Olympia-poskantoor skuif na Grove Mega Centre

NamPost het aangekondig dat sy poskantoor in Olympia in die hoofstad na die nuwe perseel van Grove Mega Centre in die Kleine Kuppe-woonbuurt op 2 Augustus gaan verskuif. Wilson Shikoto, die kommunikasiebestuurder van NamPost, sê die posbusse by Olympia bly daar en sal steeds vir kliënte beskikbaar wees.

Read More

Covid-gevalle neem af in Namibië

Die Namibiese gesondheidsministerie het 43 Covid-sterftes in 14 distrikte aangekondig, asook 326 nuwe gevalle uit 1 806 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 18 persent is. Daar is 29 leerders, drie onderwysers en 13 gesondheidswerkers in die groep. Daar is nou 20 503 aktiewe gevalle, waarvan 400 pasiënte gehospitaliseer is en 80 in intensiewesorgeenhede is. […]

Read More

Beperkte Covid-entstowwe in Wes-kaap

Daar is tans ‘n beperking met die voorsiening van entstowwe in die Wes-Kaap, wat toegeskryf kan word aan meer beskikbare persele. Die hoof van die provinsiale departement van gesondheid, Keith Cloete, het tydens ‘n nuuskonferensie gesê nog entstof is op pad en inwoners moet geduldig wees indien daar ‘n tekort is by sekere persele. Hy […]

Read More

Ramaphosa sê SA het geen tekort aan Covid-entstowwe

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê daar is nie meer ‘n tekort aan Covid-entstowwe in Suid-Afrika nie. Hy het gepraat in Tembisa, Gauteng, tydens ‘n toesigbesoek om die land se vordering ten opsigte van die inentingsprogram te evalueer. Die aantal mense wat reeds ingeënt is, staan tans op meer as sewe miljoen, en elke week word […]

Read More

Vyf lande sal oorleef as wêreld ineenstort

Navorsers van die Globale Volhoubaarheidsinstituut by die Anglia Ruskin Universiteit in Engeland sê vyf lande in die wêreld sal waarskynlik binne hulle grense oorleef indien die wêreldbeskawing ineenstort. Nieu-Seeland is bo-aan die lys, gevolg deur Ysland, die Verenigde Koninkryk, Ierland en Australië. Volgens die studie kan so ‘n wêreldwye ineenstorting binne dekades plaasvind weens ‘n […]

Read More

Nampol trek 207 vermeende veediewe in Hardap-streek vas

Die Namibiese polisie in die Hardap-streek het 207 verdagtes in verband met veediefstal tydens die 2020-2021 finansiële jaar in hegtenis geneem. Tydens die tweede streeksrede van die goewerneur Salomon April het hy gesê 229 veediefstalsake behels 1 973 gesteelde vee ter waarde van vyf miljoen Namibiese dollar. Die polisie kon vee ter waarde van 970 […]

Read More

UNESCO: 33 nuwe Wêrelderfenisterreine

Daar is 33 nuwe plekke op UNESCO se lys van Wêrelderfeni-terreine in die wêreld. Dit sluit in die Kaeng Krachan-woud in Thailand, die geskiedkundige kalksteenstad As-Salt in Jordanië, die argeo-sterrekundige Chankillo-kompleks in Peru en die Trans-Iran-spoorweg. Die spa-dorpe Bath in Engeland en Františkovy Lázně in die Tsjeggiese Republiek is as gesamentlike groep bevestig. Die Yellowstone […]

Read More

Slegs 13% van Hardap-streek se inwoners ingeënt

Die Hardap-streek se goewerneur, pastoor Salomon April, het gesê sy streek het tot dusver 13 persent inwoners teen Covid-19 ingeënt. Hy het tydens sy tweede streeksrede gesê 9 531 inwoners het hul eerste dosis van AstraZeneca en Sinopharm entstowwe ontvang, terwyl 286 mense ten volle ingeënt is. April sê 7 608 mense het positief vir […]

Read More

Plaaswerkers en inenting in Namibië

Daar is verskeie inentingsveldtogte in Suid-Afrika om plaaswerkers in te ent teen Covid-19. Vandag is daar in die Noord-Kaap geleentheid vir plaaswerkers rondom Kanoneiland om die inenting te ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met Danie van Vuuren van die Landbou Werkgewersvereniging in Namibië gesels oor plaaslike pogings om plaaswerkers te bereik.

Read More

Meer as sterftes en inentings wat kapasiteit toon sê kenner

Reaksie word ontvang op die standpunt van die internasionale Global Finance Magazine wat meen dat ‘n land se inentingsyfer gekoppel is aan die regering se finansiële stand en dat sterftesyfers gekoppel is van die regering se vermoë om die verspreiding van Covid-19 te bekamp. Dr. Omu Kakujaha-Matundu, Unam se bekende ekonoom sê daar is ander […]

Read More