Bokke: daar is dinge waaraan ons moet werk

Die Springbokflank Pieter-Steph du Toit sê die wedstryd teen Georgië was ‘n goeie aanduiding van waar die span hom bevind. Die Bokke het die besoekers Vrydagaand op Loftus Versfeld in Pretoria met 40-9 geklop. Dit was Suid-Afrika se eerste toets sedert hy Engeland op 2 November 2019 in die Wêreldbeker-eindstryd geklop het. Du Toit sê […]

Read More

Waarskynlikheid dat Zuma tronk toe gaan steeds groot

Die waarskynlikheid dat die voormalige president Jacob Zuma opgesluit gaan word, bly hoog, ondanks sy regspan se pogings om die uitspraak van die Konstitusionele Hof ter syde te laat stel. Dít is die mening van ‘n staatsregkenner aan die Universiteit van die Vrystaat, Ntando Sindane. Die Konstitusionele Hof het ingestem om Zuma se ter elfder […]

Read More

Boulter appelleer

Die Britse miljadêr en moordverdagte Harvey Boulter, sal op 13 Julie appelleer teen die weiering van borg in die Outjo-landdroshof. In sy stukke sê Boulter dat hy na die formele aansoek wat van 5 tot 7 Mei aangehoor is, borg geweier is op grond van verskeie kwessies wat die ernstigheid van die klagte en moontlike […]

Read More

Britte sal dalk binnekort kan self oor maskers besluit

Onder ‘n nuwe Covid-19-regime wat op 19 Julie in Engeland aangekondig word, sal mense waarskynlik kan kies of hulle ‘n gesigsmasker wil dra of nie. Berigte lui dat gesigsmaskers en sosiale afstand nie meer afgedwing sal word nie. Die minister van Behuising, Gemeenskappe en Plaaslike Regering, Robert Jenrick, sê mense kan uitsien na ‘n baie […]

Read More

Covid-maatreëls help afname in misdaad

Die Covid-19-regulasies oor alkoholverkope het volgens die Namibiese polisie se jongste misdaadverslag tog ‘n afname getoon in ernstige misdaad die afgelope naweek, maar daar was volgens Hoofinspekteur Elifas Kuwinga van Nampol nog steeds gevalle waar Covid-regulasies oortree is, soos onder andere die 27 mense wat aangekeer is in Khomasdal in die verband. Hy het ‘n […]

Read More

Ek’s nie bang nie – Zuma

Oudpresident Jacob Zuma sê hy is nie bang om weens sy oortuigings tronk toe te gaan nie, aangesien dit nie die eerste keer sal wees nie. Hy het die land vanuit sy woning in Nkandla in KwaZulu-Natal toegespreek oor kwessies rakende die uitspraak van die Konstitusionele Hof, wat hom vir 15 maande tronk toe gestuur […]

Read More

AFriforum wil daar wees wanneer Zuma hof vra

AfriForum het sy regspan opdrag gegee om as vriend van die hof tot die hofaansoek van oud-president Jacob Zuma toe te tree. Die Konstitusionele Hof het ingestem om Zuma se aansoek aan te hoor vir die tersydestelling van sy vonnis van 15 maande gevangenisstraf weens minagting van die hof. Die aansoek word volgende Maandag aangehoor. […]

Read More

Studente: NSFAF sê die week

Die Namibiese ministerie van hoër onderwys het onderneem om die name van die suksesvolle kandidate vir befondsing van die studente hulpfonds bekendmaak. Die minister, Itah Kandjii-Murangi, sê 16 185 aansoeke is uit 23 000 goedgekeur. Die ministerie gaan gebuk onder kritiek in die verband. Talle van die studente is reeds by instansies ingeskryf en is […]

Read More

Pous sterk goed aan na kolon-operasie

Die Vatikaan sê pous Franciskus het goed gereageer op ‘n beplande kolon-operasie in ‘n hospitaal in Rome. Die woordvoerder van die Vatikaan, Matteo Bruni, sê die pous het algemene narkose gehad tydens die operasie as gevolg van ‘n vernouing in sy kolon. Dit is sover bekend die 84-jarige pous Franciskus se eerste hospitaalbehandeling sedert hy […]

Read More

Terug na apartheidsjare toe, meen Zuma

Oudpresident Jacob Zuma sê in teenstelling met dit wat die propagandaveldtog teen hom probeer bereik, het hy nog nooit geweier om voor die staatskapingskommissie te verskyn nie. Die Konstitusionele Hof het Zuma verlede week 15 maande tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan minagting van die hof. Die Konstitusionele Hof het egter ingestem om […]

Read More