Nog 102 nuwe Covid-19 gevalle bevestig

Die Namibiese ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 102 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is.Windhoek 19, Rehoboth en Rundu 13 elk,Tsumeb 11 en Walvisbaai 9..Die res is landwyd versprei. Die aantal sterftes staan op 533,met 1,876 aktiewe gevalle,42,264 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 44,683

Read More

Namibiese presidensie reageer met skerp verklaring oor bewerings teen president Geingob

Die Namibiese presidensie het gereageer op die bewerings wat teen president Hage Geingob gemaak word in ‘n berig op Al Jazeera se ondersoekende eenheid se webtuiste wat in samewerking met Georganiseerde Misdaad en Korrupsie Verslagdoeningsprojek en die Namibian dagblad gedoen is.Dit word in die presidensie se nuusvrystelling as sensasie wekkend ,onwaar en die ondermyning van […]

Read More

Namibiërs vier vandag saam met miljoene Christene wêreldwyd die opstanding van Jesus

Namibiërs vier vandag saam met miljoene Christene wêreldwyd die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Pastoor Brian Phillander van die Gospel Mission Kerk op Rehoboth.

Read More

Nog ‘n aanval by Capitol-Hill in Amerika

Een polisiebeampte is dood en ‘n ander een in die hospitaal met beserings na ‘n aanval op die Amerikaanse Capitol Hill-kompleks in Washington.‘n Motor het in ‘n veiligheidsversperring vasgery voordat die bestuurder die beamptes met ‘n mes aangeval het.Die beamptes het losgebrand en die verdagte doodgeskiet.Die owerhede het gesê dat die aanval, wat drie maande […]

Read More

Lekker bedrywig aan die kus die Paasnaweek

Daar is die langnaweek baie aktiwiteite aan die kus en baie kusbestemmings se besettingsyfers lyk goed. Volgens Aubrey Oosthuizen van die Wes Kus Veiligheids Inisiatief is swaar verkeer van die binneland af nog tot gister na kusbestemmings ervaar.

Read More

Rassie van Dussen se hondertal nie genoeg nie

Krieket: Rassie van der Dussen se honderdtal was nie genoeg om die Proteas teen Pakistan te laat wen in die eerste eendagwedstryd in Centurion nie. Van der Dussen het ‘n onoorwonne 123 bygedra tot Suid-Afrika se 273 vir ses nadat hulle eerste gekolf het. Die besoekers se Babar Azam het geantwoord met sy 13de eendag-honderdtal. […]

Read More

Baie sterftes in treinongeluk in Taiwan

. Meer as 50 mense is dood en talle is beseer nadat ‘n trein in Taiwan ‘n vragmotor getref het wat op die spore beland het. Die owerhede sê liggame was in die treinwrak vasgekeer, terwyl oorlewendes uit die vensters moes klim en op dak na veiligheid moes skarrel. Die tragedie word beskryf as die […]

Read More

Die Wêreldbank oor Covid-19 se impak

Die Wêreldbank-groep se president, David Malpass, het ‘n beroep op die wêreld gedoen om dringend geleenthede en oplossings te soek om ‘n groen, veerkragtige en inklusiewe herstel van Covid-19 te verseker. Die pandemie sal na verwagting teen die einde van die jaar tussen 55- en 63-miljoen mense in uiterste armoede dompel. Malpass sê die gesamentlike […]

Read More

Namibiese Covid-19 herstelkoers nou 94%

Die Namibiese herstelkoers vir Covid-19 gevalle staan volgens die ministerie van Gesondheid nou op 94%.Nog 237 mense is ingeënt; 198 in Windhoek en 39 aan die kus. Die totale inentings is op die oomblik 2 094..

Read More

Suid-Afrikaanse soldate in Mosambiek ontplooi

Suid-Afrikaanse soldate is in Mosambiek ontplooi om te help met die repatriasie van Suid-Afrikaners uit die noordelike dele van die land na aanvalle deur gewapende militante.Die aanvalle verlede week het gefokus op die noordelike Mosambiekse dorp Palma wat sowat 10 kilometer van ’n gasprojek van Frankryk se Total en ander internasionale maatskappye geleë is. President […]

Read More