Dis in julle hande – Shangula

Kosmos 94.1 en borge se Copps 94.1-teenmisdaadrealiteitsprogram was weer besig Vrydagaand in Windhoek, waar gesien is hoe ‘n aantal mense Covid-regulasies oortree. Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, was die gas van die program op grondvlak Vrydagaand. Shangula het met Kosmos 94.1 nuus gepraat.

Read More

Waglyste geskep vir ivermektien

Ivermektien bly gewild onder Namibiërs vir die behandeling van Covid. Terwyl dit nou moontlik is om ‘n voorskrif te bekom vir ‘n saamgestelde produk vir menslike gebruik, wil dit voorkom asof lede van die publiek steeds die veeartseny produk benut. Plaaslike media berig dat sommige handelaars in vee-medisyne meer as 1 000 mense op ‘n […]

Read More

Groep van 27 verskyn na verwagting vandag

‘n Video op sosiale media van ‘n groot groep mans wat voertuie by die hoofbegraafplaas in die hoofstad tol en skote in die lug afvuur het groot reaksie uitgelok. Die groep van 27 is uiteindelik in hegtenis geneem en staar verskeie klagtes in die gesig. Die groep het volgens berigte die begrafnis van Lee Namaseb […]

Read More

Sanef boos oor aanvalle op media deur Zuma-ondersteuners

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum sê hy is woedend oor die onbeskaamde fisieke en verbale mishandeling van joernaliste deur ondersteuners van oud-president Jacob Zuma buite sy huis by Nkandla in KwaZulu-Natal. Die SABC-joernalis Samkele Maseko is gister tydens ‘n regstreekse uitsending fisies deur een van die ondersteuners aangeval. Zuma se oudste seun, Edward, het ook gedreig […]

Read More

Covid – 46% is positief

Volgens die jongste Covid-statistiek van die Namibiese gesondheidsministerie was daar 1 656 nuwe gevalle met die meeste in Khomas, naamlik 34% gevolg deur Karas met 19%. Dit verteenwoordig ‘n positiewe koers van 46%. Onder die nuwe gevalle is 235 leerlinge, een onderwyser, een student en drie gesondheidswerkers. Die aktiewe gevalle staan op 23 660 waarvan […]

Read More

The ultimate way to Date On the net

Finding the best method to date over the internet should not be a thriller. You just have to know where you should look. Almost all of the seeing websites have their own community or true romance community where you can find your soul mate. This community is for people chinese women date exactly who are […]

Read More

Nog 1 656 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het bekendgemaak dat daar 1 656 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek 568, Rundu 151, Oshakati 131, Keetmanshoop 121, en Gobabis en Karasburg onderskeidelik 102 elk. Die res kom landwyd voor. Daar is op die oomblik steeds 23 660 aktiewe gevalle en 1 649 sterftes. Die herstelkoers is 74%.

Read More

Professor Kerina se begrafnis eers afgestel

Die begrafnis van wyle professor Mburumba Kerina wat vandag sou plaasvind is afgestel. Dit volg nadat die Ovaherero Tradisionele Owerheid ‘n dringende hofaansoek in die hoërhof in Windhoek gebring het om te verhoed dat hy in die grafheiligdom op Okahandja begrawe word wat vir Ovaherero-opperhoofde gereserveer is.

Read More

Verstappen spring vandag eerste weg in Oostenrykse F1 GrandPrix

Motorsport. Red Bull se Max Verstappen spring vandag in die Oostenrykse F1 GrandPrix in die eerste plek weg, met Mclaren se Lando Norris in die tweede plek. Verstappen se spanmaart Sergio Perez is in die derde wegspringplek en Lewis Hamilton vierde.

Read More

Zuma praat vanmiddag met die media

Oudpresident Jacob Zuma van Suid-Afrika beoog om die media vanmiddag omstreeks 18:00 tydens ‘n mediakonferensie by Nkandla toe te spreek. Sy stigting het dit op twitter bekendgemaak. Sy regspan is glo ontbied om 14:00 met hom te vergader. Groot getalle Zuma-ondersteuners is intussen besig om by Nkandla bymekaar te kom om hulle steun aan hom […]

Read More