SA polisieminister soek nog duidelikheid oor Zuma se hofbevel

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het gesê dat hy duidelikheid nodig het oor die hofbevel teen oudpresident Jacob Zuma. Cele sê met die onlangse wending is hulle nie seker wat die pad vorentoe is nie. Die minister van polisie het gereageer op vrae waarom hulle nog nie vir Zuma in hegtenis geneem het […]

Read More

Prins Charles versot op Miriam Makeba se Click Song

Miriam Makeba se Click Song het die lys van prins Charles se gunsteling liedjies gehaal. Dit is tydens ‘n radioprogram genaamd Music and Memories with the Prince of Wales, bekend gemaak wat toegewy is aan mediese personeel en vrywilligers vir hul diens tydens die Covid-19-pandemie. Hy sê Givin’ Up, Givin’ In deur The Three Degrees […]

Read More

Sekuriteit by Nkandla verskerp

Sekuriteit is verskerp in Nkandla na die massa-byeenkomste van die afgelope paar dae. Die polisie in KwaZulu-Natal hou die situasie fyn dop, aangesien talle ondersteuners steeds na voormalige president Jacob Zuma se tuiste stroom. Wetstoepassers loop deur onder ernstige kritiek ná verskeie voorvalle van nie-nakoming van die gesondheidsprotokolle nadat mense die N2 gister afgesper het.

Read More

Ngavirue môre op Okakarara ter ruste gelê

Dr. Zed Ngavirue se roudiens het pas tot ‘n einde gekom in die parlementstuine in die hoofstad. Ngavirue is op 24 Junie oorlede aan Covid. Hy was 88. Hy was die Namibiese regering se spesiale gesant vir die volksmoord-onderhandelings en het ook in verskeie diplomatieke poste in die regering gedien. Hy word môre op Okakarara […]

Read More

Namibiese ekonomie onder die loep vanmiddag

Die ekonomiese impak van die pandemie sal vanmiddag onder die loep kom by die regering se inligtingsentrum. Die bekende Namibiese ekonoom Mally Likukela sal saam met die adjunk-sekretaris-generaal van die openbare werkers vakbond, die PSUN, die bespreking hanteer. Meer as 12 000 werksgeleenthede het sedert Maart verlede jaar verlore gegaan en ongeveer 800 maatskappye moes […]

Read More

Dis nou die beste tyd om eiendom aan te skaf

Namibiese kenners meen dat met die lae rentekoerse en krimpende ekonomie is dit ‘n baie goeie tyd om eiendom te bekom. In Suid-Afrika geld dit ook veral omdat dit nie meer nodig is om te koop en dan twee tot drie jaar te wag dat ontwikkelaars eiendomme voltooi nie, want dit is onmiddellik beskikbaar. ‘n […]

Read More

Copps 94.1 gaan waar die nood is – minister

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula het gereageer op sosiale media plasings wat die vraag vra waarom daar tydens Copps 94.1 op informele nedersettings gefokus word. Die minister, wat op grondvlak was tydens Vrydagaand se program, het die publiek versoek om op te hou om vals inligting oor Copps 94.1 te versprei.

Read More

Delta – ons sal eers die week weet

Die adjunk-uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie Petronella Masabane het pas bevestig dat die uitslae van genoomtoetse om te bepaal of die Delta-variant plaaslik teenwoordig is, sal eers die week bekend wees. Sy het nie gesê watter dag nie. Dit volg na navrae van media nadat daar verlede week bevestig is dat die uitslae reeds […]

Read More

Ivermektien: die dosis is belangrik

Ivermektien bly in die nuus en talle owerhede het kommer uitgespreek oor die onkundige gebruik van die middel sonder om seker te wees oor die korrekte dosis. Dit is veral algemeen in Namibië omdat mense die veeartseny-middel aanskaf. Dr. Naseeba Kathrada, ‘n Suid-Afrikaanse dokter en voorstander van die gebruik van ivermektien in die behandeling van […]

Read More

Wat presies is fopnuus?

Terwyl daar aangekondig is dat lede van die publiek wat fopnuus versprei of ‘n boete van 100 000 Namibiese dollar of tien jaar tronkstraf opgelê kan word, het owerhede nie bekend gemaak presies wat hulle as fopnuus ag nie. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die direkteur van die regshulpsentrum Toni Hancox. Sy het dit […]

Read More