Karas-infrastruktuur is onder druk

Die goewerneur van die Karas-streek Aletha Frederick sê die streek begin tekorte aan ventilators ervaar en lykshuise is ook onder druk. Die gesondheidsministerie se jongste Covid-syfers toon dat daar 31 nuwe gevalle in die streek aangemeld is met 29 pasiënte wat in die hospitaal behandel word. Volgens Frederick is daar ander pasiënte in gesondheidsfasiliteite in […]

Read More

Brandstofprys en jou beursie

‘n Hele aantal waardekettings in die landbou-bedryf gaan deur die verhoging in brandstofpryse geraak word. Kenners sê die styging in brandstofpryse sal insetkoste verder verhoog en produsentemarges verklein. John Purchase, die hoof uitvoerende beampte van die landbou-sakekamer in Suid-Afrika, het met Kosmos 94.1 Nuus meer in diepte hieroor gepraat.

Read More

Vrystaatse studente sê vakansie sal hulle Covid gee

Studente aan die Sentrale Universiteit van Tegnologie in die Vrystaat is bekommerd dat ‘n vroeë vakansie hulle aan Covid sal blootstel. Die universiteit het aangekondig dat kampusse weens voortslepende betogings vroeër gaan sluit. Die studente sê die besluit is onverantwoordelik omdat hulle aan die virus blootgestel kan word wanneer hulle huis toe gaan. ‘n Studente-aktivis, […]

Read More

Sê hallo vir Jellyfishbot

Hawe-owerhede in Cassis in Frankryk het ‘n vindingryke oplossing gevind vir al die rommel, plastiek, gesigmaskers en ander afval wat in die water dobber en toeriste na die gebied afskrik. Jellyfishbot is ‘n geel bootjie, so groot soos ‘n tas wat tussen die seiljagte en ander bote beweeg, en al die vuilgoed opvang in ‘n […]

Read More

Duitse skenking vir Covid kom môre aan

‘n Antonov-vliegtuig het van die Halle-lughawe in Leipzig in Duitsland vertrek met mediese voorraad en ander skenkings as deel van Duitsland se bystand aan Namibië tydens die pandemie. Duitsland het in Augustus verlede jaar 320 miljoen Namibiese dollar se bystand aan Namibië bewillig. Die fondse sal aangewend word om kapasiteit te bou, reiniging by te […]

Read More

Dokters moes reeds internskappe in SA begin het

Solidariteit in Suid-Afrika het ’n aanmaning aan die buurland se departement van gesondheid se direkteur-generaal gestuur omdat van sy lede steeds nie vir hul internskappe geplaas is nie. Hierdie dokters moes reeds met hulle internskappe begin het. Solidariteit sê hy sal met regstappe voortgaan indien hierdie kandidate nie teen 16 Julie by internskappe geplaas is […]

Read More

Cavendish amper daar in Tour de France

Mark Cavendish van Brittanje is nou net een oorwinning weg van die rekord van die legendariese Belg Eddy Merckx nadat hy sy 33ste Tour de France-skof gewen het. Hy het gister die tiende skof gewen na ‘n naelrit in Valence. Cavendish, wat vir Deceuninck-Quick-Step ry, het ook die vierde en sesde skofte van vanjaar se […]

Read More

Elektrisiteit: Nam-owerhede moet beter beplan meen kenner

Reaksie word ontvang op die aankoop van elektrisiteit wat in Mei vanjaar amper drie keer soveel was as wat Namibië opgewek het. Wispelturige reënval het Ruacana se vermoë om krag op te wek met byna 69 persent verminder. Die Suid-Afrikaanse energiekenner Ted Blom meen die regering moet alternatiewe bronne van krag ontwikkel en moet ook […]

Read More

WGO keur nuwe middels vir Covid

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het twee nuwe middels vir die behandeling van ernstige Covid-gevalle goedgekeur. Die eerste is Sanofi se Kevzara en die tweede, Roche se Actemra. Kevzara bevat kortikosteroïede en Actemra is ‘n rumatiek middel. Die WGO sê ‘n studie van 11 000 pasiënte het bevind dat die twee middels akute inflammasie verhoed en asemhaling bystand […]

Read More

Baie wonings gebou, vir minder geld

Bouplanne vir Mei 2021 in die hoofstad is bekend. Volgens IJG Sekuriteite het wooneenhede die grootste hoeveelheid goedgekeurde planne uitgemaak maar, die waarde daarvan is 28,5 persent laer as die syfers wat in April vanjaar aangeteken is. Die makelaarsfirma sê 58 eenhede met ‘n waarde van 39 miljoen is in Mei voltooi, 17,7 persent meer […]

Read More