Drankbedryf verheug oor verslapte maatreëls
Namibiese President Hage Geingob het vandag sommige Covid-maatreëls verslap. Die nuwe regulasies tree op Sondag 1 Augustus in werking. Hy het reisinperkings tussen streke gelig en 50 persone word by openbare byeenkomste toegelaat. Die aandklokreël is nou vanaf tien-uur saans tot vier-uur soggens. Drankverkope is steeds beperk tussen nege-uur soggens en ses-uur saans Maandag tot […]
Superintendent van Rundu-hospitaal bedank
Die mediese superintendent van die Rundu-staatshospitaal, dr. Joseph Mukerenge, het bedank. Kavango-Oos se gesondheidsdirekteur,T imea Ngwira, het volgens plaaslike media Mukerenge se bedanking Woensdag ontvang. Sy het gesê sy het hom probeer oortuig om te bly, want dit is ‘n slegte tyd vir die hospitaal tydens die Covid-pandemie. Ngwira sê dit sal moeilik vir die […]
Britse stapper se liggaam in Pirenese berge gevind
Die maande lange soektog na ‘n Britse stapper het hartseer geëindig toe oorskot wat in die Pirenese berge gevind is, as hare uitgeken is. Die 37-jarige Esther Dingley het in November verdwyn toe sy op die grens tussen Spanje en Frankryk gestap het. Sy en haar lewensmaat het die afgelope sewe jaar met ‘n kampeerwa […]
Weer hoop vir Namibiese toerismesektor
Die Namibiese toerisme- en gasvryheidsbedryf het vandag goeie nuus gekry. Duitsland het aangekondig dat Namibië nie meer ‘n hoërisikoland is nie, reisinperkings tussen streke is gelig en gaste kan weer by restaurante kuier. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die einde van Julie het goed […]
Verbruikersinsig-opname: SA middelklas is veerkragtig
Die bekendstelling van BrandMapp se jongste verbruikersinsig-opname gee ‘n blik op middel- en hoëinkomste-groepe in Suid-Afrika se hantering van die Covid-beperkings op hulle inkomste. Die maatskappy het 30 000 Suid-Afrikaners in huishoudings met ‘n maandelikse inkomste van minstens 10 000 rand betrek. Brandmapp se direkteur van storievertelling, Brandon de Kock, sê alles is nie negatief […]
SA parlementskomitee ondersoek onluste
Die Suid-Afrikaanse parlement het ‘n gesamentlike ad-hoc-komitee bekend gestel om die onlangse onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng te ondersoek. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Amos Masondo, is gevra om die komitee saam te stel na beraadslaging met politieke partye se hoofswepe. Die besluit […]
AA voorspel SA brandstofpryse gaan skerp styg
Die AA in Suid-Afrika voorspel dat brandstofpryse volgende week skerp gaan styg. Die vereniging verwag dat petrol 83-sent per liter duurder gaan wees, en diesel en paraffien 48 sent duurder. Die beramings is gemaak volgens die jongste ongeouditeerde syfers van die Sentrale Energiefonds. Die AA skryf die reuse-stygings toe aan die afgelope maand se rand/dollar-wisselkoers […]
Affirmative Repositioning Movement reageer op grondgryp
Die Affirmative Repositioning Movement-beweging het gereageer op berigte dat wat 200 inwoners van die hoofstad toegesak het op die gebied naby Kilimanjaro en Okahandjapark, net noordoos van Windhoek, en grond vir hulself uitgesit. Lede van die gemeenskap het aan plaaslike media gesê hulle sal aanhou om erwe vir hulself uit te sit tot 6 Augustus. […]
Geingob sê Namibiërs mag protesteer teen Noa se heraanstelling
Die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië se direkteur-genraal, Paulus Noa, het glo gepleit om weer vir vyf jaar heraangestel te word, anders sou hoë profiel korrupsiesake geraak word. Kundiges en politici het egter gesê dit is nonsens. Volgens plaaslike mediaberigte word dit beweer dat Noa sy pleidooi in ‘n brief aan President Hage Geingob en die Nasionale […]
Soldate in Sydney onplooi
Soldate is in die Australiese stad Sydney ontplooi om streng nuwe inperkingsmaatreëls, wat hierdie week aangekondig is, af te dwing. Dit is ondanks die feit dat die stad minder Covid-19-gevalle as ander stede in die land aangeteken het. Honderde lede van die weermag moet die maatreëls, wat as drakonies beskryf word, afdwing. Honderde-duisende mense het […]