Covid 19: 29 sterfgevalle in agt distrikte

Die Namibiese gesondheidministerie het 29 Covid-sterfgevalle in agt distrikte aangekondig, asook 533 nuwe gevalle uit 2 093 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 26 persent is. In die groep is 47 leerders, 9 elk onderwysers en studente, asook 23 gesondheidswerkers. Daar is nou 20 863 aktiewe gevalle, waarvan 447 gehospitaliseer en 77 in intensiewesorgeenhede is.

Read More

Onderwysminister maan oor nakoming van Covid-maatreëks

Die Namibiese onderwysminister Anna Nghipondoka het gesê skole moet voorsorg tref om Covid-maatreëls na te kom, veral as daar baie leerders is en dalk verskillende sessies te hou. Sy sê skoolvoeding is belangrik. Nghipondoka het bygevoeg dat ondersteuning vir leerders, in die geval van sterftes, ook nodig is.

Read More

Geingob: Omaheke het hoogste Covid-sterftesyfer

Namibiese President Hage Geingob spreek tans die land toe oor die jongste Covid-19-maatreëls. Hy sê die Covid-sterftesyfer is tans op 2,5 persent en die herstelkoers is op 80 persent. Omaheke het die hoogste sterftesyfer, 6,5 persent, drie keer die nasionale syfer. Die President het gesê die toename in sterftes in die noorde van Namibië is […]

Read More

Gautengse premier sê 14 500 poste weens onluste geraak

Die premier van Gauteng, David Makhura, het bevestig dat 14 500 poste geraak is in die gewelddadige onluste en plundering in die provinsie. Hy sal maatreëls bekend maak om besighede en gemeenskappe te help wat as gevolg hiervan geraak is. Dertig winkelsentrums is in Ekurhuleni, Tshwane en Johannesburg se metro’s geplunder. Makhura sê klein ondernemings […]

Read More

Franse vrou steel N$85 miljoen se edelstene

‘n Sestigjarige Franse vrou is vyf en ‘n half-jaar tronk toe gestuur nadat sy skuldig bevind is aan sameswering om byna 85 miljoen Namibiese dollar se edelstene uit ‘n luukse juwelierswinkel in Londen te steel. Lulu Lakatos het haarself as ‘n edelsteen-kenner voorgedoen en sewe diamante in die Boodles-winkel inspekteer namens ‘n Russiese belegger. Sy […]

Read More

Amerikaanse CDC waarsku teen Covid-19 Delta-variant

Die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming het die Covid-19 Delta-variant as uiters ernstig bestempel met die vermoë om makliker as waterpokkies te versprei. ‘n Dokument in The Washington Post toon dat mense wat volledig ingeënt is, die variant kan versprei teen dieselfde tempo as mense wat nie ingeënt is nie. Die sentrum se direkteur, […]

Read More

Voertuigskenker help boere in KwaZulu-Natal

‘n Voertuigvervaardiger en motorhandelaar het vir die volgende ses maande ‘n nuwe Navara-bakkie aan die KwaZulu-Natalse Landbou-unie beskikbaar gestel. Dit is in samewerking met die Agri Securitas Trustfonds gedoen. Die vennootskap tussen Nissan SA en die fonds is vanjaar 21 jaar oud. Nissan SA het in hierdie tydperk aansienlike bydraes tot die fonds gelewer om […]

Read More

Agterstand by Kaapse hawe moet spoedig ingehaal word

Die Wes-Kaapse regering verwelkom die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, se aankondiging oor die deurbraak in die veiligheidsbreuk by Transnet se inligtingstegnologie. Bedrywighede by hawens in Suid-Afrika word ten volle herstel. Die LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, David Maynier, sê hulle sal die vordering ten opsigte van die agterstand dophou.

Read More

Pres. Geingob lig inperkings op streke

Namibiese President Hage Geingob is tans besig met die aankondiging van die jongste Covid-regulasies. Hy het inperkings op streke gelig en 50 persone word by openbare byeenkomste toegelaat. Die aandklokreël is nou vanaf tien-uur saans tot vier-uur soggens. Skole heropen op Woensdag 4 Augustus. Drrankverkope is steeds beperk tussen nege-uur soggens en ses-uur saans Maandag […]

Read More

Kaapstad wil van Britse rooi lys verwyder word

Die Stad Kaapstad sê hy ondersteun oproepe deur die toerismebedryf, onder andere Kaapstad Toerisme, dat Suid-Afrika van die Verenigde Koninkryk se sogenaamde rooi lys verwyder word. ‘n Woordvoerder sê dié land is die stad se grootste toeriste-mark en die besluit om Suid-Afrika op die rooi lys te plaas, ontneem Kaapstad van ‘n groot aantal Britse […]

Read More