Private sektor skenk groot om Covid te takel
Die private sektor het hande gevat om die Covid-krisis te takel. Agra, Woermann Brock in die binneland en langs die kus, in samewerking met Elite Star Trading Africa, het kragte saamgesnoer om die inisiatief Breathe Namibia te stig. Breathe Namibia het 150 suurstofkonsentreerders ter waarde van 2,5 miljoen Namibiese dollar geskenk om gemeenskappe te ondersteun. […]
Lugreus Antanov AN-225 land op Hosea Kutako met noodvoorraad
Die Antonov AN-225-vliegtuig het pas op die Internasional Lughawe Hosea Kutako geland. Die reuse-vliegtuig bring mediese voorraad en ander skenkings vanaf Duitsland as deel van hul bystand aan Namibië tydens die pandemie. Die vlug het gister vanaf Leipzig in Duitsland vertrek en eers op Accra in Ghana en daarna in die Angolese hoofstad, Luanda, geland. […]
Antonov word binnekort verwag
‘n Antonov An225-vliegtuig word enige oomblik verwag op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe met mediese voorraad en ander skenkings as deel van Duitsland se bystand aan Namibië tydens die pandemie. Die vlug het gister vanaf Leipzig in Duitsland vertrek. Francois Lottering is by die lughawe.
PM stel ondersoek in na Covid-infrastruktuur
Die LPM-party leiers het besoek afgelê by lykshuise, hospitale en verskeie polisiestasies om ondersoek in te stel na die huidige stand van sake in verband met die hantering van die pandemie. Die party wil voorstelle aan owerhede maak om uitdagings aan te spreek. Die woordvoerder van die party Eneas Emvula sê dinge op grondvlak is […]
40 pelikane in die Kaap toets positief vir H5N1
Altesaam 40 groot wit pelikane het reeds gevrek weens die H5N1-voëlgriepstam nadat dit by ‘n plaas noord van Malmesbury en Dasseneiland in die Wes-Kaap opgespoor is. CapeNature en die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls sê hulle hou die situasie dop en doen die nodige stappe, aangesien hierdie stam hoogs aansteeklik is. CapeNature sê […]
Zim teken rekordgetalle aan
Zimbabwe het Woensdag sy hoogste getal nuwe Covid-infeksies aangeteken, met 2 264. Dit is die hoogste daaglikse syfer sedert Maart verlede jaar. Dit bring die totaal op net meer as 60 000 te staan met 1 973 sterftes. Kenners meen die syfers kan baie hoër wees omdat Zimbabwe ‘n skamele 723 812 toetse op ‘n […]
Geliefde verloor? Versigtig vir slenters
Met die hoë getalle sterftes in Namibië het gepaardgaande slenters ook toegeneem. Elzita Beukes, kommunikasie bestuurder by FNB Namibia, verduidelik die modus operandi van die bedrieërs…
Zuma ondergaan evaluering volgens gevangenes-protokol
Die departement van korrektiewe dienste in KwaZulu-Natal sê oudpresident Jacob Zuma ondergaan op die oomblik al die toelatingsprosesse volgens regulasies. Die korrektiewe sentrum van Estcourt in die provinsie het bevestig dat hy toegelaat is en dat hy ‘n vonnis van 15 maande begin uitdien het. Volgens Singabakho Nxumalo van die departement kan besonderhede oor die […]
Covid-gevalle daal met 21%
‘n Analise deur High Economic Intelligence in die hoofstad toon dat nuwe Covid-gevalle in die afgelope week met 21 persent vergeleke met die vorige week, gedaal het. Die hoeveelheid pasiënte wat herstel het is die week 30 persent hoër as verlede week. Ander analises toon ook dat Namibië moontlik reeds sy piek in die derde […]
Huurraad steeds in limbo
Die Namibiese Statistieke Agentskap sê die prys van kos en huur dra op die oomblik die meeste by tot inflasie. Met die jongste syfers sal ‘n huishouding wat 100 Namibiese dollar het om te bestee, 16 dollar 45 sent daarvan op voedsel, en 28 dollar 86 sent op behuising, bestee. Die Affirmative Repositioning-beweging beywer hom […]