanië, wat destyds haar werkgewer was, aanhangig gemaak. Paine het verlede week as kaptein bedank en vanoggend aangekondig hy neem ‘n blaaskans van die sport. Die 47-jarige Renee Ferguson sê sy het vroeër klagtes […]

Read More

SA beëindig Zimbabwiese Vrystellingspermitprogram - November 26, 2021

Suid-Afrika het aangekondig hy gaan die Zimbabwiese Vrystellingspermitprogram beëindig wat toegelaat het dat 200 000 Zimbabwiërs in die land kon woon en werk. Die permit sal aan die einde van die jaar verstryk en die houers sal vir ander soorte visums aansoek moet doen om in die land te bly, of hulle sal na ‘n tydperk van […]

Read More