Mens-dier-konflik – ons moet leer saam oorleef
Mens-dier-konflik kom landwyd in Namibië op kommunale en kommersiële grond voor en behels ‘n verskeidenheid van spesies. Die groot uitdagings in die verband kom op grond voor waar die meeste olifante en roofdiere buite beskermde gebiede voorkom waar mense bly wat nie die koste van skade en verliese kan dra nie. Romeo Muyunda, woordvoerder van […]
Polisieman pleit onskuldig op 40 pornografie klagte
Johann Wickus Maree, ‘n voormalige polisie beampte het onskuldig gepleit in die Windhoek landdroshof op 40 klagte van kinderpornografie. Volgens die staat het Maree minderjarige seuns verfilm en die beeldmateriaal op die sogenaamde donker-web verkoop. Die 49-jarige se prokureur Aina Nangolo sê haar kliënt sal nie ‘n pleitverduideliking in die hof indien nie maar eerder […]
Eerste DNS-saak veroordeelde kry moontlik parool
Die eerste persoon in Brittanje wat op grond van DNS-bewyse aan moord skuldig bevind is, sal binnekort op parool vrygelaat word. Colin Pitchfork is in 1988 tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op twee skoolmeisies. Hy het Lynda Mann in 1983 in Leicestershire verwurg en Dawn Ashworth drie jaar later in dieselfde graafskap vermoor. […]
Biden vaar uit teen Trump, noem nie sy naam nie
Die Amerikaanse president, Joe Biden het teenoor Donald Trump uitgevaar by ‘n openbare toespraak in Philadelphia, alhoewel hy hom nie by die naam genoem het nie. Biden het kommentaar gelewer oor die aanpassings wat in verskeie Republikeinse deelstate aan die kieserswet gemaak word. Kenners meen dit beperk stemreg.
SA se trauma moet aangespreek word
Die buurland se openbare belange-organisasie Section 27 sê hy is diep bedroef oor die wydverspreide en groeiende burgerlike onrus, plundering en geweldpleging oral in Suid-Afrika. Dit word veral gevoel deur inwoners van KwaZulu-Natal en Gauteng, wat in vrees leef. Woordvoerder Nontsikelelo Mpulo sê die maatreëls wat president Cyril Ramaphosa Maandag aangekondig het, kan in die […]
Prys van sonneblom-olie lê by produsent se keuse
Die prys van sonneblom-olie het aansienlik gestyg in die afgelope jaar. Landbou-ekonome in Suid-Afrika sê die verhoging in verbruikerspryse is as gevolg van ‘n afname in sonneblomproduksie. Verbruikers betaal 30 persent meer vir sonneblom-olie as verlede jaar hierdie tyd. Gilbert Mulonda, hoofbestuurder vir akkerbou en tuinbou by die Namibiese Akkerbouraad het met Kosmos 94.1 Nuus […]
Covid-hospitaliserings… dis wat dit kos
Plaaslike media berig dat die hospitalisering van Covid-pasiënte tydens die tweede en derde vlaag van infeksies tot dusver meer as 500 miljoen Namibiese dollar gekos het. Die Namibiese gesondheidsministerie het volgens berigte bereken dat 47 481 dae in hospitale deurgebring is tussen 16 Desember verlede jaar tot 10 Julie vanjaar. Dae in hoësorg is op […]
Opul+ moet produksie verhoog
Internasionale nuusagentskappe berig dat die prys van Brent ru-olie vanaf 76 Amerikaanse dollar en 50 sent vandag begin daal het en verhandel het rondom net bo 76 dollar. Daar is vrese dat die vraag na olie sal daal nadat data getoon het China se invoere in die eerste ses maande van die jaar gekrimp het. […]
Ernstige tekorte aan bloedvoorraad
Die Namibiese gesondheidsministerie het ‘n dringende versoek aan die publiek gerig om bloed te skenk. Weens Covid-maatreëls en die sluiting van skole en universiteite, was die Bloedoortappingsdiens van Namibië genoodsaak om gereeld skenkingsveldtogte te staak. Dit het gelei tot 50% minder bloedskenkings. Die ministerie het bevestig dit is veilig om bloed te skenk en alle […]
Sien? Oefening kan jou lewe red!
Danksy ‘n aanlyn-fiksheidsessie op Zoom is drie verdagtes op kamera vasgevang en op Swakopmund in hegtenis geneem. Gisteroggend omstreeks agt-uur het mans ‘n huis in Agapanthusstraat in die Ocean View-woonbuurt op Swakopmund ingegaan om glo te steel. Na bewering het die verdagtes die bejaarde inwoners van die huis, Riaan Booysen en Elizabeth Rossouw, met ‘n […]