ANC skors Carl Niehaus
Die ANC het Carl Niehaus met onmiddellike effek geskors. Hy was uMkhonto we Sizwe se militêre veterane-vereniging se woordvoerder en ‘n bondgenoot van oudpresident Jacob Zuma en die geskorste ANC-sekretaris-generaal Ace Magashule. Waarnemende sekretaris-generaal Jessie Duarte het hom in ‘n brief ingelig dat dissiplinêre stappe teen hom oorweeg word. Professor Dirk Kotze, Suid-Afrikaanse politieke analis, […]
DA vra polisieminister om betogers by Nkandla vas te vat
Die DA vra die minister van polisie, Bheki Cele, om op te tree teen betogers wat die naweek inperkingsregulasies oortree het buite Nkandla in KwaZulu-Natal. Ondersteuners van oudpresident Jacob Zuma is toegelaat om in groot getalle byeen te kom sonder enige oënskynlike sosiale afstandhouding. Okkie Terblanche van die DA sê die minister en sy amptenare […]
Tropiese storm Elsa gaan Amerika dalk vandag tref
Die tropiese storm Elsa is op pad na Amerika en sal waarskynlik vandag land tref. Dit sal moontlik stormstuwings, oorstromings en enkele tornado’s aan die kus van Florida veroorsaak. Die storm sal met swaar reën en wind gepaard gaan. Goewerneur Ron DeSantis het gister die noodtoestand uitgebrei om 33 distrikte in te sluit wat nou […]
Uerikua praat oor korrupsie in streeksrede
Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua het vandag sy staatsrede gelewer. Hy het melding gemaak van korrupsie in die sy streek, veral by plaaslike owerhede soos Okahandja en Grootfontein. Hy sê verslae is reeds in die verband ingedien. Hy sê ekonomiese groei en werksverliese wek kommer…
Pasgebore baba uit puttoilet gered
Polisie in Omusati het ‘n 22-jarige Angolese burger in hegtenis geneem op klagte van poging tot moord en verberging van geboorte. Volgens berigte het die vrou naby ‘n kroeg in die Omugongo nedersetting geboorte geskenk aan die dogtertjie en toe die baba in ‘n sak geplaas en in ‘n puttoilet gegooi. Gemeenskapslede het die kleintjie […]
Haïti se president dood in sluipmoord
Die president van Haïti Jovenel Moise is by sy huis dood in ‘n sluipmoord aanval. Die land se tussentydse premier Claude Joseph het die nuus aan internasionale nuusagentskappe bevestig. Luidens berigte het ‘n groep onbekende persone Moise by sy woning gedurende die nag aangeval en doodgeskiet. Die Presidentsvrou Martine Moise is gehospitaliseer. Moise het in […]
Vandag kan ons al die tjoklits eet wat ons wil
Dit is vandag Internasionale Sjokoladedag. Die wêreld se eerste Sjokoladedag is in 2009 gevier. Dit vind op 7 Julie plaas omdat dit waarskynlik die dag was waarop sjokolade in 1550 in Europa bekend gestel is. ‘n Bekende Kaapstadse sjokolademaker, Sandra O’Connell van House of Chocolates, sê die dag laat die wêreld se sjokolade-liefhebbers toe om […]
Nanso verwelkom vertraging in heropening van skole
Die Namibiese Studente-organisasie Nanso het die onderwysministerie se besluit om fisiese klasbywoning uit te stel geloof. Die ministerie sê klasbywoning vir leerders van graad 11, 12 en AS-vlakke sal nie op 19 Julie soos van plan hervat nie, maar eers op 4 Augustus. Dylan Mukoroli, woordvoerder van Nanso het dit met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…
prinkaanplaag kom weer – kenner
Kenners meen dat Namibië weer ‘n groot sprinkaanplaag in die somer kan ervaar sou daar nie erge koue voorkom wat die eiers kan verwoes nie. Die sentraal-noorde en verre Noorde het ook hulle eie plae beleef en tradisioneel word dit nie so koud tydens winter in die gebiede nie. Dr Gerhard Verdoorn, ‘n Chemiese Spesialis […]
Namibiese handelsbalans-tekorte groei
Die Namibiese se totale handelsbalans het met 37,8 persent tot 14,1 miljard Namibiese dollar in Mei 2021 afgeneem vergeleke met 16 miljard Namibiese dollar in April. Dit is volgens die handelsbulletinverslag van die Namibiese Statistieke Agentskap van Mei. Die verslag toon dat die handelsbalans van die land in ‘n tekort van 3,2 miljard Namibiese dollar […]