SA staatsamptenare se verhoging geloof deur ekonome

Die hoof-ekonoom van Econometrix in Suid-Afrika, Azar Jammine, meen die regering se onlangse verbeterde loonverhogingsaanbod vir staatsdienswerkers kan Suid-Afrika se kredietgradering bevoordeel. Die nuwe salaris-aanbod sluit ‘n 1,5 persent vorderingsverhoging en ‘n maandelikse kontanttoelaag in. Die kontanttoelaag is nie by begrotingsberamings ingesluit nie en sal die regering 18 miljard Suid-Afrikaanse rand uit die sak jaag. […]

Read More

Zim-kinders kry bitter swaar

Sowat 7,9 miljoen Zimbabwiërs leef in ekstreme armoede met die Covid-pandemie wat nog ‘n ekonomiese skok vir die land toegedien het. Kinderarmoede in die land het skerp gestyg met humanitêre organisasies wat hoë vlakke van hongersnood en vertraagde groei onder kinders aangeteken het. Tendai Biti, voormalige minister van finansies en leier van die MDC-party in […]

Read More

Oortreders van maatreëls sal gearresteer word, ongeag die risiko

Die Namibiese polisie het kommer oor oortreders van maatreëls ingevolge die pandemie omdat die persone wat in hegtenis geneem word, ‘n gevaar inhou vir bestaande gevangenes omdat hulle moontlik Covid in die selle kan laat versprei. Die polisie-hoof luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het ook vroeër aan Kosmos bevestig dat dit moeilik is om Covid in aanhoudingselle […]

Read More

Etosha-grens nie geskik vir veeboerdery nie – medediningskommissie

Die Namibiese Mededingingskommissie het die jongste goedgekeurde samesmeltings van besighede bekend gemaak. Die aankoop van Volouiga Farming en Etosha View Farming deur Little Etosha Conservation Holdings is deur die kommissie goedgekeur. Volouiga se grond vorm deel van die swart renoster bewaardersprogram van die ministerie van die omgewing en Little Etosha fokus ook op wild en […]

Read More

Skoolkalender aangepas

Die Namibiese onderwysministerie het aangekondig dat leerders van graad 11, 12 en AS-vlakke nie op 19 Julie soos van plan met aangesig-tot-aangesig-klasse gaan begin nie, maar eers op 4 Augustus. Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur van die ministerie, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels. Steenkamp gee ook ‘n aanduiding van die impak wat hierdie veranderinge […]

Read More

Kanada kry eers inheemse goewerneur-generaal

Kanada se eerste minister, Justin Trudeau, het die aanstelling van die land se eerste inheemse goewerneur-generaal as ‘n geskiedkundige stap beskryf. Die leier van die Inuk, Mary Simon, volg Julie Payette op wat in Januarie vanjaar bedank het na bewerings van teistering in die werkplek. Koningin Elizabeth van Engeland het die aanstelling goedgekeur. Trudeau sê […]

Read More

Noa hoor môre oor borg

Windhoek-landdros Esme Molefe sal na verwagting môre haar uitspraak lewer in die formele borgaansoek van die leeringlingdokter Dennis Noa. Noa, 26, word daarvan aangekla dat hy ‘n breinbeseerde pasiënt in die Katutura-hospitaal verkrag het. Sy prokureur James Diedericks het in die hof aangevoer dat daar geen bewyse is dat die manlike pasiënt verkrag is nie […]

Read More

Whk-bouplanne vir Mei bekend

IJG Sekuriteite het die bouplan-syfers vir Mei vir Windhoek bekendgestel. ‘n Totaal van 187 bouplanne is gedurende die maand goedgekeur wat ‘n afname van 25,2 persent teenoor April verteenwoordig. Die waarde van die planne is op 173 miljoen Namibiese dollar bereken, of 26,1 persent laer as dié wat tydens April goedgekeur is. Wanneer die huidige […]

Read More

NSX tel effe op, voorspellings moeilik

Die uitvoerende hoof van die Namibiese aandelebeurs, Tiaan Bazuin, het gesê dit is nie tans ‘n baie besig tyd op die aandelebeurs nie, maar daar is wel ‘n styging in pryse. Bazuin het die jongste nuus oor aandelemarkte met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

Read More

Zuma word nie regverdig behandel nie, sê Mpofu

Regter Bhekisisa Mnguni van die hooggeregshof in Pietermaritzburg sal Vrydag uitspraak lewer in oudpresident Jacob Zuma se aansoek vir die uitstel van sy inhegtenisneming. Die Konstitusionele Hof het Zuma tot 15 maande gevangenisstraf gevonnis vir minagting van die hof nadat hy ‘n bevel deur die land se hoogste hof verontagsaam het, om voor die staatskapingskommissie […]

Read More