Maties is medeborg van nuwe tydskrif
Die Universiteit Stellenbosch is medeborg van ‘n nuwe aanlyn tydskrif in Engels en Frans wat verslag doen oor wetenskaplike navorsing en kwessies van wetenskap-beleid op die Afrika-vasteland. ‘n Woordvoerder sê die tydskrif, Nature Africa, sal navorsing met die grootste invloed op die vasteland dek en dit aan wetenskaplikes en besluitnemers oordra. Buiten nuus en navorsings-hoogtepunte […]
GRN: handgeskrewe bestellings nie geldig nie
Die Namibiese ministerie van finansies het bekend gemaak dat geen bestellings vir die regering wat met die hand uitgereik is aanvaar word nie. Volgens ‘n verklaring het die regering die praktyk gestaak vanaf die begin van Julie. Handgeskrewe bestellings sal ingevolge die persverklaring nie betaal word nie en verskaffers word daaraan herinner dat alle amptelike […]
Methods to Be a Great Thailand Better half
If you want to become great Thailänder wife, you will need to learn about the Thailänder culture. Weight loss expect to make like to a woman the moment you meet her. https://www.sfweekly.com/sponsored/thailand-mail-order-brides-finding-a-wife-in-thailand-is-easy/ However , you can learn about how becoming a great Thailänder wife in this article. This article will provide you with some tips […]
DA eis insae na ondersoek van wanbestuur by Robbeneiland-museum
Die DA beplan om ‘n aansoek in terme van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting in te dien met die doel om ondersoekverslae te bekom waarin beweerde growwe wanbestuur by die Robbeneiland-museum uiteengesit is. ‘n DA-lid van die Wes-Kaapse Wetgewer, Reagen Allen, sê dit volg nadat die bestuur geweier het om die […]
Namibiese ombudsman sê regering moet vir alle Namibiërs sorg
In die moeilike tye van die Covid-pandemie is dit maklik om te vergeet van diegene wat nie in staat is om hulself te help nie. In die winterseisoen het ons mense wat nie kos of ‘n kombers kan bekostig nie. Namibië het talle haweloses, asook die Strydkinders wat in tente in kampe onder moeilike omstandighede […]
Agri Wes-Kaap: Boere, landbouwerkers moet gou ingeënt word
Agri Wes-Kaap is teleurgesteld omdat boere en plaaswerkers nie voorkeur kry om die Covid-19-entstof te ontvang nie. Die uitvoerende hoof, Jannie Strydom, sê hoewel die landbousektor as ‘n noodsaaklike sektor verklaar is, is daar geen uitgsondering gemaak vir inentings nie. Strydom is van mening die landbousektor en landelike ekonomieë kan dit eenvoudig nie bekostig om […]
Zuma-saak: Uitspraak eers Vrydag
Uitspraak is voorbehou in die Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma se aansoek om sy inhegtenisneming te voorkom. Uitspraak word Vrydagoggend om half-twaalf gelewer. Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het Zuma se aansoek aangehoor om die lasbrief vir sy inhegtenisneming op te skort nadat hy in die Konstitusionele Hof tot 15 maande tronkstraf gevonnis is vir minagting van […]
Kaapstad kry massa-inentingskliniek
Die Wes-Kaap sal môre sy eerste massa-inentingskliniek in die Moederstad open. Die kliniek by die Kaapstad Internasionale Konvensie Sentrum sal een van ten minste drie massa-inentingssentrums wees. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, vertel meer.
Guptas nie meer op Interpol se rooilys
Die Nasionale Vervolgingsgesag het gister se aankondiging dat Interpol rooi kennisgewings uitgereik het vir die Gupta-broers, Atul en Rajesj, en hulle vroue teruggetrek. Hulle word in Suid-Afrika gesoek op aanklagte van bedrog en geldwassery. Die NVG-woordvoerder Sindisiwe Seboka sê die internasionale liggaam moet voorleggings van hierdie aard teen Interpol-vereistes meet voordat besluit kan word om […]
Gauteng betaal Microsoft in Amerikaanse dollar in plaas van rand
Die DA in Gauteng sê die provinsiale tesourie het byna 6,8 miljoen rand van belastingbetalers se geld weens nalatigheid verloor. Die departement het verkeerdelik 20,9 miljoen Amerikaanse dollar in plaas van 20,9 miljoen rand aan Microsoft-fooie betaal. Die grootste deel van die verskil van 318 miljoen rand is terugbetaal, maar weens wisselkoersverskille het die departement […]