‘Sluiting van Aranos-abattoir was te wagte’
Die sluiting van die Aranos-abattoir, Namibia Natural Meat Producers, vroeër vandeesmaand as die laaste skaapuitvoer-abattoir wat nog sake gedoen het, was onafwendbaar, het rolspelers aan Namibiese landbou-media gesê. Volgens statistieke het dié abattoir feitlik geen deurset die afgelope agt maande gehad nie en Namibiese Vleisraad-personeel by dié abattoir is reeds afgelê. Volgens Jako van Wyk, […]
Beijing het eerste positiewe Covid-geval in ses maande
Die eerste geval van Covid-19 in ses maande is in die Chinese hoofstad Beijing aangeteken. Owerhede daar skarrel tans om te keer dat die hoogs aansteeklike Delta-variant verder versprei, berig internasionale media. Nóg gevalle is in die stad Nanjing aangeteken.
Wes-Kaapse veldhospitaal bring hoop
Die Wes-Kaapse regering vier tans die eerste bestaansjaar van die Brackengate-hospitaal van Hoop. Die veldhospitaal het opdrag gekry om te verseker die gesondheidsorgstelsel kan reageer tydens hoogtepunte van Covid-besmettings. Dit is in Julie 2020 gestig en daar is 336 beddens. Die premier, Alan Winde, het ‘n beroep op die publiek gedoen om die pasiënte in […]
NAMCOR-vulstasies open op Khorixas, Ekuku
Die Nasionale Petrolumkorporasie van Namibië, oftewel NAMCOR, maak twee nuwe vulstasies op onderskeidelik Khorixas en Ekuku op Oshakati oop. Die vulstasies sal ook ‘n 24-uur winkel hê waar motoriste ‘n koppie koffie kan geniet terwyl hul voertuie gewas word. Die besturende direkteur van NAMCOR, Immanuel Mulunga, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die vulstasies sal […]
Kaapse leerlinglisensie-aansoeker kul
Die Stad Kaapstad sê daar is ‘n toename in aansoekers wat in die eksamen kul om hulle leerlinglisensies te kry. ‘n Woordvoerder, Maxine Bezuidenhout, sê indien ‘n persoon uitgevang word, kan dit tot ‘n strafregtelike skuldigbevinding lei wat beteken die persoon mag eers oor 12 maande weer aansoek doen. Sy verduidelik dat kul-bladsye dikwels gebruik […]
Stad Kaapstad se openbare vervoerplan beloop R10 miljard
Die Stad Kaapstad het fase 2A van die geïntegreerde openbare-vervoerplan aangekondig, met ‘n geraamde algehele kapitaalbesteding van meer as 10 miljard rand. Meer as een miljard rand sal in die 2021-22-boekjaar bestee word. ‘n Woordvoerder, Greg Wagner, sê fondse sal aangewend word vir die verkryging van busse, die vervanging van alle fases van die MyCiTi-diens […]
SA produsentepryse styg met 7,7%
Suid-Afrikaanse produsentepryse by die fabriek se hek het tussen Junie verlede jaar en Junie vanjaar met 7,7 persent toegeneem. Statistieke Suid-Afrika sê dit is die grootste jaarlikse styging in produsenteprys-inflasie sedert Februarie 2016 toe die koers 8,1 persent was.
Geen borg vir plunderaar met luukse voertuig
‘n Man van KwaZulu-Natal wat beskuldig is dat hy geplunderde goedere in sy luukse voertuig gelaai het tydens die onlangse oproerigheid, bly agter tralies nadat hy borgtog geweier is in die landdroshof in Durban. Die 26-jarige Mbuso Moloi is in hegtenis geneem nadat ‘n video rondgestuur is waarin gesien kan word hoe hy handelsware vanaf […]
‘Veediefstal neem af in Namibië’
Die Namibiese polisie se adjunkhoof, generaal-majoor Joseph Shikongo, wil veediefstal in Namibië hokslaan en hy het verskeie vergaderings in dié verband in verskillende streke met belanghebbendes gehou. Hy sê hy is tot dusver gelukkig met wat bereik is en veediefstal het afgeneem. Maar Shikongo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die veediefstalkrisis is ver van […]
Namibiese vleisbedryf steeds in herstelfase
Die Vleisraad het sy midjaarsyfers bekendgestel wat aandui dat die vleisbedryf steeds in ‘n herstelfase is. ‘n Totaal van 94 868 beeste is tydens die eerste helfte van die jaar bemark, 25,15 persent minder as dieselfde tydperk verlede jaar en 53 persent laer as die vyf-jaar-gemiddeld. Die verskil in speenkalfpryse en ospryse, laer risiko, vinniger […]