Suid-Afrika se goue-meisie bly in die nuus
Olimpiese Spele: Gelukwense en lof stroom steeds in vir die nuwe goue-meisie van swem in Suid-Afrika, Tatjana Schoenmaker, nadat sy gister goud in die 200-meter borsslag verower het, en dit nogal in ‘n nuwe wêreldrekordtyd. Die voorsitter van die buurland se Parlement se portefeuljekomitee vir Sport, Kuns en Kultuur, Beauty Dlulane, sê hulle is opgewonde […]
Die Suid-Afrika A-span stel besoek aan Georgië af
Die Suid-Afrika A-Span se beplande toer na Georgië is afgestel weens die aantal Covid-19-gevalle in beide lande. Die Suid-Afrikaners sou vandag na Europa vertrek vir hul vier-wedstyd toer, maar nadat bestuur dit bespreek het, is daar besluit dit is nie moontlik nie. Die uitvoerende hoof van S A Rugby, Jurie Roux, sê dit is nooit […]
Kan die Springbokke dit vandag doen? …kyk vanaand sesuur
Die besoekende Britse en Ierse Leeus verwag ‘n hewige stryd teen die wêreldkampioen wanneer die tweede toets teen die Springbokke vanaand sesuur in Kaapstad afskop. Die Leeus se kaptein, Alun Wyn Jones, sê die Bokke voel steeds afgehaal ná hulle 17-22-nederlaag in die eerste toets nadat hulle teen rustyd met nege punte voorgeloop het. Hy […]
Transnet hervat sy werksaaamhede na kuberaanval
Die Instituut van Sekerheidstudies in Suid-Afrika sê die kumulatiewe uitwerking van die kuberaanval op Transnet sal langdurige skade veroorsaak en Suid-Afrika se ekonomiese herstel van Covid-19 en die onluste en geweld die afgelope tyd verder ondermyn. ‘n Week gelede het ‘n IT-aanval die buurland se staatsondersteunde hawe- en logistieke reus gedwing om die hele organisasie […]
Meer oor Girl Up
Girl Up, die Verenigde Nasies se stigting vir ‘n veldtog oor meisies, moedig meisies aan om vir meisies op te staan. Hulle moet mekaar bemagtig en die wêreld verbeter. Die stigting het ten doel om meisies in plekke te bereik waar dit die moeilikste is om ‘n meisie te wees. Die stigting in Namibië is […]
President Geingob bedank die publiek vir hulle Covid-19 insette
President Hage Geingob sê hy is dankbaar oor die insette wat die publiek op sosiale media aan hom lewer rakende maniere hoe om die Covid-pandemie te hanteer. Hy het Namibiërs daaraan herinner om die Covid-regulasies te gehoorsaam en ingeënt te word om die teiken teen 2022 te bereik.
Latina Dating and Marriage
Dominican dating is becoming a popular of many singles who want to widen their rayon. There is no doubt that Latina America has become the most popular decision for men and women looking to expand their particular family tree. There are so many options available with this part of the universe and with the by […]
Boere bekommerd oor mynbou-aktiwiteite
Die Namibiese Landbou Unie is die afgelope paar weke deur verskillende lede gekontak om hul kommer oor prospekteer- en mynbou-aktiwiteite, wat blykbaar aan die toeneem is, te verwoord. Die unie ondersteun mynbou en ontwikkeling wat op ’n ordelike manier plaasvind en wat die regte van grondeienaars erken om hul aktiwiteite te kan bedryf sonder onredelike […]
Avokado-produksie styg erg
Volgens die jongste wêreldwye landbou-vooruitsigte gaan avokado-produksie teen 2030 12 miljoen ton beloop. Dit is byna drie keer soveel as in 2010. Die redakteur van Farmer’s Weekly, Denene Erasmus, sê avokado-produksie het oor jare eksponensieel gegroei.
Meer skoon oudits vir Wes-Kaapse munisipaliteite
Wes-Kaapse munisipaliteite met skoon oudits het tot 16 gestyg wat beteken 90 persent kry nou skoon of ongekwalifiseerde oudit-bevindings. Hierdie munisipaliteite sluit Stellenbosch, Weskus-distrik, Mosselbaai, Kaap Agulhas, Overstrand, Swellendam en Theewaterskloof in. ‘n Woordvoerder van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, James-Brent Styan, sê Beaufort-Wes is die enigste munisipaliteit in die provinsie wat ‘n negatiewe oudit-bevinding […]