Ruth Chepngetick van Kenia stel nuwe wêreldrekord op

Atletiek: Ruth Chepngetich van Kenia het ‘n nuwe wêreldrekord vir vroue in die halfmarathon in Istanbul opgestel. Die marathon-wêreldkampioen het die afstand in een-uur, vier-minute en twee-sekondes voltooi. Chepngetich se tyd is amper ‘n halfminuut vinniger as die tyd wat Ababel Yeshaneh van Ethiopië in Februarie verlede jaar in die Verenigde Arabiese Emirate aangeteken het.Die […]

Read More

Meer besonderhede oor gister se aardbewing

Die Namibiese Ministerie van Myne en Energie se afdeling vir Geologiese opnames het meer besonderhede oor gisteroggend se aardbewing noordoos van Khorixas bekendgemaak. Volgens die verklaring het die skudding gisteroggend teen 3.41 plaasgevind.Dit is deur sewe seismiese stasies geregistreer en het 5,6 op die Richterskaal gemeet.Dié gebied het die afgelope jare gereeld onder aardbewings deurgeloop..

Read More

30 Leerders onder 107 nuwe Covid-19 gevalle

Daar is 30 leerders, 9 onderwysers en 2 gesondheidswerkers onder die 107 nuwe Covid-19 gevalle wat in die land bevestig is.Die Covid-19-verwante sterftes het met 4 gestyg, 2 in Windhoek en een elk in onderskeidelik Walvisbaai en Swakopmund wat die sterftesyfer nou op 537 te staan bring.Die aktiewe gevalle staan tans op 1 897 waarvan […]

Read More

Swaar verkeer op hoofroetes verwag vandag

Swaar verkeer word vandag op die hoofroetes van die land verwag .Volgens die Namibiese verkeersdienste sal die roetes van die kus en die noorde na die hoofstad die meeste verkeer dra met mense wat terugkeer huistoe na die Paasnaweek. Motoriste word gemaan om versigtig te bestuur en ‘n benadering van geen tolleransie gaan volgens verkeersowerhede […]

Read More

Besettingsyfers aan die kus lyk beter vanjaar

Besettingsyfers by kusbestemmings is volgens berigte die Paasnaweek aansienlik beter as verlede jaar.Die gasvryheidsbedryf aan die kus is oor die algemeen tevrede.Ivan Kasozi die algemene bestuurder van een van die hotelle.

Read More

Proteas en Pakistan speel tweede eendagtoets vandag.

Die Proteas en Pakistan se tweede eendagwedstryd vandag is ook die jaarlikse Pienk Dag-wedstryd op die Wanderers in Johannesburg. Dit is vandag die tiende keer dat dié Pienk Dag ten bate van borskanker plaasvind. Die geld sal aan die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg geskenk word vir navorsing oor borskanker. Die wedstryd vind weens Covid-19 sonder […]

Read More

Oxford-AstraZeneca weer die nuus

Brittanje se medisyne-reguleerder sê sewe van die 30 mense wat bloedklonte ontwikkel het nadat hulle met die Oxford-AstraZeneca-entstof ingeënt is, het gesterf. Brittanje se erkenning van die sterftes volg nadat ‘n aantal Eruopese lande hul gebruik van die AstraZeneca-entstof opgeskort het weens die moontlike verband met bloedklonte. Nederland ent sedert Vrydag nie meer mense jonger […]

Read More

SAOG-troika die week byeen oor Mosambiek

President Mokgweetsi Masisi van Botswana het lede van die Suider-Afrikaanse Ontwikkeingsgemeenskap se troika gevra om die week te vergader om die geweld in die Cabo Delgado-provinsie in Mosambiek te bespreek.Die Suid-Afrikaanse weermag is reeds besig om van sy burgers wat in die gebied is na die buurland terug te bring.Die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse weermag […]

Read More

Aardbewing by Khorixas

‘n Aardbewing wat volgens berigte 5,4 op die Richterskaal gelees het ,het vroeg vanoggend in die omgewing van Khorixas voorgekom. Die skudding is in omliggende gebiede en op plekke aan die kus gevoel .Geen berigte van skade is ontvang nie

Read More

Swaar verkeer word aan die einde van die Paasnaweek verwag

Die verkeersvloei op die land se hoofroetes sal volgens die Namibiese Verkeersowerhede môre begin toeneem met mense wat veral van die kusbestemmings en noorde na die hoofstad terugkeer. Motoriste word gevra om versigtig te bestuur en verkeersreëls nougeset na te kom.Verskeie ernstige ongelukke het volgens Nampol tot dusver die paasnaweek op die land se paaie […]

Read More