Cyril en kie moet intree by eSwatini
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum Sanef, doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa en sy eweknieë in die streek om te eis dat die rergering van eSwatini hom hou by die mediavryheidsprotokol van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Dit volg na twee joernaliste deur veiligheidsmagte aangehou, aangerand en gemartel is. Sanef sê hy is bekommerd oor die toenemende […]
SA se verbod op vee-veilings moet gelig word
Die DA wil ‘n aanvaarbare konsensus hê wat betref die voortsetting van lewendehawe-veilings. Inperkingsregulasies het veilings tot stilstand gebring en lei daartoe dat sommige boere finansieel swaarkry. Noko Masipa van die DA voorspel die finansiële las op die landbousektor sal nou baie groter as tydens die eerste inperking wees. Hy sê as kommunale boere nie […]
SA sal help met Kent-olifante
Suid-Afrika sal die hervestiging van ‘n trop van 13 olifante in ‘n dieretuin in Kent in Brittanje help hervestig na Kenia. Die Boeing 747 wat die diere na Afrika sal vlieg is Dumbo-jet gedoop. Dit is die eerste keer dat so ‘n projek onderneem word. ‘n Suid-Afrikaanse span van Conservation Solutions sal deur Kester Vickerry […]
Mathias verdedig taakmag aanstelling
Daisry Mathias, die presidensiële adviseur op jeugaangeleenthede het skerp gereageer op kommentaar deur Job Amupanda op Twitter. In Amupanda se mening is die herhaalde aanstelling van spesiale rade, komitees en taakmagte alleenlik om dit te laat lyk of die Swapo-regering iets doen. Amupanda het melding gemaak van die aankondiging van ‘n taakmag om geleenthede vir […]
Mosambiek – hongersnood kom
Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram waarsku een van die wêreld se vinnigste groeiende ontwortelingskrisisse in die noorde van Mosambiek loop die gevaar om in hongersnood te ontaard indien befondsing nie dringend bekom word nie. Families gaan voort om voor rebelle-geweld in die land te vlug wat reeds meer as 730 000 mense verplaas het. Daar […]
Noodtoestand in New York
Die goewerneur van New York, Andrew Cuomo, het ‘n noodtoestand afgekondig oor wapengeweld in die staat. Daar was tydens die 4 Julie Onafhanklikheidsnaweek 51 skietvoorvalle in New York. Die noodtoestand beteken dat fondse nou beskikbaar gestel sal word vir die voorkoming van wapengeweld en ingryping by sulke voorvalle. Regoor die VSA is 233 doodgeskiet in […]
Uitvoere daal skerp – hier’s hoekom
Ekonome het reageer oor Namibiese uitvoere wat skerp gedaal het. Namibië het goedere ter waarde van 5,4 miljard Namibiese dollar in Mei uitgevoer wat ‘n afname van 5,8 miljard Namibiese dollar of 51,6 persent is, in vergelyking met die 11,2 miljard Namibiese dollar in April. As dit met Mei 2020 se 7,4 miljard Namibiese dollar […]
Zuma: Cele het eintlik geen keuse nie
Die minister van polisie in Suid-Afrika Bheki Cele, het geen keuse as om die voormalige president Jacob Zuma in hegtenis te neem nie. Dit was die argument van advokaat Tembeka Ngckaitobi, wat namens die staatskapingskommissie in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg verskyn het. Zuma het die hof genader om te keer dat hy in hegtenis geneem […]
Skaf goedkoop eiendom in Kanada aan… maar dis onder water
‘n Erf naby die Erie-meer in Kanada is vir 99 000 Kanadese dollar oftewel 1,13 miljoen Namibiese dollar in die mark. Die 7,7 hektaar erf word as uiters goedkoop beskou omdat die gemiddelde huis in Kanada op die oomblik vir 688 000 Kanadese dollar of 7,9 miljoen Namibiese dollar verkoop. Maar, daar is een probleem […]
Oseaanmynbou: roep asb eers halt
Plaaslike media berig dat meer as 350 navorsers, plaaslik en internasionaal, ‘n moratorium op oseaanmynbou aanvra. Die vorm van mynbou ontgin minerale, wat fosfaat insluit, op die seebodem. In Namibië word diamante ook so ontgin maar, dit vind in vlakker waters plaas. Die plaaslike visbedryf is ook teen enige fosfaat-ontginning in Namibië gekant en sê […]