Taxi-kapers nog soek - November 26, 2021

‘n Dankie Botswana Corolla-taxi met die registrasiemerk N 168687 W en taxi-nommer J 266 is vroeër vandag in Windhoek gekaap. Die bestuurder was besig om sy taxi te was, toe hy glo deur vier aanvallers op die grond gedruk is voordat hulle met sy taxi weggejaag het. Die taxi is later deur die Namibiese polisie […]

Read More

Cyril Ramaphosa beraadslaag Sondagaand met Koronavirus-bevelsraad - November 26, 2021

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa hou Sondagaand ‘n vergadering met die Nasionale Koronavirus-bevelsraad na aanleiding van die bevestiging van ‘n nuwe variant van die virus. Die minister in die presidensie, Mondli Gungubele, sê in ‘n verklaring die uitslag van die vergadering sal in die komende dae bekend gemaak word. Hy sê die ontdekking van die nuwe variant bewys die […]

Read More

Covid-19: 18 nuwe gevalle aangemeld - November 26, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het 18 nuwe Covid-gevalle uit 2 258 uitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 0,8 persent verteenwoordig. In die groep is twee studente. Daar is nou 102 aktiewe gevalle, waarvan 11 pasiënte in hospitale is en twee in hoësorgeenhede. Altesaam 303 473 persone is ten volle ingeënt. 

Read More

Nu-variant: sosiale maatreëls was nog nooit so belangrik nie - November 26, 2021

Die uitvoerende direkteur van die gesondheidministerie Ben Nangombe sê terwyl die nuwe variant, nou bekend as Nu, baie groot kommer wek, moet Namibiërs hulle gedrag aanpas om hulself teen alle variante van die virus te beskerm. Nangombe sê die nakoming van maatreëls was nog nooit so belangrik nie.

Read More

N$245m uitbetaal tot dusver vanjaar uitbetaal vir ongelukke - November 26, 2021

Ongelukstatistieke is vroeër bekend gemaak en daar is groot kommer oor toenemende sterftes, wat 12 persent hoër is vergeleke met verlede jaar. Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het tot dusver vanjaar meer as 2 400 eise ontvang en het betalings van 285,4 miljoen Namibiese dollar gemaak. Die hoof van die fonds, Rosalia Martins-Hausiku sê daar is veral […]

Read More

Cummins opgewonde oor nuwe kapteinskap - November 26, 2021

Pat Cummins sê hy is geëerd om Australië se nuwe toetskaptein te wees. Hy neem oor by Tim Paine, wat verlede week bedank het nadat teksboodskappe van ‘n seksuele aard weer na vore gekom het. Steve Smith keer terug na ‘n leierskapsrol as onderkaptein. Cummins sê hy hoop om dieselfde leiding te gee as wat […]

Read More

SA-steenvrugte verbreed markte - November 26, 2021

Suid-Afrikaanse steenvrugte is nou in die Verenigde Koninkryk beskikbaar en kleinhandel-promosies sal toegespits wees op pruime, perskes en nektariens. Hortgro, wat Suid-Afrikaanse sagtevrugteprodusente verteenwoordiger, verwag goeie uitvoersyfers vir veral pruime en nektariens. Hortgro se hoofbestuurder van Handel en Markte, Jacques du Preez, sê uitvoersyfers wat in die afgelope seisoen aangeteken is, het ‘n belowende 10 […]

Read More

Namibiese verbruikers en die brandstofprys - November 26, 2021

Namibiese verbruikers wag in spanning vir die aankondiging van die ministerie van myne en energie oor die brandstofprys vir Desember. Onbevestigde berigte lui dat die prys van beide petrol en diesel met 70 sent sal styg. Verbruikers is reeds onder druk met baie hoë voedselpryse en Kosmos 94.1 se luisteraars het so reageer…

Read More

Roodt oor die swak vertoning van die rand - November 26, 2021

Die Suid-Afrikaanse rand verhandel op die oomblik rondom 16 rand 30 sent teenoor die Amerikaanse dollar, die laagste vlak die jaar. Daar is kenners wat meen dat die nuwe Covid-variant die vraag na veilige hawens in markte laat toeneem maar, daar is verskeie ander faktore wat ook ‘n rol speel. Die buurland se ekonoom, Dawie […]

Read More

Geen beserings in treinongeluk vanoggend nie - November 26, 2021

TransNamib het meer besonderhede oor vanoggend se treinongeluk naby die Buitekluboord bekend gemaak. Volgens Abigail Raubenheimer, skakelbeampte van TransNamib sê daar was geen beserings aangemeld nie, maar, voeg by dat dit een van verskeie gevalle die jaar is. Sy het die publiek daaraan herinner om versigtig te wees by spoorlyne.

Read More