Noa, Van der Merwe bly eers aan

Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie Paulus Noa se kontrak is met ‘n maand verleng. Sy adjunk Erna van der Merwe sal ook aanbly. Luidens berigte het altwee se kontrakte einde verlede jaar ten einde geloop maar, geen plaasvervanger is tot dusver gevind nie. Die sluiting van die Nasionale Vergadering het ook die proses vertraag en […]

Read More

Prof. Aldo bring hulde aan Ndjavera

Hulde word gebring aan David Ndjavera, die veteraan Namibiese akteur en dramaturg wat vanoggend op die ouderdom van 51 oorlede is. Professor Aldo Behrens het jare saam met Ndajvera gewerk en opgetree, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Verwagtinge oor maatreëls wat môre aangekondig word

Daar word verwag dat President Hage Geingob môre om 11-uur die land sal toespreek oor die jongste maatreëls in verband met die pandemie. Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het bevestig dat die piek van die derde vlaag reeds bereik is maar, infrastruktuur en bronne is steeds onder druk. Kosmos 94.1 Nuus het met die […]

Read More

Klimaatsverandering gevaarliker as Covid

‘n Nuwe studie het bevind dat klimaatsverandering met dieselfde dringendheid as die Covid-19-pandemie hanteer moet word. Navorsers aan die Glasgow Caledoniese Universiteit het hul kommer uitgespreek dat hulpbronne wat vir reaksie op die pandemie aangewend word, dié beperk wat aan klimaatsake toegewys is. Dit sluit in die aanmelding van sterftes en skade as gevolg van […]

Read More

Franse maatreëls met apartheid vergelyk

‘n Franse lid van die Europese Groen Party het omstredenheid ontlok deur die land se voorstelle vir ‘n nuwe Covid-19-dokument met apartheid te vergelyk. President Emmanuel Macron het aangekondig Franse burgers sal die gesondheidsdokument nodig hê om plekke soos fliekteaters vanaf 21 Julie binne te gaan. Volgens Europese media is die besluit om plekke te […]

Read More

Meer as 1 200 in SA vas tydens onluste

Die getal verdagtes wat tydens die voortslepende plundertogte en geweld landwyd in hegtenis geneem is, het tot 1 234 gestyg. Die dodetal staan op minstens 72. Dit volg ná die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse leër vandeesweek in onlusgeteisterde gebiede, terwyl polisielede ook van hul verlof en rusdae teruggeroep is. In KwaZulu-Natal is 549 mense in […]

Read More

Veteraan-akteur Ndjavera sterf

Die bekende en deurwinterde Namibiese akteur en dramaturg David Ndjavera is vanoggend oorlede. Volgens berigte is hy op pad hospitaal toe oorlede. Dit is nie bekend of die oorsaak van sy dood Covid-19 is nie. Ndajvera se vrou is verlede week oorlede. Ndjavera sal onthou word vir die talle rolle in beide verhoogstukke en plaaslike […]

Read More

Steve ‘Biko’ Booys weer voor die hof

Die omstrede voormalige Okahandja Streeksraadslid Steve ‘Biko’ Booys, sal na verwagting weer vandag in die landdroshof in Okahandja verskyn op klagte van verkragting. Booys is in April borg geweier na hy ‘n formele aansoek gebring het en is sedert 2 Februarie in aanhouding na sy arrestasie op klagte van bloedskande en verkragting. Getuienis is reeds […]

Read More

Goodall onthou haar eerste ontmoeting op Wêreld Simpansee Dag

Dit is vandag Wêreld Sjimpansee Dag. Mense regoor die aarde word daarmee verenig in hul viering van die wonder en belangrikheid van sjimpansees. Dit herdenk ook Jane Goodall se aankoms as 26-jarige in 1960 by die Tanganyika-meer in Gombe, Tanzania om die diere te bestudeer. Goodall se insig oor sjimpansees se toegeneëntheid, hul dinamiese geaardhede […]

Read More

Senior intelligensielede dalk deel van onluste

Die Staatsveiligheidsagentskap het bevestig hy ondersoek die moontlikheid dat intelligensie-amptenare wat bande het met oudpresident Jacob Zuma, agter die onluste is waarin dele van die land vasgevang is. Die vermoede bestaan dat gewese senior lede van die agentskap lojale intelligensienetwerke inspan om die onluste aan te blaas. Die minister van Staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, het die […]

Read More