Covid-19 gevalle in Japan neem drasties toe
Olimpiese Spele. Die Japanse premier Yoshihide Suga het sy kommer uitgespreek oor die drastiese tempo waarteen Covid-19 in die land versprei. Nuwe daaglikse infeksies het die 1 ste keer die 10 000-merk verbygesteek, waarvan meer as ‘n derde in Tokio aangemeld is. Suga het sy landgenote weer gevra om Covid-regulasies te eerbiedig en nie te […]
DA vra Ramaphosa om minister Mkize te ontslaan
Die DA wil hê president Cyril Ramaphosa moet die minister van Gesondheid, Zweil Mkize, onmiddellik afdank. Die party sê daar is genoeg bewyse wat hom by korrupsie betrek in ‘n beëdige verklaring wat die Spesiale Ondersoekeenheid by die Spesiale Tribunaal ingedien het. Die verslag het bevind Mkhize het by herhaling druk op die direkteur-generaal van […]
Die Proteas gaan September ‘n toer na Sri Lanka onderneem
Krieket: Die Proteas gaan van 2 tot 14 September ‘n toer na Sri Lanka onderneem. Krieket SA het bevestig die toer bestaan uit drie een-dag-internasionale wedstryde en drie Twintig20-kragmetings, wat almal in Colombo gespeel word. Die waarnemende uitvoerende hoof van KSA, Pholetsie Moseki, sê wedstryde teen spanne van gehalte op die sub-kontinent is die beste […]
Trump se belastingopgawes weer in die nuus
Die Amerikaanse departement van Justisie het beveel dat die land se Inkomstediens die voormalige president Donald Trump se inkomstebelastingopgawes aan die Kongres moet verstrek. Die Inkomstediens het voorheen beslis die finansies-komitee van die Huis van Verteenwoordigers waar die Demokrate ‘n meerderheid het, het ‘n wettige versoek ingedien om toegang tot Trump se belastingopgawes te kry. […]
Oosweer aan die kus die naweek
Oosweer word volgens die Namibiese weerdiens vir die naweek aan die kus voorspel. Motoriste word gemaan om uiters versigtig te bestuur. Aubrey Oosthuizen van die Weskus Veiligheidsinisiatief het meer besonderhede.
Eienaars van troeteldiere versoek om hulle diere teen hondsdolheid in te ent
Die Suid-Afrikaanse veeartsdienste, Afrivat, het eienaars van troeteldiere versoek om hul diere teen hondsdolheid in te ent nadat die siekte aan die Wes-Rand uitgebreek het. Die organisasie sê ‘n ratel wat onlangs drie vroue in die Kromdraai-omgewing aangeval het, is van kant gemaak en het positief getoets. Die vroue ontvang tans mediese hulp. Afrivat sê […]
Naskokke na skudding in Gauteng verwag
Die Raad vir Geo-wetenskappe in Suid-Afrika waarsku oor moontlike naskokke ná ‘n trilling gister in verskeie dele van Gauteng gevoel is. Die aardbewing van 4,2 is tot by Alberton in Ekurhuleni nagespoor waar die middelpunt tien-kilometer ondergronds was. Dele van Northcliff, Glenvista, Kensington, Germiston, Boksburg en selfs die noorde van Pretoria is geraak. ‘n Woordvoerder […]
Minister gee nuwe identiteitsdokumente en geboortesertifikate aan slagoffers van brand op Swakopmund
Die Namibiese minister van binnelandse sake, Albert Kawana, het 33 identiteitsdokumente en geboortesertifikate aan slagoffers van die brand by die DRC informele nedersetting op Swakopmund oorhandig. ‘n Brand het hulle huise onlangs vernietig en hulle word tydelik by die Mondesa-sokkerstadion op Swakopmund gehuisves.
Swapo reageer op grondgryp in die hoofstad
Swapo se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa, het gereageer op die grondgryp gister in die hoofstad. Sowat 200 inwoners het toegesak op die gebied naby Kilimanjaro en Okahandjapark, net noordoos van Windhoek, en grond vir hulself uitgesit. Kosmos 94.1 Nuus het aan Shaningwa gevra wat Swapo se mening oor die grondgrypsituasie is. Shangingwa het ook gereageer op […]
Die nuwe Covid-19 regulasies tree net na middernag môre-oggend in werking en duur tot 14 Augustus
Die nuwe Covid-19 regulasies tree net na middernag môre-oggend in werking en duur tot 14 Augustus Die inperkings op streke word dan gelig en 50 persone word by openbare byeenkomste toegelaat. Die aandklokreël is dan vanaf tien-uur saans tot vier-uur soggens van krag. Skole heropen op Woensdag 4 Augustus. Drankverkope is steeds beperk tussen nege-uur […]