Wes-Kaapse onderwysdepartement vorder goed met inentings
Die Wes-Kaapse onderwysdepartement sê hy vorder goed om sy teiken om 55 200 onderwysers teen Covid-19 in te ent oor die volgende paar dae te bereik. Die departement sê dit het reeds tot op datum meer as 61 persent van sy geallokeerde entstofdosisse toegedien met naastenby 34 000 opvoeders en ander skoolpersoneel wat reeds hul […]
Baanbreker-chirurg nuwe US dekaan van geneeskunde
Die baanbreker-chirurg wat die eerste MIV-positief na positief nieroorplantings ter wêreld uitgevoer het, Elmi Muller, is aangestel as die nuwe dekaan van die fakulteit geneeskunde en gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Muller vervang vir Jimmy Volmink, nadat sy tweede termyn tot ‘n einde gekom het. Muller is bekend as ‘n oorplantingschirurg wat die nasionale en […]
Vier nuwe kommersiële eenhede van N$25 miljoen in Mei goedgekeur
Vier nuwe kommersiële eenhede ter waarde van 25 miljoen Namibiese dollar is in Mei goedgekeur wat ‘n 115,3 persent verhoging op ‘n maandgrondslag is. Daar was 16 kommersiële bouplanne ter waarde van 51,1 miljoen Namibiese dollar goedgekeur wat 79,3 persent minder is as dieselfde tydperk verlede jaar. Die aantal kommersiële en nywerheidseenhede het in Mei […]
Nóg ANC-lede kan tugstappe verwag
Die ANC sê nog lede kan tugstappe verwag weens hulle deelname aan verset-optrede by oudpresident Jacob Zuma se huis in Nkandla die afgelope naweek. Die party se nasionale uitvoerende komitee het besluit om Carl Niehaus tydelik te skors omdat hy die party se beeld geskend het, en gaan tugstappe teen hom doen. Hy was ‘n […]
Old Mutual help Namibiërs met gestremdhede
Persone met gestremdhede maak 4,7 persent van die Namibiese bevolking uit. Sedert Old Mutual ‘n borg van die Nasionale Gestremdheidsraad van Namibië in 2017 geword het, het Old Mutual 450 000 Namibiese dollar in opleidingsprogramme in Katima Mulilo, Nkurenkuru en Outapi bestee. Mauriza Fredericks, Old Mutual se bestuurder vir kommunikasie en maatskaplike verantwoordelikheid, gesels met […]
Min enstof in Gauteng vermors
Die DA in Gauteng sê ‘n bietjie goeie nuus in hierdie donker tyd is dat slegs 499 van die 420 000 dosisse Covid-19-entstof in Gauteng teen einde verlede maand vermors of bederf is. Die LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het hierdie in ‘n skriftelike antwoord op vrae in die wetgewer bevestig. Die DA-lid Jack Bloom […]
Covid: 52 sterfgevalle in Namibië
Die Namibiese gesondheidsminsiterie het 52 sterfgevalle en 1 286 nuwe Covid-gevalle uit 3 546 toetsresultate bevestig. Daar is nou 22 783 aktiewe gevalle met 559 pasiënte in hospitale, waarvan 106 in intensiewe sorgeenhede is. Die uitvoerende hoof van die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, gee die jongste statistieke aan Kosmos 94.1 Nuus Namgombe sê in die groep […]
Wes-Kaap vorder goed met fase 2-inentingsveldtog
Meer as 34 000 mense is as deel van die Wes-Kaap se fase 2-inentingsveldtog by ouetehuise in die provinsie ingeënt. Dit sluit inwoners en ondersteuningspersoneel in. Die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Sharna Fernandez, sê senior burgers kry steeds voorkeur, omdat die kans groot is dat hulle in die hospitaal beland sou hulle die virus opdoen. […]
Staatskapingskommissie sê Zuma lyk gesond
Die staatkapingskommissie sê oudpresident Jacob Zuma lyk gesond. Die kommissie sê in dokumente wat by die Konstitusionele Hof se ondersoek-sekretaris, Itumeleng Mosala, ingehandig is, Zuma het geen bewyse gelewer wat geloofwaardigheid gee aan sy bewerings van swak gesondheid nie. Zuma sê sy gesondheid is wisselvallig en dit sal ‘n doodsvonnis wees as hy tronk toe […]
Handgeskrewe aankoopbewyse gestaak
Die Namibiese ministerie van finansies herinner die publiek daaraan dat alle handgeskrewe aankoopbewyse gestaak is. Alle regeringsverskaffers van goedere en dienste word in kennis gestel dat handgeskrewe bestellings aan verskaffers reeds vanaf Julie 2020 gestaak is, sê die skakelbeampte van die ministerie van finansies, Tonateni Shidhudhu. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.