Stad Kaapstad se openbare vervoerplan beloop R10 miljard
Die Stad Kaapstad het fase 2A van die geïntegreerde openbare-vervoerplan aangekondig, met ‘n geraamde algehele kapitaalbesteding van meer as 10 miljard rand. Meer as een miljard rand sal in die 2021-22-boekjaar bestee word. ‘n Woordvoerder, Greg Wagner, sê fondse sal aangewend word vir die verkryging van busse, die vervanging van alle fases van die MyCiTi-diens […]
SA produsentepryse styg met 7,7%
Suid-Afrikaanse produsentepryse by die fabriek se hek het tussen Junie verlede jaar en Junie vanjaar met 7,7 persent toegeneem. Statistieke Suid-Afrika sê dit is die grootste jaarlikse styging in produsenteprys-inflasie sedert Februarie 2016 toe die koers 8,1 persent was.
Geen borg vir plunderaar met luukse voertuig
‘n Man van KwaZulu-Natal wat beskuldig is dat hy geplunderde goedere in sy luukse voertuig gelaai het tydens die onlangse oproerigheid, bly agter tralies nadat hy borgtog geweier is in die landdroshof in Durban. Die 26-jarige Mbuso Moloi is in hegtenis geneem nadat ‘n video rondgestuur is waarin gesien kan word hoe hy handelsware vanaf […]
‘Veediefstal neem af in Namibië’
Die Namibiese polisie se adjunkhoof, generaal-majoor Joseph Shikongo, wil veediefstal in Namibië hokslaan en hy het verskeie vergaderings in dié verband in verskillende streke met belanghebbendes gehou. Hy sê hy is tot dusver gelukkig met wat bereik is en veediefstal het afgeneem. Maar Shikongo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die veediefstalkrisis is ver van […]
Namibiese vleisbedryf steeds in herstelfase
Die Vleisraad het sy midjaarsyfers bekendgestel wat aandui dat die vleisbedryf steeds in ‘n herstelfase is. ‘n Totaal van 94 868 beeste is tydens die eerste helfte van die jaar bemark, 25,15 persent minder as dieselfde tydperk verlede jaar en 53 persent laer as die vyf-jaar-gemiddeld. Die verskil in speenkalfpryse en ospryse, laer risiko, vinniger […]
Pulmonoloog beveel Covid-inenting aan
Namibië het tydens die derde vlaag van die Covid-pandemie talle lewens verloor. Op die oomblik dui statistieke aan dat gevalle besig is om af te neem. In ander lande kan mense weer in die publiek groot geleenthede bywoon en volgens berigte is dit weens kudde-immuniteit. Namibiese pulmonoloog, dr. Willie Bruwer sê die motivering vir Namibiërs […]
Kuberaanval op Transnet kan lei tot voedselkrisis
Die kuberaanval op Transnet word beskou as ‘n moontlike voedselkrisis. Dit is volgens die vereniging van vleisinvoerders en -uitvoerders wat eis dat die Suid-Afrikaanse departement van landbou dadelik ‘n aksieplan bekend stel. Die vereniging sê noudat die Durbanse hawe weer werksaamhede hervat het, is ‘n plan nodig om seker te maak houers met bederfbare voedsel […]
Veldhospitaal by Windhoek Sentrale Hospitaal geopen
Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het vandag ‘n Covid-veldhospitaal met 70 beddens by die Windhoek Sentrale Hospitaal amptelik geopen. Die veldhospitaal is ‘n inisiatief van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid saam met die private sektor. Kuugongelwa-Amadhila het gesê die regering is besig om isolasiegeriewe regoor die land op te rig wat tussen einde […]
Ramptoestand in KwaZulu-Natal verklaar
Die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, sê die provinsie het besluit om ‘n ramptoestand te verklaar. Dit volg kort na die onlangse oproerigheid en plundering wat skade van miljarde rande veroorsaak het aan ondernemings en winkelsentrums sowel as openbare infrastruktuur. Afgevaardigdes van die Verenigde Nasies het vandag met Zikalala vergader om die skade wat veroorsaak […]
Wes-Kaap: Wetstoepassers gaan die naweek waaksaam wees
Wetstoepassingsagentskappe in die Wes-Kaap sal die naweek ekstra waaksaam wees en seker maak hospitale word nie oorval met trauma-gevalle nie. Dit is volgens die provinsie se premier, Alan Winde, wat tydens ‘n nuuskonferensie die publiek gevra het om druk op die openbare gesondheidsdienste hanteerbaar te hou. Winde sê hy het met die LUR vir gemeenskapsveiligheid, […]