Vier Moïse verdagtes doodgeskiet

Die polisie in Haïti het vier verdagtes doodgeskiet wat met die sluipmoord op president Jovenel Moïse verbind word. Nóg twee is in hegtenis geneem. Die polisie sê hulle soek na nog verdagtes. Die 53-jarige Moïse is dood en sy vrou, Martine, ernstig beseer toe gewapende mans gister hul huis in Port-au-Prince binne gestorm het. Die […]

Read More

Geingos gesels weer vanaand om 6

Die Namibiese Presidentsvrou Monica Geingos sal vanaand om sesuur gesprek voer met vyf kundiges oor die langtermyn impak van Covid. Sy gesels met onder andere drie mediese spesialiste. Daar is talle berigte van pasiënte wat herstel het van Covid wat steeds kliniese uitdagings het. Geingos het vroeër gesê sy sal haar sosiale media platforms benut […]

Read More

Beslissing oor vleisjagters se beweging in SA verwelkom

Die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika het die aankondiging dat jagters mag oor Gauteng se grens na ander provinsies reis, vir vleisjag, verwelkom. Die buurland se minister van bosbou Barbara Creecy, het ‘n kort stel reëls rakende die Covid-19-inperking vir die biodiversiteitsektor gepubliseer. Dit behels onder meer dat wildreservate mag oop bly. Reise oor Gauteng se […]

Read More

Zuma het geen ander keuse gehad nie

Suid-Afrika se demokrasie is nie net ongeskonde nie, maar staan sterk ten spyte van voormalige president Jacob Zuma se uitdagende houding en selfs dreigemente van ‘n opstand. Dit is die mening van die uitvoerende sekretaris van die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet, Lawson Naidoo. Zuma het homself gisteraand net voor middernag ingevolge […]

Read More

Ons boykies was tops in Abidjan!

Die waarnemende hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Rugby-unie Theo Groenewaldt het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die beslissende oorwinning van die Namibiese rugbyspan teen Madagaskar wat die span se plek in die Rugby Afrika kwalifiserende toernooi vir die 2023 Wêreldbeker veilig hou.

Read More

Lesufi sê ‘sorry tog’, hy was deel van ongemagtigde proef

Gauteng se LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi sê na oorlegpleging met die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte, besef hy nou dat hy deelgeneem het aan ‘n ongemagtigde mediese proses. Hy het onlangs deelgeneem aan mediese proewe om te help met die stryd teen verskeie siektes. Lesufi kan gesien word in ‘n video waar hy die tradisionele […]

Read More

EU het nog nie op entstoberoep van AU geantwoord nie

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sê die Covid-pandemie het die valse voorwendsel van die sogenaamde wêreld-gemeenskap blootgelê. Sy aanmerkings kom nadat die Afrika-unie ‘n beroep op die EU gedoen het om die Covishield-entstof, wat in Indië vervaardig word en identies aan die AstraZeneca-entstof is, te aanvaar. Die Europese vasteland aanvaar ook die Chinese entstowwe nie […]

Read More

2020 het internet huis toe gebring

‘n Opname toon dat 2020 ‘n omwenteling meegebring het ten opsigte van vesel-internet in Suid-Afrika. Woordvoerder Brandon de Kock sê die Brandmapp-verslag toon dat al die internetverskaffers akkreditasie het vir die lewering van noodsaaklike dienste en onverpoosd voortgaan om veselnetwerke in woonbuurte regoor die buurland aan te lê. De Kock sê die installering van vesel-internet […]

Read More

Whk-krematorium het onderhoud gehad, werk vandag weer

Daar is gerugte dat die Stad van Windhoek se krematorium weer buite werking is en nie vir sowat twee maande operasioneel sal wees nie. Kosmos 94.1 Nuus het by die stad se woordvoerder, Lydia Amutenya, navraag gedoen. Sy het gesê die krematorium ondergaan tans roetine-onderhoud en dit sal weer vandag in werking wees.

Read More

Verwagting vir verbod op toeskouers by Spele

Organiseerders van die Olimpiese Spele wat op 23 Julie in Tokio begin sal na verwagting ‘n verbod plaas op alle toeskouers. Japanese owerhede berei voor om ‘n noodtoestand te verklaar wat langer as die Spele, wat op 8 Augustus ten einde sal loop, sal duur. Die land het, nes talle ander lande regoor die wêreld, […]

Read More