Nam voer amper drie keer die hoeveelheid krag in as wat hy opwek
Namibië het in Mei vanjaar net meer as 95 000 megawatt-ure se elektrisiteit opgewek en het in dieselfde maand net meer as 251 000 megawatt-ure se elektrisiteit ingevoer. Luidens berigte was daar ‘n beduidende afname in die land se kapasiteit om krag op te wek tydens Mei vanjaar. Die Namibiese Statistieke Agentskap sê het plaaslike […]
Winter het sy opgwagting in die Suide gemaak
Boere in die suide van Namibië ervaar nou die erge koue weerstoestande. Volgens Dolf de Wet Junior van die plaas Michberg by Grünau is die winter uiteindelik in sy volle glorie hier. Hy sê ryp kom reeds in die oggende voor.
Nasionale Vergadering hervat nie vandag nie
Die Namibiese parlement sal nie soos beplan, vandag heropen nie, het die skakelbeampte, David Nahogandja, gesê. Hy het gesê baie lede van die Nasionale Vergadering is nie in die hoofstad nie en die risiko is te groot met lede van verskillende streke af kom.
Diabetes en Covid: vind so meer uit oor risikos
Gesondheidsorg-spesialiste aan die Universiteit Stellenbosch het onlangs ‘n WhatsApp-gebaseerde geselsbot bekendgestel om pasiënte met diabetes te help om doeltreffend inligting te ontvang oor die gevare van diabetes en Covid-19. Een uit elke vier Suid-Afrikaners ouer as 45 ly volgens aanduiding aan die siekte. Dr. Darcelle Schouw van die universiteit sê mense met diabetes word buitengewoon […]
Huidige inentingskoers… kudde-immuniteit eers in Mei 2024
Navorsing deur Simonis en Storm in die hoofstad dui aan dat Namibië eers sy teiken van 60 persent kudde-immuniteit einde Mei 2024 al bereik, as die huidige inentingskoers voortduur. Volgens die makelaarsfirma beteken dit inperkings sou gevalle in die wintermaade toeneem vir die volgende drie jaar. Ekonomiese herstel sal ook vertraag word. Namibië het die […]
Zuma vra vandag vir interdik, Cele sê lede is reg om hom te arresteer
Die kantoor van die hoofregter in Suid-Afrika sê oudpresident Jacob Zuma se aansoek om ‘n interdik van sy skuldigbevinding van minagting van die hof, en vonnis van 15 maande tronkstraf, sal vanoggend in die hoërhof in Pietermaritzburg om half-12 aangehoor word. Media kan die aansoek aanlyn volg. Intussen het die buurland se minister van polisie […]
Inperkings en inentings te laat om derde vlaag in SA af te weer – kenner
Suid-Afrikaners sal die derde vlaag van Covid-infeksies moet deursien want die jongste, strenger inperkingsregulasies is nie genoeg nie en het te laat gekom om die huidige stortvloed van gevalle te stuit. Dit is die mening van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging. ‘n Rekordgetal van meer as 26 000 nuwe infeksies op een dag is Saterdag aangemeld. […]
Brandstof is môre duurder
Die brandstofprys van beide petrol en diesel in Namibië styg môre met 40 sent per liter. Die petrol sal nou 13,55 Namibiese dollar per liter by Walvisbaai kos en 13,58 per liter vir diesel. In Suid-Afrika styg die prys van petrol, diesel, paraffien en gas ook môre. Die woordvoerder van die Automobiel Assosiasie in Suid-Afrika, […]
112: hoe lyk dit, wil jy so oud word?
Guinness World Records het bevestig dat Emilio Flores Marquez op 112 jaar en 331 dae die oudste man in die wêreld is. Hy is op 8 Augustus 1908 in Carolina in Puerto Rico gebore. Marquez het feitlik al sy gehoor verloor en op 101 ‘n pasaangeër ontvang, maar verder is hy gesond. Die oudste lewende […]
Geingob stel nuwe taakspan aan – vir ‘AI’ en meer
Namibiese President Hage Geingob het ‘n taakspan van agt lede aangestel om die regering te help om geleenthede vir die Vierde Industriële Rewolusie tot 30 Junie 2022 te skep. Die taakspan word deur professor Anicia Peters van die Universiteit van Namibië gelei. Die Vierde Industriële Rewolusie word beskryf as die samesmelting van kunsmatige intelligensie, die […]