Suid-Afrikaanse gesondheidskenner bekommerd oor Covid-19 in Augustus

‘n Suid-Afrikaanse Gesondheidskenner sê Covid-19 kan die buurland aanstaande maand swaar tref. Hoewel sommige kenners meen die derde vlaag van besmettings het sy piek bereik, voorspel Francois Venter, die direkteur van die Wits-gesondheidsgroep, Ezintsha, meer gevalle, hospitaal-toelatings en sterftes in die komende weke. Volgens Venter moet die Wes-Kaap nog sy piek bereik. Hy voeg by […]

Read More

Die buurland se middelklas is verbasend veerkragtig

Die bekendstelling van BrandMapp se jongste verbruikers-insig-opname gee ‘n blik op middel- en hoëinkomste-groepe in Suid-Afrika se hantering van die Covid-19-beperkings op hulle inkomste. Die maatskappy het 30-duisend Suid-Afrikaners in huishoudings met ‘n maandelikse inkomste van minstens 10-duisend-rand betrek. Brandmapp se direkteur van storievertelling, Brandon de Kock, sê alles is nie negatief nie. Die buurland […]

Read More

Covid-19 gevalle in Japan neem drasties toe

Olimpiese Spele. Die Japanse premier Yoshihide Suga het sy kommer uitgespreek oor die drastiese tempo waarteen Covid-19 in die land versprei. Nuwe daaglikse infeksies het die 1 ste keer die 10 000-merk verbygesteek, waarvan meer as ‘n derde in Tokio aangemeld is. Suga het sy landgenote weer gevra om Covid-regulasies te eerbiedig en nie te […]

Read More

DA vra Ramaphosa om minister Mkize te ontslaan

Die DA wil hê president Cyril Ramaphosa moet die minister van Gesondheid, Zweil Mkize, onmiddellik afdank. Die party sê daar is genoeg bewyse wat hom by korrupsie betrek in ‘n beëdige verklaring wat die Spesiale Ondersoekeenheid by die Spesiale Tribunaal ingedien het. Die verslag het bevind Mkhize het by herhaling druk op die direkteur-generaal van […]

Read More

Die Proteas gaan September ‘n toer na Sri Lanka onderneem

Krieket: Die Proteas gaan van 2 tot 14 September ‘n toer na Sri Lanka onderneem. Krieket SA het bevestig die toer bestaan uit drie een-dag-internasionale wedstryde en drie Twintig20-kragmetings, wat almal in Colombo gespeel word. Die waarnemende uitvoerende hoof van KSA, Pholetsie Moseki, sê wedstryde teen spanne van gehalte op die sub-kontinent is die beste […]

Read More

Trump se belastingopgawes weer in die nuus

Die Amerikaanse departement van Justisie het beveel dat die land se Inkomstediens die voormalige president Donald Trump se inkomstebelastingopgawes aan die Kongres moet verstrek. Die Inkomstediens het voorheen beslis die finansies-komitee van die Huis van Verteenwoordigers waar die Demokrate ‘n meerderheid het, het ‘n wettige versoek ingedien om toegang tot Trump se belastingopgawes te kry. […]

Read More

Oosweer aan die kus die naweek

Oosweer word volgens die Namibiese weerdiens vir die naweek aan die kus voorspel. Motoriste word gemaan om uiters versigtig te bestuur. Aubrey Oosthuizen van die Weskus Veiligheidsinisiatief het meer besonderhede.

Read More

Eienaars van troeteldiere versoek om hulle diere teen hondsdolheid in te ent

Die Suid-Afrikaanse veeartsdienste, Afrivat, het eienaars van troeteldiere versoek om hul diere teen hondsdolheid in te ent nadat die siekte aan die Wes-Rand uitgebreek het. Die organisasie sê ‘n ratel wat onlangs drie vroue in die Kromdraai-omgewing aangeval het, is van kant gemaak en het positief getoets. Die vroue ontvang tans mediese hulp. Afrivat sê […]

Read More

Naskokke na skudding in Gauteng verwag

Die Raad vir Geo-wetenskappe in Suid-Afrika waarsku oor moontlike naskokke ná ‘n trilling gister in verskeie dele van Gauteng gevoel is. Die aardbewing van 4,2 is tot by Alberton in Ekurhuleni nagespoor waar die middelpunt tien-kilometer ondergronds was. Dele van Northcliff, Glenvista, Kensington, Germiston, Boksburg en selfs die noorde van Pretoria is geraak. ‘n Woordvoerder […]

Read More

Minister gee nuwe identiteitsdokumente en geboortesertifikate aan slagoffers van brand op Swakopmund

Die Namibiese minister van binnelandse sake, Albert Kawana, het 33 identiteitsdokumente en geboortesertifikate aan slagoffers van die brand by die DRC informele nedersetting op Swakopmund oorhandig. ‘n Brand het hulle huise onlangs vernietig en hulle word tydelik by die Mondesa-sokkerstadion op Swakopmund gehuisves.

Read More