Napwu sê hy weet nie van NWR nie

Die openbare werkers vakbond Napwu sê hy is nie ingelig oor salarisbesnoeiings by die NWR nie. Die maatskappy het verlede week aangekondig dat hy die maatreël, gepaard met korter werksure moet toepas as gevolg van die voortslepende pandemie. Die uitvoerende hoof van die NWR dr. Matthias Ngwangwama het aan plaaslike media bevestig dat die korrekte […]

Read More

Klimaat en ekonomie… daar is die uitdaging

Die president van die Sentrale Europese Bank, Christine Lagarde, het by die Internasionale Klimaatsveranderingskonferensie in Venesië gesê klimaatsverandering en die oorgang na ‘n koolstof-neutrale ekonomie bied wesenlike uitdagings vir die wêreldwye ekonomie. Lagarde sê klimaatsverandering het gevolge vir die sentrale bank in die vervulling van sy hoofdoel om prysstabiliteit te verseker. Sy sê sónder enige […]

Read More

Baie koue toestande word die week voorspel

Ekstreme weerstoestande word vandeesweek in verskillende dele van Namibië verwag. ‘n Waarskuwing van die weerkantoor, maan oor die uiters koue weer hierdie week. Richard Nashikaku van die weerkantoor in Windhoek het meer.

Read More

SA-geweld ook as gevolg van etniese mobilisering

Die Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa die protesoptrede in sommige dele van die buurland ten sterkste veroordeel. Zuma-ondersteuners het die strate in KwaZulu-Natal en Gauteng ingevaar en begin om eiendomme te plunder en te verniel. Betogers dring aan dat oudpresident Jacob Zuma uit die tronk vrygelaat moet word. Volgens Ramaphosa is sommige van hierdie geweldsdade die […]

Read More

Siriërs sal steeds hulp ontvang

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het die besluit van die Veiligheidsraad verwelkom om die VN se oorgrens-hulpsending in die noordweste van Sirië vir nog twaalf maande te verleng. Dit is ‘n reddingsboei vir meer as 3,4 miljoen mense wat in nood verkeer, wat sowat 1 miljoen kinders insluit. Die VN se adjunk-streekkoördineerder […]

Read More

Mediese vereniging sê drankverbod was onnodig

Restaurante in Suid-Afrika is oop en die regering se Covid-19-hulpskema word verleng, maar die verkoop van alkohol is steeds verbode. President Cyril Ramaphosa het die maatreëls aangekondig tydens sy toespraak oor die verlenging van die vlak vier-inperking. Die regulasies sal in plek bly tot 25 Julie. Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, dr. Angelique […]

Read More

Kom maatreëls na dat ons infeksies onder beheer kan kry

Die nie-nakoming van Covid-19-regulasies bly steeds ‘n groot uitdaging vir Namibiese polisiebeamptes. Volgens die streekskommissaris van Khomas, Ismael Basson, wil mense nie die Covid-19-regulasies nakom nie, wat dit moeilik maak om die stryd teen die pandemie te wen. Kommissaris Basson het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Kondig noodtoestand aan – SA-aktivis

Die ANC-regering word versoek om ‘n noodtoestand af te kondig te midde van die voortslepende onrus in die buurland. Die gewelddadige optrede rondom die inhegtenisname van voormalige president Jacob Zuma in KwaZulu-Natal het ook na Gauteng versprei. Onderwys-aktivis Hendrick Makaneta het die Nasionale Vergadering versoek om tussenbeide te tree en te doen wat nodig is […]

Read More

IPPR bevraagteken een inentingslokaal

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy kommer uitgespreek oor die aankondiging van een perseel vir inentings in die Khomas-streek. Die Namibiese gesondheidsministerie sê alle inentings in die Khomas-streek sal alleenlik by die Katutura verpleërsaal plaasvind. Volgens die ministerie sluit dit beide eerste en tweede spuite vir altwee entstowwe in. Die instituut bevraagteken die besluit […]

Read More

Covid-slagoffer het twee variante gehad

Internasionale nuusagentskappe berig dat ‘n 90-jarige Belgiese vrou wat in Maart vanjaar dood is aan Covid, was met twee variante terselfdertyd besmet. Die bevindings is by ‘n wetenskaplike kongres, die Europese Kongres vir Kliniese Mikrobiologie en Aansteeklike Siektes, bekend gemaak. Dit is die eerste geval waar ‘n persoon besmet was met twee variante van Covid.

Read More