Kankervereniging kuier volgende week noord

Die Namibiese Kankervereniging sal volgende week met sy uitreikprogram die sentraal noorde gebied besoek. Dinge skop Maandag in Omaruru af, soos die Hoof Uitvoerende Beampte van die vereniging, Rolf Hansen verduidelik.

Read More

NamRa maak alles beter

Die nuwe wetgewing in verband met die Namibiese Inkomste-agentskap is gister van krag en dus is die nuwe Namibiese Inkomste-agentskap in plek. President Hage Geingob het vanoggend die owerheid geloods. Volgens die Kommissaris van die agentskap, Sam Shivute, sal hulle verskeie aspekte van dienslewering verbeter.

Read More

Pandemie beklemtoon ongelykehde in gesondheid

Die Suid-Afrikaanse Minister van Gesondheid Zweli Mkhize sê die pandemie het weer die ongelykheid in die buurland se gesondheidsektor beklemtoon. Die ANC-regering is onder druk geplaas vir die spoedige implementering van die Nasionale Gesondheidsversekeing-plan en verder, tekorte aan spesialiste regoor die land is ook van die grootste uitdagings wat uitgelig is.

Read More

Windhoek doen sy bes om stadion op te knap

Reaksie word ontvang op die vriendelike wedstryd wat vanmiddag by die Sam Nujoma stadion in die hoofstad tussen die Brave Gladiators and Angola plaasvind. Die stadion was volgens berigte gesluit vir alle internasionale wedstryde na Fifa die opdrag gegee het dat dit op internasionale standaard gebring moet word. Freddy Mwiya, die Hoof Administrateur van die […]

Read More

Uitstaande skuld: ‘Ons sit met die gebakte pere’ – Okh

NamPower het sy kliënte daaraan herinner dat hy vanaf Maandag beurtkrag sal toepas by dorpsrade en munisipaliteite met uitstaande skuld. Die maatskappy het vroeg in Maart vanjaar sy skuld invorderingsplan bekendgestel het. In ‘n verklaring het die kragvoorsiener gesê dat sy uitstaande debiteure se krag op ‘n skedule afgeskakel sal word. Die skedule vind in […]

Read More

Geestesversteurings en Covid

Navorsing op 230 000 Amerikaanse pasiënte wat van Covid herstel het, toon dat 1 uit 3 met brein- of psigiatriese versteurings gediagnoseer is, binne 6 maande van hulle herstel. Die navorsers sê dit is onduidelik hoe die virus gekoppel kan word aan die versteurings wat angs en depressie insluit. Gevalle van beroertes, dementia en ander […]

Read More

Rekord rysinvoere vir SA

Daar sal na verwagting hierdie jaar ‘n skerp toename in die invoer van rys in Suid-Afrika wees. Die Landbousakekamer beskou rys as een van die belangrikste stapelvoedsels wat Suid-Afrika invoer, weens die feit dat daar nie ‘n gunstige klimaat vir die produksie daarvan is nie. Volgens ‘n voorspelling word ongeveer 70 persent van die buurland […]

Read More

WTO sê daar is nou ‘n gulde geleentheid

Die Wêreldhandelsorganisasie sê handel kan bydra tot ‘n regverdiger, veiliger wêreld, onder meer deur die fasilitering van ‘n vinniger en meer gelyke toepassing van Covid-19 entstowwe. Die organisasie sê die wêreldhandel staan op die punt van ‘n sterk, maar oneweredige, herstel na die skok van die pandemie. Die Direkteur-Generaal van die Wêreldhandelsorganisasie, Ngozi Okonjo-Iweala, sê […]

Read More

Tweede grootste oes in SA

Suid-Afrika se tweede grootste oes tot nog toe is op hande. So sê Wandile Sihlobo van die Landbousakekamer. Hy verduidelik weerstoestande moet oor die volgende paar maande redelik droog bly, aangesien die gehalte van die oes daardeur bevoordeel sal word. Sihlobo sê dis baie goeie nuus vir boere se inkomste. Hy voeg by die land […]

Read More

Outjo sal Maandag water sny

Die Outjo Munisipaliteit het te kenne gegee dat hy volgende Maandag water aan inwoners met uitstaande rekenings sal afsny. Volgens die dorp se Hoof Uitvoerende Beampte Joseph Urib sluit dit besighede in. Hy het ‘n beroep op inwoners gedoen om teen Vrydag hulle rekenings te betaal of afgesny te word. Meer as 3 000 rekeninghouers, […]

Read More