Slegs 42% van Covid-sterftes in Gauteng aangemeld

Die DA in Gauteng sê dié provinsie se Gesondheidsdepartement het amptelik 10 770 Covid-19-sterftes aangeteken. Die departement het egter erken dat dit net sowat 42 persent van die oortollige sterftesyfer volgens die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se beraming is. Jack Bloom van die DA sê die departement skat dat 13 756 Covid-19-sterftes in die provinsie nog […]

Read More

Ontwrigting van dienste in Tshwane

In die buurland het Stad Tshwane inwoners in kennis gestel oor moontlike ontwrigtings van dienste vandag weens die voortslepende versetoptrede deur die Suid-Afrikaanse munisipale werkersvakbond. Sekere personeellede kon weens die versetoptrede nie hul pligte uitvoer nie. Stadwoordvoerder, Lindelani Mashego, sê hulle ondersoek verskeie maniere om die situasie te stabiliseer en om personeel te beskerm

Read More

Pan-Afrika Parlement ontspoor weer

Verrigtinge in die Pan-Afrika Parlement het weer ontspoor. ‘n LP van Zimbabwe en lid van die ad hoc verkiesingskomitee Barbara Rwodzi, vra vir ‘n roterende leierskapstelsel.

Read More

Eerste menslike geval van voëlgriep in China

‘n Man in China se oostelike Jiangsu-provinsie is die eerste menslike geval wat met die H10N3-voëlgriep-stam besmet is. Dit is vandag deur China se nasionale gesondheidskommissie aangekondig. Internasionale media berig dat die 41-jarige inwoner van die stad Zhenjiang laat in April in die hospitaal opgeneem is nadat hy koors en ander simptome ontwikkel het. Hy […]

Read More

Rooies Mostert môre weer in hof

Walter ‘Rooies’ Mostert verskyn weer môre in die Windhoek-landdroshof. Dié voormalige landdros van Gobabis staar klagte van korrupsie, bedrog, diefstal, afpersing, regsverydeling en die oortreding van immigrasiewetgewing in die gesig. Hy is tydens sy eerste hofverskyning borgtog geweier en in aanhouding in die Windhoek Sentrale Korrektiewe Dienste.

Read More

Landbou-ekonoom reageer op Meatco se neutraliteit

Reaksie is ontvang oor Meatco wat homself distansieer van die kwessies oor die veterinêre kordonheining. Meatco se korporatiewe kommunikasiebeampte Undamuje Hambira het gesê hulle gaan nie betrokke raak in besprekings oor die saak nie. Dit volg ná die Windhoekse burgemeester dr. Job Amupanda in die hof eis dat die sogenaamde Rooilyn verwyder word. Landbou-kenners het […]

Read More

PAP: Franssprekende lande glo boelies

Die Pan-Afrika Parlement in Midrand, Johannesburg, sal na verwagting vandag vir ‘n nuwe leierskap stem te midde van spanning oor die verkiesingsproses. Die ANC-hoofsweep, Pemmy Majodina, het gesê hulle is moeg daarvoor om deur verteenwoordigers van Franssprekende lande geboelie te word. Hulle wil hê daar moet ‘n roteringstelsel wees wat Suider-Afrikaanse en noordelike lande ook […]

Read More

ANC-hoofsweep aanvaar verskoning in PAP

Die ANC-hoofsweep, Pemmy Majodina, het ‘n verskoning deur ‘n mede-lid van die Pan-Afrika Parlement aanvaar. Sy het gesê sy gaan nie ‘n kriminele klag aanhangig maak nie. Dit volg nadat sy byna in die gesig geskop is toe sy ‘n onderonsie wou verhoed. Lede het gister tydens ‘n Pan-Afrika-parlementsitting in Midrand, Gauteng, handgemeen geraak toe […]

Read More

Sneeu val in Lesotho

Sneeu het soos voorspel oornag by Afriski in Lesotho geval. Dit is die ski-oord se tweede groot sneeuval van die winter tot dusver. Die Moteng-pas, ‘n noodsaaklike toegangsroete na die oord, is kliphard gevries en derhalwe vir verkeer gesluit.

Read More

Meatco het geen standpunt oor veterinêre kordonheining

Meatco distansieer homself van die kwessies oor die veterinêre kordonheining. Meatco se korporatiewe kommunikasiebeampte Undamuje Hambira het gesê hulle gaan nie betrokke raak in besprekings oor die saak nie. Dit volg ná die Windhoekse burgemeester dr. Job Amupanda in die hof eis dat die sogenaamde Rooilyn verwyder word. Hy noem dit ‘n koloniale struktuur. Landbou-kenners […]

Read More