Ongwediva-munisipaliteit beperk bedrywighede tot 20 Julie
Die munisipaliteit van Ongwediva het aangekondig dat hulle as gevolg van die toenemende Covid-gevalle in die land besluit het om bedrywighede by hul kantore tot die minimum te beperk. Jackson Muma, korporatiewe kommunikasiebeampte van Ongwediva, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit geld vanaf môre tot 20 Julie.
PSUN: Visbedryf, landbousektor erg deur pandemie getref
Ujama Kahorongo van die openbare werkersvakbond, die PSUN, het vandag tydens die bespreking oor die impak van die Covid-pandemie op die Namibiese ekonomie gesê dit was die ergste op sommige van die grootste bydraers tot die Bruto Binnelandse Produk, soos die visbedryf en die landbousektor. Hy het gesê die pandemie het ongeveer die tyd getref […]
Ekonoom sê pandemie is verwoestend op Namibiese ekonomie
Namibië ervaar die derde golf van die Covid-pandemie en die Namibiese ekonoom Mally Likokela, sê die impak van die pandemie was verwoestend op die ekonomie. Hy het vandag tydens ‘n bespreking oor die impak van die pandemie op die Namibiese ekonomie, gesê dat ‘n gesamentlike poging van die regering, private sektor en individue sal nodig […]
Nóg ses moet nog voor staatskapingskommissie getuig
Voorsitter Raymond Zondo sê die staatskapingskommissie gaan later die maand die getuienis van nog hoogstens ses mense aanhoor voor sy werk afgerond word. President Cyril Ramaphosa sal onder die oorblywende getuies wees. Zondo is nog drie maande gegee om die kommissie se mandaat af te handel, wat beteken sy verslag moet teen einde September gereed […]
SA polisieminister: Zuma word Woensdag in hegtenis geneem
Suid-Afrikaanse polisieminister Bheki Cele sê die polisie tref tans voorbereidings om voormalige president Jacob Zuma Woensdag in hegtenis te neem om sy 15 maande vonnis vir minagting van die hof te begin uitdien. Hulle is egter nie haastig nie, omdat Zuma môre die hooggeregshof in Pietermaritzburg vir ‘n interdik om sy inhegtenisneming te voorkom. Die […]
Ekonoom sê pandemie is verwoesten op Namibiese ekonomie
Namibië ervaar die derde golf van die Covid-pandemie en die Namibiese ekonoom Mally Likokela, sê die impak van die pandemie was verwoestend op die ekonomie. Hy het vandag tydens ‘n bespreking oor die impak van die pandemie op die Namibiese ekonomie, gesê dat ‘n gesamentlike poging van die regering, private sektor en individue sal nodig […]
Barmhartige Samaritane spring in tydens Covid-pandemie
Tydens die dodelike Covid 19-pandemie is die wêreld en veral Namibië steeds vol barmharitge Samaritane. Die leraar van die NG Kerk op Gobabis, ds. Peet van Zyl het besef dat dit noodsaaklik is om in te tree en te help toe hy siekes by ‘n plaaslike hospitaal besoek het. Hy het daarna gedink om sy […]
Delta-variant van Covid-virus teenwoordig in Namibië
Die Namibiese gesondheidsministerie het pas bevestig dat die Delta-variant van die Covid-virus in Namibië is. Volgens Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van die ministerie, is die Delta-variant in 17 uit 18 monsters van positiewe Covid-gevalle in die Khomas-streek gevind. Hy het gesê die variant kan ook in ander streke in die land teenwoordig wees. Op […]
Mangosutho Buthelezi kwaad oor betogers by Nkandla
Prins Mangosuthu Buthelezi is kwaad vir die mense wat na Nkandla in KwaZulu-Natal gegaan het om te betoog nadat oudpresident Jacob Zuma tot 15 maande tronkstraf gevonnis is. Die Konstitusionele Hof het die straf opgelê nadat hy ‘n hofbevel geïgnoreer het om by die staatskapingskommissie te verskyn. Buthelezi het aan die media gesê hy beskou die betogings as hoogverraad. […]
Talle SA maatskappye is slagoffers van massiewe kuberaanval
Talle Suid-Afrikaanse maatskappye is blykbaar onder die slagoffers van ‘n massiewe kuberaanval in 17 lande. Die krakers is geïdentifiseer as ‘n Russiese groep, REvil, wat ‘n losprys van een miljard Namibiese in Bitcoin eis. Suid-Afrikaanse media berig dat die aanval kwesbare plekke in IT-bestuur-programmatuur uitbuit wat deur die Amerikaanse firma Kaseya vervaardig is. Die lande […]